Atkins

Dr Atkins New Diet Revolution

Ek lees tans bogenoemde boek na aanleiding van Prof Tim Noakes se verwysing daarna. Hy verwys daarna tydens sy verhoor destyds nadat hy by die Mediese Raad aangekla was oor raad wat hy vir iemand gegee het rondom babavoeding. Terloops, hy is onthef van al die aanklagte. En het jy geweet dat hy as wetenskaplike in die Mediese lyn 3e in Suid-Afrika en 1240e op die wêreldranglys is? 

Terug by die boek: Dr Atkins New Diet Revolution. Wat ‘n lieflike boek! Ek het altyd gedink dat Atkins eerder konsentreer op proteïene terwyl keto op vette konsentreer. Wat seker waar is. Maar as jy die boek lees, is daar soveel ooreenkomste en soveel te leer. Hy antwoord sommer ‘n klomp vrae wat ek nog in my hart het. 

Hy noem dat as jy vir langer as 4 weke ‘n plato bereik het, jy ernstig moet kyk na wat jy eet. Het jy nie dalk ongemerk weer meer koolhidrate begin inneem nie? Oefen jy genoeg? Moet jy nie ‘n bietjie sny op alkohol nie? Dalk moet jy melk en selfs koffie vir ‘n ruk uitsny? Neute vir ‘n ruk vermy as jy glad nie gewig verloor nie. Net groen groentes eet om weer aan die gang te kom. Natuurlik altyd jou proteïene met vet aan. Vetter snitte vleis. 

Hy noem ook dat party mense ‘n groter metaboliese weerstand het. Dit veroorsaak dat jy moeiliker gewig verloor. Die antwoord? Eet nóg minder koolhidrate. En soos wat ek soveel keer vir my groeplede sê wat dalk sukkel om die gewig af te gooi: Daar is eers metaboliese herstelwerk wat gedoen moet word. Moenie ontmoedig voel as jy nie dadelik verloor nie. Dalk het jy in jou lewe al soveel keer dieet, gewig verloor, verkeerde eetpatrone gevolg, weer opgetel. Dit laat sy merk en moet eers weer reggestel word. 

Atkins se boek is ‘n baie praktiese boek. Dit is geskryf in ‘n baie gemaklike trant en lekker om te lees. 

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Ek wil jou graag uitnooi om deel te word van ons Banting (Keto) whattsappgroep. Ons kommunikeer in Afrikaans. Ons indersteun en help mekaar om die leefstyl goed aan te pak.

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.

Toortsie

9 thoughts on “Atkins

    1. Dankie. Ag Bondels, ek was destydsso moedeloos met my gewig en het hulp by die Here gaan soek. Hy het Banting vir my gegee. Daarom kan ek met gemak volhou. En is die pad interessant! 😁🎈

      Like

    1. Ek het dit ook nie regtig besef nie. Tog sou ek self sê as iemand nog kerm oor navoring, dat Atkins dit al die jare vir sy pasiënte gegee het, dat hy lêers vol navorsing het, dit hoeveel keer vir die skeptiese mense aangebied het en hulle steeds bly sê het dat dit nie voldoende is nie. Dít saam met ál die navorsing wat al die jare blatant geignoreer is. Maar ek het altyd gedink dat omdat Atkins meer op proteïen fokus, dit wel verskillend is. Hy is strenger in die begin met die koolhidrate en laat op die ou end meer koolhidrate toe. Hy laat hier en daar wel kosse toe wat op die rooi lys is en dit mag mense dalk verwar, maar dit is so ‘n uitstekende boek om te lees en as jy Atkins sou volg in plaas van Keto kan ek nie ‘n groot probleem voorsien nie.

      Like

Gesels saam, asseblief!