‘Jy moet jou prioriteite regkry’, sê iemand nou die dag vir my. Darem in ‘n goeie gees.
Want sien, my speel meng vreeslik in met my speel.
Ag ja, en dan is daar nog werk ook wat iewers sy plekkie wil hê. Gelukkig was dit darem nie by my werk wat ek die aanmaning gekry het nie. Eintlik behoort ek daar een te kry!
Dit was met een van my speelgoed waar dit gesê is. En, om die waarheid te sê kry dáárdie speel eintlik geweldig baie van my tyd, as jy mooi daaroor dink.
Sien, ek wil mos álles doen. FOMO, ‘n sleg ding om op jou oudag te kry. Want die tyd loop uit en daar is nog so baie wat ek wil doen!
Want my eerste prioriteit is om saam met my man plaas toe te pendel. Want dis ons besigheid. En hy is my man. En ek wil mos graag ‘n goeie vrou vir my man wees (en ma vir my kinders). Dít, terloops, het ek in my finale jaar op universiteit gesê, waarop die persoon toe antwoord: ‘Dat ‘n mens darem so min ambisie kan hê.’
Dit laat my net besef: Ons almal se prioriteite is verskillend. Ek is dalk bereid om in swak lig te borduur met stekies wat nie almal presies reg lê nie. Dit bring mee dat my werk dan nie 100% perfek is nie. En ek nie die prys gaan wen nie. Maar, as ek nie dit op só ‘n manier kan doen nie, kán ek dit nie doen nie, want die omstandighede is nie so nie. En ook nie my persoonlikheid nie.
En my kleinkind se kombers wat ek op die pendelpad hekel, is glad nie volgens pryswennervoorskrifte nie. En dít maak glad nie saak nie. Want kleinkind weet dat elke skewe steek en elke unieke blokkie wat nie inpas by die res van die oumablokkies wat dieselfde lyk nie, is met liefde gedoen. Want dié kombers is uniek, nes hy. En soms pas hy dalk ook nie heeltemal op ‘n plek in nie, nes die unieke blokkies nie regtig inpas nie. Maar dit maak eintlik nie saak nie, want ook jy in jou uniekheid vorm deel van die geheel. En jy is nodig op daardie spesifieke plek.
En my orrelspelery kan ek net doen as ons by die huis is. En net as daar ekektrisiteit is. En net as die orrel nie die kerk se krag trip nie. En net as dit nog lig genoeg is, want ek kan nie in die skemer die voetnote sien nie. En ja, ek begin nou maar eers op amper 60 daarmee. En die ouderdom en soms onsekerheid maak dat ek stadiger vorder. En dit bring mee dat ek nie die wêreld se beste orrelis sal word nie. Maar wie gee om?
Jip. Ons prioriteite verskil. En soms móét ons daarna kyk. Maar soms is die prioriteit dalk net om iets wel te doen na die beste van jou vermoë binne jou gegewe omstandighede. En raai, op die ou end kry jy nogal baie te doen so op jou eie manier 😁.
Hê ‘n lekker dag, hoor jy?
Toortsie
Dankie Vader dat prioriteite nie as A,B en C gelys is iewers nie maar wel as lekker, lekkerder en lekkerste! Doet so voort!
LikeLiked by 2 people
Dankie tog, ja! O ek geniet myself! 🎈🤡
LikeLiked by 1 person
Oe, ek is dit eens met jou op hierdie een. Dit is partykeer hierdie “quest for zero defect” wat veroorsaak dat ons bloedrukmedikasie aangepas moet word. Soms moet dinge net vir die lekker daarvan gedoen word. Dit is wanneer ons werklik ontspan en dit prioriteit maak om nie prioriteite te hê nie. Dankie vir lekkerlees skrywes.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie. Ek het een keer ‘n 2 jaar beradingskursus in 4 jaar ingedruk en daarna ‘n 2 jaar bybelkundekursus ook in 4 jaar ingedruk. Die ding is, soms moet ‘n mens maar goed op vreemde maniere ‘tussen al die prioriteite’ indruk, anders kry jy dit glad nie gedoen nie. En dít sal ‘n jammerte wees. 😁
LikeLiked by 1 person
Daar word altyd gesê: “Jack of all trades, master of none”. Deur my lewe was dit ekke daardie en ek verkies dit so. Jy het dit nou baie goed hier beskryf, Toortsie.
LikeLiked by 2 people
Ek verkies dit so 😁 ek sou mal geraak het van verveling …
LikeLiked by 2 people
Dis nou ekke daardie… as ek iets nuuts aanpak en regkry, beweeg ek aan. Baie meer opwindend as om iets oor en oor te doen.
LikeLiked by 2 people
Netso! 😁
LikeLiked by 1 person
Weer wyse woorde van jou 🙂 Dit het tyd geneem vandat ek afgetree het om te leer om te ‘let go’ en dinge op hulle eie tyd klaar te maak. Nou voel ek gelukkig om nuwe goed aan te pak an gee nie meer om as alles op my lys nie in ‘n dag gedoen word nie.
LikeLiked by 2 people
Solank jy dit regtig net geniet. Ons is mos darem ssker genoeg rondgejaag in ons lewens, of hoe?
LikeLiked by 2 people
Vlytige vingers … ek verwonder my ior aks wat jy aanpak
LikeLiked by 2 people
Dankie. Maar dis regtig ‘n geval van master of none. 😁 Maar ek geniet dit terdeë.
LikeLike
Nee jy jok. Jy het baie bemeester deur Sy genade.
LikeLiked by 2 people
Baie genade. Dis waar. ❤️
LikeLike
Toortsie, ek dink jy is besig om twee leeftye in een in te druk … en dis wonderlik dat jy die lewe so aangryp! En ja, ek’s baie bly ons priorteite is nie een dieselfde nie – hoe vervelig sou DIT nou nie gewees het nie!
Snaaks, net vanoggend dink ek: Sal ek nou die braai van gisteraand (buite) eerste skoonmaak voor die wind die as die wereld vol waai of sal ek eers ‘n koppie tee maak? Prioriteitsgewys, moes dit seker die braai gewees het 😉, maar die koppie tee het gewen! Nou’s dit ‘n paar ure later en die braai is skoon (en die as weggevee) … en niemand het skade gelei met my ‘herprioritesering’ nie 😅.
LikeLiked by 2 people
Ai ek is bly daai tee was heerlik! En ek dink nogal jy is ook een wat die lewe voluit gryp.
LikeLiked by 2 people
Met albei hande my liewe Toortsie, met albei hande!
LikeLiked by 1 person
❤
LikeLiked by 1 person
Mooi. Dis hoe ek daarvan hou!
LikeLiked by 1 person
Wee-jy hoe vies is ek nou vir daardie persoon in jou finale jaar!! Veilige tuistes met ‘n gelukkige man en kinders sorg vir maatskaplike geborgenheid, tot die derde en vierde geslag – en nie almal kry dit reg nie, want dis hoogs ambisieus en dêm moeilik!
LikeLiked by 2 people
Dankie liefste Frannie. Ek het haar gelukkig nie ernstig opgeneem nie. Sy het seker maar gewonder, hier het ons nou 4 haar hard geleer en het blink oë oor die toekoms en ek wil net vrou en ma wees. Tog het my studies my baie in my lewe gehelp en kon ek vir ons baie geld spaar op verskeie maniere en kon ek my kinders help om te ontwikkel na hartelus. En kyk hoe goed is die Here om my op my oudag die geleentheid te gun om my kreatiwiteit so heerlik uit te leef. 😁🌼
LikeLiked by 2 people
Dit klink na my soort van dag ook, Toortsie! Ek is seker dit maak ons lewens kleurvol! Lekker dag!
LikeLiked by 2 people
Ja ons wil tog niebôring wees nie.
LikeLike
Verseker nie.
LikeLiked by 1 person
Doen so voort en geniet
LikeLiked by 2 people
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ek stem, jy leef jou lewe en ek dink is wonderlik. Dank Vader soos jy sê prioriteite verskil. Ek haal my hoed af vir enige vrou wat ‘n tuiste skep en met ‘n gelukkige familie🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Baie dankie liewe Virgo.
LikeLike
Ek sukkel ook soms met dit. Hoe seg die jonges: Just go with the flow. Geniet
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLike
Toortsie jy het darm maar nou hier vir my goed raakgepraat hoor. Daai laaste paragraaf veral.
Lekker speel. LollaGroete xx
LikeLiked by 1 person
🎈
LikeLiked by 1 person