Vas. Onderbroke vas. Uitgerekte vas. Geloofsvas. Dít is die verskillende vorme van vas waarvan ek weet, maar ek weet ook deesdae dat daar van elke ding nog honderde ander variasies daarvan is.
Jare gelede, lank voordat ek in Banting (Keto) begin belangstel het, het die Here vir my bewus gemaak van gebed en vas. In die denominasie waarvan ek lid is, is vas nie ‘n algemene gebruik nie. Nee wag! Nog lank voor dít het ons bybelstudiegroep een keer tydens die lydensweek iets opgegee. Ek het koffie opgegee. Dis ‘n gebruik wat ek nog gereeld jaarliks doen. Deesdae gee ek alle drinkgoed, behalwe water, op in daardie tyd. Wat ‘n heerlike tyd van hart skoonmaak, liggaam skoonmaak, siel skoonmaak.
Toe ek nog ‘n aktiewe suikerverslaafde was, was ek honger in die oggend as ek wakker word. Dit maak nie saak hoe laat nie, die eerste ding wat ek moes doen, was eet. Dus, toe God vir my bewusmaak van ‘n geloofsvas, was dit vir my verskriklik om die vorige aand laast te eet en te moes vas tot … 10 vm! Ek het gebewe. Ek was honger.
Die volgende keer het ek tot middagete, rondom 12:30 gevas (van die vorige aand so 7 nm af). Ek het die horlosie dopgehou. Tóé het ek gewaag van 7 nm tot 6 nm. Die laaste paar ure het ek keer op keer op die horlosie gekyk. Later minute afgetel.
Toe begin ek met Banting. En die vas raak makliker. Want die kos wat ek eet hou langer. Later was ‘n tot 6 nm vas glad nie moeilik nie.
Intussen het ek begin om slegs 2 keer per dag te eet. Nie amptelike Intermittent Fasting nie, maar 2 keer om my afskeiding van insulien totaal te minimaliseer. Ek kry dit nogal heel maklik reg solank ek net nie aan IETS proe of knibbel nie, dan is my vas gebreek.
Ek volg graag Less of Lee se blog, ‘n persoon wat vertel van sy reis met gewigsverlies. In hierdie bloginskrywing vertel hy van sy gereelde uitgebreide vas. Ek dink hy vas 3 DAE aanmekaar! Dit het my ‘n bietjie laat oplees hieroor. Uitgebreide vas. Extended fasting. Interessant genoeg sê hulle dat jy dit nie sommer die eerste keer sal regkry as jy nog nooit gevas het nie. Jy moet ook vasfiks wees.
Wel, ek het net daar besluit om dit te probeer. Nie 3 dae nie, maar 36 uur. Die 36 uur sou vanoggend half 8 oorskry wees. Intussen het ek besluit om tot half 1 te wag, want anders gooi ek weer my normale eetpatroon van 2 keer per dag, slegs middag- en aandete, uit. Ek trek nou by 38 en ‘n half uur en doen regtig goed. Om die waarheid te sê, voel ek regtig nie honger nie. Wel, ek moenie aan kos dink of dit sien nie, dan sal die prentjie dalk anders lyk. Dis wat hulle sê, dat jy net honger sal voel wanneer dit jou normale etenstye is. Ek voel nie bewerig nie. Net lekker.
In hierdie tyd drink ek baie water, ook tee en gisteraand het ek ‘n bietjie bone broth (aftreksel) gedrink wat dalk ook nie regtig nodig was nie.
Toortsie
Ns. Dit was toe ‘n 41-uur vas en as ek eerlik moet sê sou ek nog kon hou tot vanaand. Hopelik is daar ‘n bietjie tussen die vetreserses gedelf …
Ek dink nou aan jou storie van voor jy met Banting begin het, hoe honger jy in die oggend was … ‘n uur nadat ons opgestaan het, eet ons gewoonlik ‘n stewige ontbyt (menende eier, bacon en tamaties/sampioene). Dan raak ek eers weer van kos bewus hier teen 13:30 en kan ietsie klein eet. Maar met Berto in Johannesburg op die oomblik, was ek gisteroggend net te lui om ontbyt te maak vir myself … en sien toe ‘n boks pap in die kas raak. Ek maak toe sommer ‘n lekker groot bakkie vol en eet alte lekker … maar o wee, hier teen 10:00 is ek so honger soos ‘n wolf! En toe wil ek heeldag net peusel 😬. Vanoggend is ek weer terug op die gesonde bord ontbyt en voila, teen 13:30 het ek ‘n bakkie slaai gemaak vir middagete (en was glad nie rasend honger nie).
Ons vas ook so een keer elke 3 maande (maar nooit langer as 24 uur nie), dit maak beslis ‘n verskil aan mens se liggaam (en siel).
LikeLiked by 3 people
Hoe geniet ek jou storie. Ja, behoorlike kos laat ‘n mens regtig langer hou. Ja dit was nou my eerste langer vas.
LikeLiked by 2 people
Wonderlik Toortsie. Dit was nou interessant en insiggewend.
LikeLiked by 2 people
Dankie liewe Lolla.
LikeLike
Baie dapper van jou, Toortsie. Ek ken ook vas tydens Lydenstyd, om iets op te gee. My genot per dag is om ‘n speletjie of 2 te speel op my selfoon. Ek het dit gevas vroeër vanjaar. Maar die uitgerekte een… welgedaan.
LikeLiked by 2 people
Dankie. Ek dink die feit dat ek al voorheen 24 h gevas het, het dit makliker gemaak. My kop weet mos ek kom nie iets oor daarvan nie. En die feit dat ek hoë vet eet wat mens langer laat volhou. Eendag op ‘n reëndag moet ek nou mik vir 48 ure. Gosteraand moes ek vir myself sê dat dit 2/3 klaar is sodat my siel kan rus! 😃
LikeLiked by 2 people
Dis fantasties Toortsie. Ek wil regtig ook intermittent probeer , dink kan goed wees en makliker met werk. Ek gaan daai blog lees wat jy genoem het. Dankie vir al die goeie raad altyd🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek dink dat daar baie maniere is om Intermittent Fasting te doen en baie reëls ook kan wees as jy wil. Dit maak dit geweldig ingewikkeld, heeltemal te ver bo my vuurmaakplek. Ek voel ook dat as mens dit te ingewikkeld maak, jy nie daarmee kan volhou nie.
Daarom luister ek maar na oom Tim se raad:
1) Eet 2 keer per dag. Jy kies self watter 2 keer vir jou die beste werk. Is dit ontbyt en aandete? Middag- en aandete? ‘n Brunch en aandete? Ontbyt en ‘n middelmiddagete? Dit maak nie regtig saak nie, dit gaan daaroor dat jy jou insulienvlakke beter beheer daardeur.
2) Dit help as jy meer vet in jou dieet insluit in plaas van suikers en stysels, want dit hou jou langer versadig. Maar steeds, ek weet dat jy ‘n ander tipe dieet het en dis ook heeltemal okay. Solank dit vir JOU werk. 🙂
Sterkte
LikeLike
🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Nee wat, dit klink vir my nogal swaar of dat jy sterk wilskrag moet hê. Jy sê darem jy voel nie bewerig of regtig honger as jy nie aan kos dink nie. Ek dink die water drink help seker ook baie. Wel gedaan, dit was die moeite werd vir jou om dit te doen.
LikeLike
Baie dankie. Wat die internet sê en ek dink dit is waar:
1) Ek volg mos ‘n keto-dieet wat jou langer versadig hou.
2) Juis as gevolg van die keto-dieet, maar ek dink dat jy in elk geval in ketose gaan tydens so ‘n lang vas. Jy gaan in ketose. Dit beteken dat jy vet verbrand. So, in plaas van vet in my kos eet, gebruik my liggaam die vet in my liggaam.
Ja, dit verg wilskrag en ek sal dit nie elke tweede dag doen nie, ook nie elke maand nie. Net soms. Maar ek sal dit weer doen. En nee, ek was regtig nie honger nie. Ek wonder wat die invloed van die vleisaftreksel was.
LikeLike
Klink als heel logies. die Aftreksel kan beslis ‘n hulp gewees het.
LikeLiked by 1 person