Dit voel of ‘n wêreld vir my oopgegaan het met die kursusse wat Nutrition Network aanbied. Ek leer so baie by hulle! Tans is ek besig om na die lesings te kyk wat by vanjaar se World Nutrition Summit aangebied is.
Twee baie interessante sprekers, nl Leslyn Keith en Catherine Seo het gepraat oor Lipedema. Google beskryf Lipedema as volg:
Lipedema is a condition that causes excess fat to accumulate in the lower part of the body. Lipedema most often involves the buttocks, thighs and calves. The upper arms can also be affected. The condition does not affect the hands or feet.
Ek kan natuurlik nie op al die mediese feite ingaan wat hulle genoem het nie, dit is heeltemal te veel en te ver bo my vuurmaakplek, maar ek kan weergee wat vir my sin gemaak het en wat ek verstaan.
Dit is ‘n toestand wat meestal by vroue voorkom en word gekenmerk deurdat ‘n persoon meestal oormatige vet versamel in die onderlyf en bene. Die bolyf bly gewoonlik normaal. Dit kan ook in die bo-arms wees. Dit kan soms baie pynlik wees. Interessant is dat dit by die enkels stop en die voete in die vroeë stadia spaar.
Dit is geneties oorerflik en ontwikkel gewoonlik in tye van hormoonveranderinge, soos in puberteit, swangerskap of menopause. Ongelukkig wil dit voorkom of gewone gewigsverlies eetplanne en oefening nie help om hierdie vet af te breek nie.
Volgens hierdie twee sprekers, wat al vir jare lank betrokke is by navorsing hieromtrent, wil dit lyk of laer insulienvlakke ‘n positiewe bydrae kan maak hiertoe. Dat ‘n Ketogeniese dieet (soos Banting of Keto) die vet kan verminder. Keto kan ook die stoor van vet verminder omdat die insulienvlakke soveel laer is. En die ketogeniese dieet kan verdere vorming van vet en die voortsetting van die siekte keer.
Hulle is steeds besig met navorsing hieroor en dit is nog nie in yster gegiet nie, maar dit is beslis iets om na te kyk of om te probeer as jy in die ongelukkige posisie is om hierdie siekte te hê.
……
Ek is dankbaar om te kan noem dat ons Keto-Ondersteuningsgroep steeds aktief is en ons baie goeie resultate kry. Kontak my gerus indien u deel daarvan sou wou wees. Die koste is ‘n eenmalige R700 en sluit Toortsie se 3 resepteboeke in. Weekslikse inweeg- en inligtingsessies per Whattsapp.
Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.
Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.
Toortsie
Dis baie interessant … ek ken nie die toestand nie, maar het dit waarskynlik al waargeneem (sonder om te weet dis ‘n siekte). Dis goeie nuus om te weet dat ‘n Ketogeniese dieet in ‘n mate hiervoor kan help. Dankie vir die deel.
LikeLiked by 2 people
Ek het al soveel keer gehoor as iemand probeer gewig verloor dat hulle net in hulle bolywe verloor … ek wonder sommer …
LikeLiked by 1 person
Dis wat ek ook al gehoor het …
LikeLiked by 1 person
Verbeterde bloedsomloop, liggaam wat weet wat om met vet te maak, minder insulien veroorsaak minder vet wat gestoor word … baie faktore.
LikeLiked by 2 people
Dis nou regtig baie interessant om dit so te hoor. Dis so waar van waar die vet versamel ook veral by vroue. Dankie man, dit was nou baie insiggewend.
LikeLiked by 1 person
Soveel mense loop met ‘probleme’ rond wat dalk nie regtig eers hulle skuld is nie. Wat geneties is. En hulle probeer hulle ALLES om dit teen te werk en dit voel of NIKS werk nie en later loop hulle met minderwaardigheidsgevoel if wat nog alles en dalk kan daar tog ‘n manier wees om hulle te help. Daardie dokter wat gepraat het sê sy het hoeveel suksesstories. Sy werk al 20 jaar hiermee.
LikeLike
Ja, sug, mens is meestal jou eie grootse vyand. Dit help ook as mens weet waaroor dit gaan en dan van daar af te probeer regstel of eintlik dit makliker te maak. Ek sien dit juis met suster en dat dit in die familie loop.
LikeLiked by 1 person
Verstaan ek reg? Herken jy die siekte moontlik?
LikeLike
Beslis ja. Klein sus is presies soos dit beskryf word. Ousus het twee dogters wat ook selfde is. Wil nie regtig te veel uitbrei nie. Dis beslis aan my kant van familie. My een tante was ook so.(my pa se suster) ma se kant was almal eerder maer as geneig om gewig aan te sit.
LikeLiked by 1 person
Ek is so jammer om dit te hoor. Regtig.
LikeLike
Dis vir my jammer dat mens nie vroeër geweet het hoe om aan te pas daarmee nie.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Hul kan dalk steeds die raad probeer volg as dit nog nie te laat is nie?
LikeLike
Sal bietjie kyk, maar suster sal beslis nie belangste! Jy weet mos hoe ons generasie ook maar kan wees. Sal kyk of twee dogters veral een in SA dalk sal belangstel
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan heeltemal 😁
LikeLiked by 1 person
Dit is great dat hulle hieroor praat, lae insulien help ook om hormoon vlakke beter te reguleer. So bly oor jou groep wat so goed doen Toortsie, ek dink is amazing🥳🌻.
LikeLiked by 1 person
O Virgo. Ek voel in die sewende hemel. Nie eers in my wildste drome het ek gedink so iets gaan oor my pad kom nie en ek geniet elke oomblik. Dit het soos in ‘n oogwink gebeur. Ai, ek is darem bly ek het nie ‘n vreeslike uitgewerkte pad nie. Ek geniet hierdie huppelkindervaring in die bos net te baie. Om elke klippie en bos lê ‘n nuwe verrassing. Hoe gelukkig kan een mens wees!
LikeLike
🌻🌻🥳, ek is so bly en heerlik om te lees en kan jou geluk en blessings hieroor voel🤲
LikeLiked by 1 person