Verslawing

Verslawing is iets waarin ek baie belangstel oor persoonlike redes en waaroor ek al baie geskryf het. Dit is juis met my betrokkenheid by ‘n persoon in rehabilitasie wat ek seker een van die insiggewendste praatjies (lesings) denkbaar gehoor het. 

Dit was daardie dag wat ek besef het dat ek ook tekens van verslawing toon. Ek is seker dat as iemand op daardie stadium gekyk het na die hoeveeheid Eglonyl wat ek gedink het, hulle net hulle kop sou skud en gesê het dat ek so min daarvan drink. Dat dit veilig is. Maar omdat ek eerlik daaroor was, het ek besef dat ek stadig, maar seker besig was om meer en meer daarvan te drink en net daar besluit om dit te staak. Dit was ‘n moeilike proses om heeltemal daarvan los te kom, maar ek kon dit doen omdat die Here my betyds gewaarsku en my gehelp het. Dit was ook tóé wat ek besef het dat ek aan kos verslaaf is, iets wat nog op daardie stadium glad nie erken was nie en wat mense gedink het ‘n grap was as jy dit sou noem. 

Bitten Jonnson was een van die sprekers by die World Nutrition Summit 2022. Sy is ‘n gekwalifiseerde verpleegster en ‘n verslawingskenner. Sy werk met alle tipes verslawings, maar meer spesifiek suiker- en meelverslawing vir meer as 27 jaar. 

Sy sê: Verslawing is ‘n siekte van die brein. Dat daar geen verskil is in die tipes verslawing nie. Verslawing is ‘n Primêre, Progressiewe, Kroniese, Dodelike, BEHANDELBARE siekte. Pille en operasies is nie die oplossing nie, jy moet die BREIN herstel. 

Dit is ‘n herhalende, terugkerende siekte. Daarom moet ons HULPMIDDELS (TOOLS) kry om die siekte te hanteer. Verslawing begin by SUIKER … dan sigarette … dan alkohol … dan … dan … dan … (Die ergste is, ONS VOER DAARDIE SUIKER VIR ONS KINDERS!) Die siekte begin al baie vroeg in ‘n kind se lewe. 

Dit gaan nie oor die DRUG of PROSES nie, maar oor die BREIN. Mense probeer so baie dinge – diete, enigeiets. Al daardie goed wat jy probeer, wys dat jy einlik ‘n sterk persoon is. Ons kan nie altyd help dat ons verslaaf raak nie, MAAR ONS KAN WERK AAN ONS HERSTEL.

DENIAL (Ontkenning) is GROOT. 

Die eerste tekens van verslawing begin reeds by 5 – 6 jaar oud. Ons ONTKEN dat daar ‘n probleem is. Solank jy jou verslawing iets anders noem, kan jy NIE met herstel begin nie. 

Ons raak ENSLAVED – dis die DRUG wat jou lewe wil beheer. Deur inligting en kennis hiervan, kan jy bevry word. As kind was jy ‘n soettand. As tienber begin jy dieet, raak anoreksies om die ‘cravings’ te probeer beheer. Dan, wanneer jy nie kan nie, ooreet jy jou. Op die ou end raak jy oorgewig. 

So baie van die ander siektes wat ons kry, is eintlik maar ‘n reaksie op die verslawing. 

Dan sluit sy haar lesing af: Die Keto (Banting) dieet is ‘n goeie keuse in die proses van herstel, die vry word.

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.

Toortsie

15 thoughts on “Verslawing

  1. In 2006 het ek begin agterkom dat my lewe letterlik vir ‘n uur elke dag stilstaan omdat ek sepies op die TV wou kyk – Egoli en 7de Laan (toe was die twee stories nog so agtermekaar). Dus, ‘n hele uur elke dag net so tot niet.
    En toe besluit ek op ‘n dag om op te hou om daarna te kyk en eerder met die honde in daardie tyd te gaan stap … dit was (om die minste te se), ‘n heerlike en gesonde vervanging (vir beide my en die honde)!
    Verslawing kom in alle vorme en soos jy tereg se Toortsie … ‘n mens moet dit erken en die regte naam gee!

    Liked by 1 person

    1. TEgnologieverslawing is verskriklik. Toe ek blogs ontdek het was ek erg. Ek kan steeds vir lang tye net kliek kliek kliek op my foon sonder om iets uit te rig, maar dit gaan gelukkig al baie beter.

      Liked by 1 person

  2. Die ersgte is dat verslawing in enige vorm of soort kom, ons besef dit net nie. Dis ‘n stille vyand. Ek myself het besluit om ‘n sekere middel te staak en is nou drie weke af daarvan. Ek het ontrekkings simptome beleef, maar omdat ek Covid ook gehad het, was ek nie seker watter een is nou aan die gang nie. Maar vandag is die eerste dag wat ek werklik weer mens voel. Nou lê daar nog twee bergies oor om te klim.

    Liked by 1 person

    1. Veels geluk met die bergie wat jy reeds oor is en sterkte met die orige twee. Ek het ook afhanklik geraak van anti-inflimmatoriese middels. Dus nou my huidige bergie wat ek moet oor.

      Liked by 1 person

      1. Dankie Toortsie….my een verslawing is Netflix. Ek het dit begin misbruik toe ek ontvlugting gesoek het. Is darem al baie beter. In plaas van vier ure per aand is ek nou op drie. En een uur vir stilte tyd. Maar ek slip nog soms, veral naweke. Ek kan baie verskonings gee, maar op die ou end is dit net ‘n besluit wat jy met baie gebed neem.

        Liked by 1 person

    1. Nee, mens is nie trots daarop nie, maar jy het dit nie oor jouself gebring nie.
      Ek sal altyd ‘n suikerverslaafde bly, maar beheer dit deur nie suiker te eet nie. Sodra ek suiker eet, verswak ek my skanse en moet ek weer ekstra hard werk om dit te weerstaan. Vir my werk die keto leefstyl beslis, maar ek sal nooit vol brawade kan sê ek het hom oorwin nie.

      Liked by 1 person

      1. Dink jy regtig ek het dit nie oor myself gebring nie? Nee heng ek voel, leeg, arm en vreugdeloos as ek vir lank sonder koek, tert of lekker tjoklits is….. nee heng die lewe is darem kort. Ek ruil maklik n ete vir n soetding. Sukkel deesdae meer as ooit met my gewig……

        Liked by 1 person

        1. Jy het nie. So maklik soos dit. Die eerste ding naá moedersmelk wat iemand in jou mond geprop het, was pap wat van stysel en suiker gemaak is. En dit was algemeen aanvaar, soos wat dit vandag nog aanvaar word en gedoen word. Selfs ek gee dit vir my kleinkinders terwyl ek weet wat kan gebeur.
          Maarrrr as jy ooit werk sou wou maak daarvan, sal ek jou graag eou help as jy wou.

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s