Chessalleeninlonden het die mooiste foto’s geplaas van mense wat in die oorloggeteisterde Ukraine skaak speel. So hartseer. So kosbaar. So hoopvol. Julle kan gerus by haar gaan loer. In ondergrondse bomskuilings. In parke terwyl die geboue rondom hulle stukkend geskiet is.

Dít is wat nasies laat opstaan. Mense laat opstaan te midde van die grootste krisis. Die vermoë om daar, waar jou wêreld letterlik inmekaar tuimel, tog die vermoë te hê om op iets anders te fokus. Om selfs op iets lekkers te fokus. Iets lekkers te doen.
En nee, dit is nie verkeerd of sonde of onsensitief om dit te doen nie. Dit is hoopvol.
Ek het al soveel keer sulke tipe stories gehoor. Daardie een persoon wat begin sing in die loopgraaf waar almal beangs sit … en nog een begin saamsing … en nog een … Dit verander nie die krisis nie. Dit maak dit nie minder angsvol nie, maar daardie tikkie hoop wat iewers in iemand se hart brand en in nog een se hart aangesteek word en in nog een s’n. Dít is wat mense op die ou end laat deurdruk op plekke waar dit bykans onmoontlik en onmenslik was.
Ons moet altyd vashou aan die klein vlammetjie van hoop wat daar nog in ons brand en juis in sulke tye mag ons nie toelaat dat ander ons vlammetjie dooddruk nie. Dis dán wanneer daardie klein vlammetjie dalk net genoeg is om die hoopvlammetjie by ander wat nie so gelukkig is om dit te hê nie, aan te steek.
Dankie Chess vir hierdie wonderlike bloginskrywing van jou.
Toortsie
Ek sien hierdie prentjie op facebook:

Ook waar : waar daar lewe is is daar hoop.
LikeLiked by 1 person
Regtig so.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die deel, Toortsie.
Dit is my wens dat die Here my klein vlammetjie sal gebruik om hoop in die donker wêreld te bring.
Dankie dat jou liggie nog helder skyn, Toortsie.
LikeLiked by 2 people
Ja, my hoop is ook dit. Liggie kan maar flou wees, hy moet net skyn. Dis eintlik Chess wat die hoop gebring het. 😁
LikeLike
Dankie vir die deel!
LikeLiked by 1 person
Dankie aan Chess 😁
LikeLike
Dis ‘n mooi storie Toortsie. En dis waar, een positiewe gesindheid kan lig bring in ‘n kring van negatiewes. Ek hou van jou blommetjie prentjie hier aan die einde van jou post … dit maak my sommer gelukkig!
LikeLiked by 1 person
Alles geleen 😁
LikeLiked by 1 person
Wat ń lieflike foto, Toortsie, en dankie vir die deel hiervan.
LikeLiked by 1 person
Dankie Chesaalee 😁
LikeLike
Jy blaas sommer vanmiddag my hoopvlammetjie ook bietjie aan, Toortsie. Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly, maar Nikita het dit begin. 😁
LikeLiked by 1 person
Gelukkig kon jy dan die vlammetjie vir my aangee!
LikeLiked by 1 person
Jaaaa. Chess het begin en ek gee hom aan. Nou is dit jou beurt.
LikeLiked by 1 person
Dankie aan Chess en ook aan jou vir hierdie foto en die herinnering van hoe belangrik hoop is vir ons almal.
LikeLiked by 1 person
Die dogtertjue se gesiggie is so ‘n les en die oom of pappa saam met haar.
LikeLiked by 1 person
Daar bring jy my nou op die spoor van nog ‘n blog – dankie, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie wag nie.
LikeLiked by 1 person
Giggel – nee, ek bedoel ek is bly om van Chesalleen te hoor, ek het haar gaan volg. My muse is morsdood…
LikeLiked by 1 person
Okay. Jammer om van jou muse te hoor. Myne is ook elders.
LikeLiked by 1 person
Dis kosbaar….hope hoop
LikeLiked by 1 person
Hope hoop onder die hope.
LikeLike
Dankie Toorts! Dankie almal en dankie aan Toorts vir die ekstra skrywe. Ek bid elke dag vir daardie arme mense. As jy twitter het, volg @strategywoman. Haar naam is Yaroslava en sy het ‘n #warcoffee wat sy doen. ‘n Lieflike vrou wat soveel omgee vir al die ander om haar in Ukraine. Sy doen ‘n dagboek ook oor die oorlog.
LikeLiked by 1 person
Dankie ek gaan haar opsoek.
LikeLiked by 1 person
So waar. Kom ons dien moeite om te lag ipv kla
LikeLike
Hierdie is kosbaar… en dit ruk mens. Ek sal daai lekkerlag gesiggie nie vergeet nie.
LikeLiked by 1 person
Dis eintlik ongelooflik dat hulle hulleself amper kon verplaas te midde van die omstandighede
LikeLiked by 1 person
Laat mens diep dink…. ai, genade en hoop.
LikeLike
Erg
LikeLike