Ons nuwe borduuruitdaging: Maak ‘n klokkestrengel. Minimum 90×15 cm. 6 maal so lank as wat dit breed is. Sorbellosteek moet minstens 60% van die borduurwerk wees, dan nog minstens 3 ander bypassende steke.
En dís waar die probleem lê. Watter drie steke kies jy nou? Soos my dogter destyds net twee instrumente kon kies toe sy universiteit toe is. Hoe moes die ander instrumente nou voel as hulle nie gekies word nie?
Net drie steke. Dit laat my dink aan die borduurwerk wat ek in standerd ses moes doen. Skeppende borduurwerk. Ag, ander het die dinkwerk vir my gedoen. My baie goeie maat, Mabeth, se ma het by die materiaalwinkel gewerk. Sy het gevra of ek saam met haar ‘n stukkie oranje lap sal koop, dan deel ons dit in die helfte. Lap is mos baie breed. Nouja, ek en oranje was nog nooit maats nie, besef ek later jare.
Die juffrou het aanbeveel dat ek ‘n heks daarop appliek. Op die borduurwerk moes daar minstens 3 borduursteke wees …
Ek het die rok van die heks met kombersstekies vasgewerk. En die ander borduursteke gedoen soos die juffrou voorgestel het. En toe was die jaar halfpad en daar nog baaaaie plek op die lap. Toe het ek deur borduurboeke geblaai en stroke geborduur met elke denkbare borduursteek wat ek in die hande kon kry. Nooit iets met die borduurstuk gedoen nie. Weet ook nie of die juffrou daarvan gehou het nie. En ek het dit ook nie meer nie. Ek vermoed dat ek maar gedink het dis nie goed genoeg nie. Bontspul, jy weet? More is more.
Terug by my sorbello klokkestrengel. Watter drie steke sal ek tog nou vat? Wel, behalwe die sorbello’s trek ek noual by addisionele steek nommer 6. Uhm. Ek het nog net 15 van die minstens 90 cm gewerk. Die blomme is in sorbello, takkies en blare iets anders. En verskillende blomme se blare lyk mos verskillend. Hulle kan nie met dieselfde sterk gewerk word nie!
En die sorbello’s? Wel, daar is met 2 drade, 3 stekies. Met 3 drade 3 stekies. Met 2 drade 2 stekies. Met 3 drade 2 stekies. Met 3 drade 4 stekies … die aantal stekies is die klein kombersstekies waarmee jy die sorbello maak.
Wie jy is is wie jy is. Die tekens was reeds in standerd ses daar! Ek vermoed ek was tóé erg buitenstyd. Soos ek vandag nog is.
Maar wie gee om? Ek geniet my gate-uit en geniet veral om my kreatiwiteit totale vrye teuels te gee. Intussen leer ek soveel as moontlik nuwe borduursteke aan.

Dit lyk vir my BAIE mooi. Sorbellosteek is ‘n nuwe een vir my.
LikeLiked by 2 people
Dankie Anne. My stekies is net nie skougehalte nie. Hulle moet almal presies dieselfde lyk, maar daai battle het ek verloor. Nou werk ek net.
LikeLiked by 1 person
Jy maak ‘n reguitstekie en 2 of 3 kombersstekies in daai steek en anker dit. Op die videos trek hulle almal die draad redelik styf dan maak dit 2 beentjies. Maar dit moet blykbaar nie so wees nie. Ag wat … as dit eendag in my huis hang sal daar net ‘n lang gerf vol veelkleurige blomme wees. Wie verbyloop gaan regtig nie die skewe stekies sien nie.
LikeLiked by 1 person
“Sorbello klokkestrengel” … dit klink of jy ‘n vreemde taal praat! Maar al verstaan ek nie veel van borduur werk nie, is jou blommetjie prentjie vir my baie mooi 🌸.
LikeLiked by 2 people
Dankie. Ek hoop die sorbello’s is op die ou end herkenbaar.
LikeLiked by 1 person
Ek ken ook nie die Sorbellosteek nie! Al wat ek weet, is dat jou borduurwerk pragtig is!
LikeLiked by 1 person
Oh met vriende soos julle kan ek enige moeilikheid stormloop. Baie dankie. Jy kan dit gerus google. 😁
LikeLike
Ek sl, dankie
LikeLiked by 1 person
Ek praat sommer van my blokkies. Elke sorbello is ‘n blokkie. Myne is nie egalig en eweredig nie.
LikeLike
Lyk pragtig vir my! Ek het So lanklaas borduur
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLike
Die behoorlike borduursters sit by ‘n tafel en trek elke draadjie presies dieselfde. Ek sit sommer op my skoot en werk en dan werk dit nie altyd so netjies uit nie.
LikeLike
Mmmm, klink vir my na n ernstige storie😀
LikeLiked by 1 person
Erg! 🙈😝
LikeLike
Amper skryf ek vir jou” my m…” Dis nou iets besonders en baie mooi. Jy en jou kleure werk uitstekend saam om die werk uniek te maak. Sal ook bietjie gaan lees oor die steek. Jy’ s n ou doring as dit by kreatief wees kom.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie! Ek werk uit ‘n kruissteekboek en gebruik hulle kleurkeuse. 😁 Dis ‘n boek vol blomme wat ek nou net almal bymekaar sit. Ek hoop dit werk op die ou einde reg uit.
LikeLike
Soos ek jou ken gaan dit beslis uitwerk. Is goed as jy voorbeelde het van blomme om te gebruik. Jy kan jou beslis uitleef met die een.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet my gate-uit.
LikeLike
Cool en awesome!
LikeLiked by 1 person
Vir my ook Grieks, maar baie mooi.
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLike
Jy praat “foreign” vir my verstaanselle. Al wat ek weet dit is mooi.
LikeLiked by 1 person
Uit Italië! Dankie. Ek geniet hom al hoe meer al us my Sorbello blokkies nie aplal presies dieselfde nie.
LikeLike
Jou werk is so mooi
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste niggie
LikeLike
Wow, ek is mal daaroor.
LikeLike
Dit is baie mooi. – ek onthou die borduurklasse. Dalk probeer ek dit ook weer.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ja! Probeer! Dis lekker.
LikeLike