
Jare gelede het ek ‘n reeks boeke deur Tim LaHaye en Jerry B Jenkins gelees. Dit het gehandel oor die Wegraping. Alles wat in Openbaring gebeur is verwerk in ‘n fiktiewe storie. Dit was die eerste keer wat ek van die Wegraping gehoor het. Al die beelde wat in Openbaring gebruik is, het lewe gekry voor my oë. Alles is letterlik opgeneem en wat met die mense wat agter gebly het gebeur het, was angswekkend. Ons moet gereed wees. Ongeag of die Wegraping gaan gebeur en of Jesus net kom en of ons dalk gaan sterf voor dan, ons moet gereed wees.
Ek het die idee van die Wegraping glad nie verstaan nie. Jesus gaan mos een maal kom en klaar. En ons weet nie wanneer dit gaan gebeur nie. Hoe kom Hy en gee ons nog ‘n kans en oor 7 jaar kom Hy weer?

Maar nou het ‘n ander boek in my skoot beland: After the Rapture – An end times guide to survival deur David Jeremiah. En skielik maak dit vir my meer sin. Nee, Jesus kom nie en kom weer nie. Hy roep net Sy kinders wat in Hom glo voor die heel laaste tye aanbreek. Die boek is geskryf vir mense wat agterbly ná die Wegraping. En nee, die Wegraping het nog nie gebeur nie. En ek hoop van harte dat ek nie een sal wees wat agterbly wanneer dit gebeur nie. Jeremiah bekyk Openbaring vanuit ‘n ander perspektief.

Ek is baie lief vir Openbaring. Dit is vir my ‘n boek van hoop vir hulle wat in Jesus Christus glo. ‘n Boek wat Openbaring op ‘n baie duidelike manier verklaar, is Openbaring Ontsluit deur Riekert Botha.
Die merk van die dier. Jeremiah skryf aan hulle wat agterbly: MOENIE DIE MERK NEEM NIE. Wanneer die Antichris jou sal dwing om die 666 op jou liggaam te laat tattoëer of hoe dit ookal aangebring sal word, moenie dit neem nie. En ja, jy gaan verhoed word om te koop of te verkoop. Om kos te koop. Om dokter toe te gaan. As jy nie die merk gaan neem nie, gaan jou alledaagse lewe hel raak. Gaan vervolging van hulle wat in Jesus Christus glo, baie vererger.
Terwyl ek dit lees, kry ek so ‘n effense benoudheid oor my. Ek dink aan die druk wat daar was om die inenting teen Covid te kry. En nee, die inenting was NIE die merk van die dier nie. Ek het baie oor die inenting gelees, veral wat navorsers daaroor geskryf het. Nie sommer net ‘nonsens’ wat oral op Facebook en Twitter verskyn het nie. Ek het selfs ‘n kursus daaroor gedoen by Nutrition Network. Ek was nie teen die inenting nie. Ek het wel gevoel dat ek, omdat ek toe reeds Covid gehad het, selfs beter beskerm was as wat die inenting vir my sou beteken. Maar die druk was groot en hulle wat fanaties ‘vir’ die ent was, wou na geen rede luister nie. Groepsdruk het gemaak dat ek my daardie dag laat ent het, selfs al het my hele wese daarteen geskree. En noudat die bewyse steeds begin instroom, is die ontkenning steeds groot by soveel wat ‘vir’ die ent was.
Ek dink dat die druk om die 666 te neem, net soveel groter gaan wees as die ou bietjie druk vir die ent. Die probleem is dat, anders as die ent, die 666 ewigheidswaarde gaan hê. Dit gaan nie net ‘n liggaamlike ent wees nie, maar ‘n merk wat ‘n invloed op die res van tyd gaan hê.
Mag ons wat glo in Hom wat lewe, sterk staan teen die aanslae en veral die druk. Mag ons oë gevestig wees en bly op Jesus Christus en mag ons gereed wees wanneer Hy kom. Mag ons eerder die 777 kies.
Toortsie
Ek het al baie gewonder …. hoekom is daar vir soveel jare weggeskram om Openbaring in die kerke te lees? Is dit omdat dit ‘n “moeilike” bybelboek is om te verstaan of … ek weet nie regtig wat die rede is (was) nie. Maar deesdae hoor ek dit gereeld – dalk omdat die tekens van die tye nou soveel duideliker begin word en dit nie meer geignoreer kan word nie.
Ja Toortsie, ons moet eintlik opgewonde wees om in hierdie tyd te kan lewe – dankie vir die deel van die boeke.
LikeLiked by 1 person
Dalk maar die vreemdheid daarvan?
LikeLiked by 1 person
Ja, jy’s waarskynlik reg.
LikeLiked by 1 person
Ek het jare terug al met die wegraping en 666 druk te doen gekry. Maak mens net ryker om te weet daar gaan druk wees maak nie saak van watter kant nie. Jou geloof word getoets om elke hoek en draai. Bly maar menslik om te wil twyfel en om aan groepsdruk toe te gee.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
O ja, ek onthou die boeke so goed. Het hulle verslind. Uiteindelik is daar maar net een skeiding met die wegraping né, die wat Jesus as Verlosser aanvaar het en die wat nie wou nie. Ek hoop maar ek gaan dood voor die 666 storie dat ek in die hemel kan kom… want ek sal een van die wees wat gemartel moet word of swaar gaan kry omdat ek nie ge666 is nie. Eks baie kleinserig, en hou nie baie van swaarkry nie. 😃😏😫
LikeLiked by 3 people
Ja ek hoop ook om dit gespaar te bly.
LikeLiked by 2 people
Skaf vir jou die boek “Revealing revelation van Amir Tsarfati”. Die beste boek oor Openbaring. Gelukkig gaan ons nie meer hier wees wanneer die “Tribulation” kom nie, Jesus kom haal sy kinders voor dan.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die verwysing. Ek lees graag boeke oor Openbaring. Ja, gelukkig, né. 🎈
LikeLike