So het 27 Julie weer eens gekom, 8 jaar nadat ek op ‘n Sondagoggend met letterlik geen Bantingbestanddele in die huis, besluit het om dit te waag om dit te doen. Want ek was oorvet. Oormoedeloos. My klere het ongemaklik gesit. Ek het vet gevoel. En al die baie ander diëte wat ek gevolg het, kon my nie meer help nie. In die verlede het ek nog altyd goed verloor op sulke diëte, maar toe nie meer nie. My gewig het buite beheer daagliks meer geword. En ek wou net eet en eet en eet. Want ek was honger. En lus vir kos al was ek dalk nie honger nie.
Daardie Sondagoggend op Struisbaai was daar twee nie meer so vars nie eiers in die yskas en ‘n pakkie baie swak, onsmaaklike boerewors wat iemand daar vergeet het in die vrieskas. Dis al.
Maar daardie Sondagoggend het ek die besluit geneem: Hierdie sal die laaste keer wees wat ek met ‘n dieet begin. Ek sal moet volhou hiermee en ek mag nie kyk hoe ek die dieet kan ‘wen’ nie. Wel, by tye hét ek meer in die oranjelys geboer as wat veronderstel was en het ek die vrot vrugte daarvan gepluk. Maar, sodra ek weer konsentreer en die slegte gewoontetjies wat soms ongemerk ingesluip het, los, was alles weer mooi op dreef.
27 Julie 2014 het ek nie geweet watter reis vir my voorlê nie. Kort vóór dit het ek in desperaatheid gebid: “Here, help my asseblief met my gewig!” Hy het! En ek? Ek is die ou klein dogtertjie wat heerlike en ontspanne in die bos huppel terwyl my Vader sorg en is heerlik verras met alles wat in die pad verskyn. Soos drie resepteboeke (wie sou dit nou ooit kon dink?) … soos gesondheid … ‘n Whattsapp Bantinggroepie.
As ek nie daardie dag daardie besluit geneem het nie, was ek nou nog op sekere medikasie. Sou ek nou al vir jare diabetesmedikasie gebruik het. Was ek seker al depressief van nie meer weet watter kant toe nie. Danksy my besluit destyds is ek gesond. Kry ek nie meer megraine nie. Is my bloedsuikervlakke op ‘n normale manier onder beheer. Kry ek nie meer ‘brainfog’ nie. Ag, ek weet nie eers wat alles nie.
Ek het 17 kg afgeskud en behou dit ná al die jare. Skielik het ek ‘n kas vol klere, want klere raak nou oud in my kas omdat dit steeds pas.
Dit was die beste besluit nóg wat ek kon doen in verband met my gesondheid.


Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.
Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.
Toortsie
Jy lyk sommer sexy, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Hoor nou net! 😁
LikeLike
You go Toortsie! Jou boeke het die lekkerste resepte in!
LikeLiked by 1 person
Dankie my ou aanmoediger tweeling!
LikeLike
en net so dankbaar is ek vir my 9kg sover. Dankie Heer, dankie Madelè
LikeLiked by 1 person
Ek is sooo bly vir jou! Jy doen uitstekend.
LikeLiked by 1 person
Respek! Dalk moet ek ook weer banting probeer
LikeLiked by 1 person
Dankie! Dit werk regtig vir my.
LikeLike
Lekker om van jou te hoor
LikeLike
Ek hang gereeld hier by jou rond ☺️
LikeLiked by 1 person
Ek raak al hoe blyer! 😁
LikeLike
Mooi Toortsie, dit gaan goed met jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek hoop met jou ook. 😁
LikeLiked by 1 person
Dit doen, so half en half …
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Welgedaan Toortsie! Dis ‘n wonderlike reis om op terug te kyk (en natuurlik vorentoe ook) … jy’s ‘n groot inspirasie!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie. ❤️
LikeLiked by 1 person
Jy lyk awesome! Dit moet wonderlik voel om terug te kyk na so tyd en steeds so goed te voel. Welgedaan🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Virgo. Net die gesondvoel en nie heeldag worrie oor kos en jou gewig nie mask groot verskil.
LikeLike