Kyk, julle het darem sekerlik nie verwag dat alles by die konsert presies tussen die lyne sou wees nie. Nie as Toortsie dit reël en dit in Toortsie se huis is nie. Gelukkig ken baie van die gaste vir Toortsie goed en glo ek ook dat hulle gereed kan wees vir enige gebeurlikheid.
Genadiglik het Toortsie goeie helpers gehad. In die eerste plek, uitstekende musikante en hét sy op hulle gesteun om die kwaliteit van musiek hoog te hou. Want sy speel nie Rustle of Spring soos ‘n ligte lentebriesie nie. Nee! Sy speel die woeste, wilde Novemberwinde wat hierdie jaar net nie wil ophou waai sodat die Transvalers reën kan kry nie! Dan is daar altyd nog die kans dat sy iewers in ‘n muur kan vashardloop terwyl sy speel of vergeet waar sy is of wat nog als? Enige iets is moontlik!
Sy reël vooraf met almal. Verduidelik hoekom sy die hulp wil hê al word sy gerusgestel deur haar skoonseun dat alles sal uitwerk. Die ding is, in ‘n kwessie van minute sal hier omtrent 40 mense opdaag en nie weet hoe en waar nie. Die erf en parkering is mos nie regtig gebou vir so ‘n skielike toeloop van mense en karre nie.
Alles verloop mooi. Gesellig. Lekker warm. Glad nie ‘n formele saal effek nie. Ook nie plek vir neusoptrekkery nie, die vertrek is te vol.
Die oggendkonsert verloop uitstekend. Toe kom die aandkonsert en ons moes vinnig planne maak toe ons lieflike sopraan siek raak en onttrek.
Alles verloop uitstekend. Selfs die vullers in die oop gate op die program verloop heel goed. Ek en my dogter speel die duet wat ek en die sangeres sou speel. Dogter het letterlik 10 minute gehad om dit in te oefen. Dit gaan heel goed.
Die volgende oomblik bars ek en Meisiekind in ‘n totale giggelaanval uit. In die middel van die stuk, met geen rede nie! Ons speel soms duette en dis gewoonlik chaos, want ons bladlees en mors en lag dan verskriklik.
Ek dink terwyl ons speel, sjoe dis darem net verskriklik lekker so saam met my kind. Ek loer vir haar en sy vir my en die volgende oomblik breek ons ons en lag so dat ons eers moet stop en beheer terugkry voor ons verder kan speel. 😂
Die stuk se naam is Witches Flight. Orrelmeester wat vir ons blaai, staan verstom. Het die besems nou aan die brand geslaan?
By die terugspeel van die opname klink dit of die lag ingeskryf is in die stuk. Want die musiek wat daarop volg klink soos die kekkellag van wegvlieënde hekse.
Ag, dit was pret!
Toortsie
Jou woorde spreek van groot genot! Bly dit was vir julle twee veral, baie spesiaal
LikeLiked by 1 person
😝
LikeLike
Dit was pret om daana te luister!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ek het nounet na die musiek geluister en kan ‘hoor’ hoe die lag deel daarvan kan wees 🙂
LikeLiked by 1 person
Het jy dit gegoogle? 😁
LikeLike
Ja 🙂
LikeLiked by 1 person
Klink soos lag in die kerk, jy weet jy mag nie, maar jy kan net nie ophou nie. Dis waarvan stories gemaak word, perfek is boring!!
LikeLiked by 1 person
Netso! 🤭😉🙈😝😂😂😂
LikeLiked by 1 person