Drie maande sedert ek die lawwe idee gekry het van ‘n Banting (Keto) gewigsverslieskompetisie. Dit sou oor 3 maande loop vanaf 1 Feb tot 30 April. Die deelnemers moes die Banting leefstyl volg. Daar is ‘n Whattsappgroep gestig waar deelnemers mekaar ondersteun en raad gegee het. Ek, as Bantingafrigter het ook my bydrae gegee om elke deelnemer na die beste van my vermoë te help.
Vrydag het die kompetisie ten einde geloop en Saterdag het ons groot prysuitdeling gehou. Daar was 3 kriteria waarvolgens die deelnemers plekke toegeken was: 1) Totale gewig verloor; 2)Persentasie van begingewig verloor; 3)Vermindering in BMI. Daar is gewig aan elkeen toegeken en sodoende kon die wenners bepaal word. Ek het elke keer die volgende persoon aangewys wat dan sy/haar prys kon kies.
Die pryse was:
‘n Naweek vir 4 persone in een van Seegogga se vakansiehuise; ‘n Heerlike bederfpakkie van Suidpunt Potpourri; 2 Bokse (6 bottels elk) wyn van Boland Kelders; 1 boksie wyn (3 bottels) van Rooiberg Kelders; ‘n Skildery van Rita Oatway; ‘n Avon geskenkpak van Rina van Papendorp; Mrs Martins Skoonmaakmiddels; Gracious Bakers Geskenkpak.
Die persoon wat die meeste gewig verloor het, was 18 kg. Tog het dit op die ou end nie regtig saakgemaak wie die meeste gewig verloor het nie – elkeen was ‘n wenner in eie reg. Net die feit dat jy ingeskryf het, die kans gewaag het om jou leefstyl aan te pas, ‘n nuwe leefstyl aan te leer het jou alreeds ‘n wenner gemaak. In hierdie tyd het elkeen van ons baie geleer – ek ook! Ek het die wonderlikste terugvoer ontvang. Daar is sentimeters verloor. Klere sit losser. Sommige het dalk nie soveel gewig verloor nie, maar hulle bloedsuiker het totaal gestabiliseer. Ander siektes is onder beheer gebring. In totaal is daar 149.9 kg verloor!
So, wat gebeur nou? Niks! Ons gaan net so aan soos voorheen! Die groep gaan voort. Almal van ons doen nou die volgende drie-maande uitdaging. Hierdie keer is daar nie pryse op die spel nie, maar almal voel dat hulle beslis nog met die leefstyl wil aangaan en ook die ondersteuning van die groep geniet. Elke Vrydag stuur elkeen steeds vir my sy/haar gewig in (persoonlik, dit word nie op die groep gedoen nie) en gee ek ‘n bietjie inligting. Alhoewel, ek dink die deelnemers moet nou vir my begin leer!
Die goeie nuus? Daar is nog altyd plek vir nuwe deelnemers ook. Nog mense wat graag die leefstyl wil aanleer met die hulp van ‘n ondersteuningsgroep.
Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.
Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.
Toortsie
Welgedaan aan almal! Ja, selfs al het mens nie soveel gewig verloor as wat hulle dalk wou nie … die feit is, mens voel beter oor jouself! En dis genoeg motivering om met hierdie gesonde leefstyl aan te hou!
LikeLiked by 2 people
O ek hoop almal sal aanhou.
LikeLiked by 2 people
Geluk Toortsie!! Jy is voorwaar ‘n meester!
LikeLiked by 2 people
Nederig dankie ❤️
LikeLike
Whohooooooo🥳🥳🥳🥳🥳🥳. Dit is fantasties!! Baie geluk Toortsie en span, dis regtig wonderlike nuus en dink jy het sommer ‘n bakgat idee gehad rn het steeds🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Ek dink nie dit was my idee nie. Regtig nie. Iemand Baie Spesiaals het dit in my oor gefluister een woeste Maandagaand toe ek vir een oomblik stilgesit het en Hom gehoor het. 🎈
LikeLike
🤲🌻🌻
LikeLike
18kg – well done
Jy doen wondere om almal so te help
LikeLiked by 1 person
Hullehelp eintlik hulleself. 😁 Dit is ‘n groot voorreg.
LikeLike
Dankie Madele jy is ons almal op die groep se heldin 🙂
LikeLike
❤️
LikeLike
Maar julle is die wat die ding regtig doen.
LikeLike