
Hierdie foto wys vandag op my Facebook. Dit is geplaas deur Ecological Consciousness. Op my Banting Facebookblad verskyn allerhande dinge wat ek nie noodwendig volg nie. Volgens die byskrif het David Latimer die plantjies in 1960 in die bottel gegooi. Hy het dit slegs een keer oopgemaak in 1972 om ‘n bietjie water in te gooi en sedertdien nooit weer nie. Die plantjies is gesond en groei steeds.
Wat ‘n wonderlike eksperiment en dit lyk pragtig. Die tuin in die bottel is in perfekte balans en alles gebeur perfek daarin. Ek het nie ‘n probleem met so iets nie. Om die waarheid te sê het ek nou die dag ‘n vetplantjie so in ‘n glaspotjie gesit sommer vir die mooi. Die gedagte wat egter toe al in my kop opgekom het, was, hoekom? Hoekom sal ek dit doen? Watter voordeel het daardie plantjie nou vir die atmosfeer?
Want ja, die plantjie sal seker bly voortbestaan as ek of iemand anders nie die potjie se deksel oplig nie. Maar hy kan nie vermeerder nie. En hy kan sy hoofdoel om plant te wees en die lug te suiwer en tot voordeel van ons ekologie te wees, nie nakom nie.
Dit laat my dink aan die mens in isolasie. Ek glo met my hele hart dat die mens nie bedoel was om in totale isolasie te leef nie. Ons kan hier op ons erf heeltemal onafhanklik raak. Ons kan ons totaal afsluit. Ons kan genoeg tenke onder die huis opsit en genoeg sonpanele en groot genoeg batterye en wat nog alles om totaal onafhanklik van die munisipaliteit te raak. Ons kan ons groentetuin so ontwikkel dat ons nie nodig het om die winkels te besoek nie en as ons nog ‘n paar hoenders hier aanhou, vleis ook hê. Ons kan ons heining hoog genoeg maak sodat niemand hier kan inkom nie en ons kan hier ‘n totaal geslote lewe lei. Totale kluisenaars word. Nooit met enige iemand anders in aanraking kom nie.
Maar is dit wat God van ons verwag? Is dit wat ons lewensdoel is? Om in ‘n perfekte wêreldjie van jou eie te leef, jy en jy alleen? Want dan dra jy nie by tot die mensdoem nie. Jy dra nie by tot die samelewing nie. Jy is eintlik net selfsugtig besig met jou eie lewetjie.
Nou ja, ek is seker ‘n ekstrovert, daarom maak dit nie vir my sin dat ‘n mens jouself so kan afsluit nie. Maar selfs die introverte wat ek ken het soms kontak met ander mense nodig. Hulle dra by tot die gemeenskap. Hulle gee liefde vir ander. Hulle deel hulle gawes met ander.
So, na ‘n lang relaas besef ek net, ons is nie eilandjies nie. Ons is hier geplaas tussen mense in ‘n gebroke wêreld waar dinge beslis nie reg loop nie. Maar ons het mekaar nodig. En soms moet ons uit ons glasbottel kom om ons suurstof, ons gawes wat God vir ons gegee het, tot voordeel van ander en tot voordeel van die hele wêreld te deel.
Toortsie
Daar het jy nou presies gesê soos dit nie kan voortbestaan nie. Ons het mekaar tog nodig. As jy nie uitreik nie kan daar nie vooruitgang of liefde wees nie.
LikeLiked by 1 person
Absoluut. Wel, daardie plantjies het baie mooi vir mekaar gesorg daar in die bottel, maar dis nie normaal nie. Nee, ons het mekaar beslis nodig.
LikeLike
Netso, dis net onmoontlik om nie inkomende en uitgaande te hê nie
LikeLiked by 1 person
Ek stem 100 persent saam!
LikeLiked by 1 person
Goed gesê Toorts. En darie arme plantjies( en soms mense) ward mos gedwing om klein te bly- hulle kan nie uitspreu nue- mes bonsais ( ek het n groit pribleem mer bonsai boompies: dink julle nie dis wreed nie? En voëls met geknipte vlerke..
Dir alles pas by joy skrywe
.
LikeLiked by 1 person
Jip. Hulle vlerkies is geknip. Takkies ook. Worteltjies ook. Ek stem saam. Bonsai is nie eers mooi nie!
LikeLike
Dis baie waar Toortsie. Soms het ons stilte nodig en om net by onsself te wees, maar dis tog belangrik om in kontak te kom met ander mense (al praat ons nie, maar luister net). Vir my is dit maar altyd oor ‘n gesonde balans 🙂.
LikeLiked by 1 person
Absoluut. 😀
LikeLiked by 1 person
Goed gestel, ons kan nie so langs mekaar in bottels lewe nie.
LikeLiked by 1 person
Beslis nie elkeen in sy eie bottel nie. Ek sou mal word.
LikeLiked by 1 person
Ekke ook
LikeLike
“No man is an island, entire of itself; every man is a piece of the continent, a part of the main. If a clod be washed away by the sea, Europe is the less, as well as if a promontory were, as well as if a manor of thy friend’s or of thine own were: any man’s death diminishes me, because I am involved in mankind, and therefore never send to know for whom the bells tolls; it tolls for thee.”
― John Donne
LikeLiked by 1 person