Die Goue Vroue is ‘n groepie verbeeldingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Hulle het al met ‘n vlieënde tent om die wereld getoer, met ‘n luukse strykyster plesierboot die oseane verken Jumanji in Afrika gespeel, deur die ruimte getoer, partytjie gehou saam met ABBA en nog baie ander avonture beleef. Hulle woon op hulle eie dorpie, Rebusfontein, waar dit altyd mooiweer is.
Nou gaan hulle partytjie hou op Rebus en wie weet wat gaan gebeur? Ons sal moet wag en sien!
Om nog te lees, klik gerus hier: https://fresh.inlinkz.com/party/5330572ab12247dfafd5de0b9c14dd82
Hier is nuwe Goues wat verwelkom moet word en in elk geval is die Goue Vroue ALTYD lus vir partytjie hou. Ek sit natuurlik met ‘n probleem. Ek het vir Scrapydo belowe dat, as sy terugkom Rebus toe, ek vir haar ‘n banting trifle sal reghou. Dit is natuurlik baie makliker gesê as gedaan …
Ek het gedink aan iets met meringue, maar meringue werk nie so lekker met xylitol nie en daar was nog nie tyd om dit weer uit te toets nie. Toe dink ek om maar net ‘n poeding te probeer. Hierdie ‘trifle’-resep het vir my bruikbaar gelyk en as Scrapy genoeg verbeelding gebruik mag sy haar dalk verbeel dat dit wel koekstruif se verlangse niggie is.
Vir koek het ek sommer die sjokolade koppiekoek wat ek in Toortsie 1 het, gebruik. Ag, en die Goue Vroue is mos lief vir Frangelico, waarmee ek die koek toe goed gedokter het. Daarna het ek ‘n stewige hand vol gebreekte pekanneute oor gegooi. Toe sommer ruim aarbeie. Bo-op die aarbeie was dit styfgeklopte room se beurt en amandelvlokkies bo-op dit.
Intussen het ons almal bymekaar gekom vir die partytjie. Daar is ‘n heerlike, gesellige atmosfeer. Elkeen bring te ete en te drinke volgens hulle eie smaak en persoonlikheid.
Una het prawns gebring wat sy op Mosambiekkole wou gaarmaak. Danie het sommer al by voorbaat met ‘n pruik op sy kop gekom. Kamtig om hom te kamoefleer, maar ek dink hy was ook sommer in ‘n lekker partytjiestemming.
Dis tóé wat die kolebesigheid ontplof. Ons skrik ons almal uit ons weste, maar dit lyk darem of niemand seergekry het nie. Asof ons ons nou aan ‘n ou ontploffinkie sal steur!
Almal kuier lekker gesellig voort toe ek weer ‘n vreemde trilling onder my voel. Het ek gesê trilling? Ek sit doodstil, sê nie ‘n woord nie. Pompeii is nog te vars in my gedagtes. Kyk net so saggies om my, maar alles lyk rustig en normaal. Maar, daar voel ek dit weer! Ek hoor ‘n vreemde klank. Iets is nie reg by daardie nuwe krater wat met die ontploffing gekom het nie. Ek wonder of ek en Positief nie moet gaan ondersoek instel nie? Sy is nie bang nie. Woordnoot ook, sy is ook nie bang nie.
Ek loer vir hulle en sien dat hulle ook iets gewaar het. Ek beduie met my oë en ons drie staan saggies op om te gaan ondersoek instel by die krater. “Ek kom ook saam”, sê Aalsie. Sy het dit ook gehoor.
Appeltjie sal verder vertel.
Toortsie
Ag toggle en ek het so gehoop vir ‘n gesellige partytjie met almal se gunstelling geregte en musiek.
LikeLiked by 2 people
Natuurlik is dit ‘n gesellige partytjie, is dit nie?
LikeLiked by 1 person
Nope… nie as die aarde weer inval of ons in die lug opstyg nie.
LikeLiked by 1 person
Hoekom mag ons nie onder die aarde of in die lykug partytjie hou nie?
LikeLike
Lug
LikeLike
Oh yes! Hier begin die sports!!!!💃💃💃💃Ek ook, ek wil ook saam gaan kyk. Dalk is daar geheime trappe ondertoe en dis baie beter as ekke wat alweer onder my bed boer!
LikeLiked by 2 people
Ek kon daai aas net nie uitlos nie en ja, jy moet saam gaan kyk. Jy sal weet wat om te doen.
LikeLiked by 1 person
Ek kom saam, wag Una ek is op jou hakke. Ek ruik ñ lekker avontuur
LikeLiked by 3 people
Avontuur so saam met die partytjie. Kom saam! Hoe meer, hoe beter.
LikeLiked by 1 person
Trommeltjie, het dit iets met ons ouderdom te doen dat ons so lus is vir verbeeldingstogte? 😉🤗
LikeLiked by 2 people
Want ons KAN! Daarom 😁❤️🎈
LikeLiked by 1 person
Rkvstem saam met jou Kamerel. Ek en jy sal die fort hierno hou en keer dat Rebus nie in die gat val nie. Soek solank vir ons n stukkie musiek, sodat ons nie die aardse trillings hoor nie.
LikeLiked by 2 people
Die partytjie ksn rustig voortgaan. Ons gaan net kyk wat aangaan.
LikeLiked by 1 person
Ek bly ook net hier naby jou stoep! Wil net eet en kuier…
LikeLiked by 3 people
Dis reg. Ons gaan net versigtig loer.
LikeLiked by 2 people
Jawel, maar ek ken julle lot…
LikeLiked by 1 person
Hoe bedoel mevrou dan nou?
LikeLiked by 1 person
😀😆🤣
LikeLiked by 1 person
Maar uitstekend Toorts! Kom vertel my en Kameel onder aangaan. Ons hou vireers die fort hierbo. Los net asb genoeg franjeliko en tiramuso hierbo asb en kombroep ons indien nodig.
LikeLike
Jong daardie trilling voel al te veel asof dit uitbundige gedierte trillings is. Issie aardbewing nie want ek ken van dit. Hierdie is of mens of dier gemaakte trillings. Ek bly ook liewers eers hier by die eetgoed en kyk eers die kat uit die boom voordat ons almal in die gat verdwyn.
LikeLiked by 1 person
Dis reg so. Iemand moet die fort hou daar by die partytjie ook, netnou eet Rebus se diere ons lekker kos op!
LikeLiked by 2 people
E is seker dis dalk net ‘n sterk wind wat buite Rebus waai, ek glo ons is veilig! maar ek sal gaan kyk. Saam met Positief, Una en Trommeltjies sien ek kans vir enige iets.
LikeLiked by 1 person
Dis reg so. Party gaan saam af sodat ons mekaar kan help, ander hou die fort by die partytjie.
LikeLiked by 1 person
Ons staan saam, ons val saam!!
LikeLiked by 2 people
Netso!
LikeLiked by 1 person
Ek bly by Seegogga, Kameel en Frannie. Los daai krater, laat wat daar uitklim maar net weer terug klim. Kom, die kos raak koud ( bid saggies dat hulle nie gaan lol nie…🙏)
LikeLiked by 2 people
Ons gaan net kyyyyykkkkk. Ontspannnn, ontspannnnn. Ons gaan nie die bobbejaan agter die bult haaaaalll nie, ons wil net seker maak of hy daar is. Hou tog vir ons ook so ‘n ietsie 😉
LikeLike
🤭. Ons hou ietsie reg…
LikeLiked by 1 person
Ons sal nie lank weg wees nie …
LikeLike
😃😃😃
LikeLiked by 1 person
Mmmmm, is jy seker, Toortsie…🤨🙄🤔👀
LikeLiked by 1 person
Ja, hoekom? 😉🤭
LikeLike
Of … dalk nie …
LikeLike