Nie alles wat sê, Low Carb, is Low Carb nie. Daarom is dit so belangrik dat, as ons die LCHF leefstyl (Banting, Keto) volg ons dit moet ken en presies moet weet wat ingesluit is daarby en wat nie. Want as ons nie die lyste van kosse ken nie, kan ons maklik om die bos gelei word.
Daar is baie kansvatters daar buite wat net ‘n geleentheid aangryp om geld te maak en nie sal huiwer om iets as Keto/Banting/Low Carb te merk terwyl dit bestanddele bevat wat nie toelaatbaar is nie. En niksvermoedende mense koop dit net omdat daar Keto op staan. Dit is die rede hoekom ons ook moet lees agterop ‘n botteltjie of pakkie: Wat is die suikerinhoud, maar meer nog, watter bestanddele is daarin. Is dit Regte Kos, of is dit chemies vervaardigde gemors wat ‘n NUL koolhidraat aantoon, maar wat regtig ook nie gesond is nie.
Ek het al twee sogenaamde Low Carb (Banting) resepteboeke gekoop wat regtig NIE in daardie kategorie behoort te val nie. Die een was lank gelede en dis deur ‘n bekende tydskrif uitgegee. Daar was die lieflikste resepte in, maar ongelukkig was daar allerhande verbode bestanddele ook in. NOu het ek weer ‘n pragtige resepteboekie met 500 ‘low carb dishes’ gekoop op ‘n uitverkoping vir slegs R20. Groot was die teleurstelling dat resepte SUIKER, sonneblomolie, AFGEROOMDE melk, VOLGRAANMEEL, heuning, lemmetjiesap, sojamelk, hawermoutpap, crispbread, rysnoedels, sojasous, kekerertjies, laevet maaskaas, ens bevat. En nie net in een resep nie. IN ELKE LIEWE RESEP!
Om die waarheid te sê, ek weet nie waar die persoon haar inligting vandaan gekry het om enigsins te dínk dat hierdie resepte in die Low Carb kategorie val nie, en meer nog, dat dit uitgewers nie hulle huiswerk behoorlik gedoen het om so ‘n boek uit te gee wat eintoik totale vals inligting versprei nie. En dit is ‘n baie bekende uitgewer in ons land! Ek voel dis skandalig om mense so om die bos te lei en geld uit hulle te maak.
Om Banting/Keto/Lae koolhidraat resepte uit te gee verg groot uitdagings. Dit is sommer net ‘n geval van dat jy een bestanddeel vervang met iets anders nie. As jy een bestanddeel uithaal, volg ‘n hele reeks veranderinge. Byvoorbeeld as jy meel uithaal, hoe maak jy iets styf? Of hoe bak jy dit? Dit is ‘n wetenskap op sy eie en iets wat vir my steeds ‘n groot uitdaging inhou, veral as jy iets wil bak en ‘meel’ gebruik.
Tussen die 500 resepte in hierdie boekie, is daar wel ook lieflike goed wat ‘n mens dalk net so sal kan maak of ‘n bietjie moet aanpas om dit wel Keto-vriendelik te maak. Ek hoop maar net dat almal wat dit koop, dit met wakker ogies sal hanteer.
Daarom my waarskuwing: Lees asseblief die etikette. KYK of iets wat Lae Koolhidraat gemerk is, wel kwalifiseer voor jy dit koop. Baie Lae koolhidraatstafies bevat steeds suiker, of dadels, of stysel …
Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.
Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.
Toortsie
Ek her ook sl sylke resepteboeke gesien, nigal deur n bekendw tydskruf uitgegee, waarin byna alles verkeerd is
LikeLike
Jip. Presies net so. 🙂
LikeLike
Ek stem saam! Hulle het geen idee nie!
LikeLiked by 1 person
So kry mens maar altyd kansvatters wat net dink aan geldmaak en nie waaroor dit eintlik gaan nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is regtig so.
LikeLiked by 1 person
Absoluut, ek stem saam dat ons altyd daardie ‘label’ moet lees (onthou tog net die bril – in my geval 😄). Maar dis dalk ook nie so maklik as mense nie presies weet wat Keto/Banting is nie, ne? Vir hoeveel jare is ons dan nie oortuig dat LAEvet melk beter is as volroom melk nie …
LikeLiked by 1 person
Ai, daai laevet. Ja, ons is regtig lank mislei. Dit wat vir eeue geëet is, word nou as ‘low carb’ bemark.
LikeLiked by 1 person