Ek was nog te jonk toe die hippies hoogty gevier het. In die Sondagskool het hulle vir ons die tekens gewys en is dit aan ons verduidelik dat dit nie Christelike tekens is nie. Die betekenisse van die tekens was mooi, maar het na iets anders gedui as wat ons as gelowiges glo. Ek dink nie ek het ooit regtig geweet wat dit beteken nie en dalk was dit nie lelik nie, maar was ons ontmoedig om dit te dra omdat dit ‘n konneksie met die hippies getoon het?
As gelowige is ek baie versigtig vir die New Age. Vergewe my as ek dalk op tone trap, maar ek moet dit van my hart af kry. Die New Age lyk so baie soos die Christelike geloof, amper soos die 666 amper soos die 777 lyk. So naby, maar so ver. Dit is alles so mooi, hoe kan dit verkeerd wees? Om die waarheid te sê, dit is só naby aan die Christelike geloof, selfs sterk gelowiges kan soms verward raak. In hierdie artikel staan daar:
The New Age objective is to unite all religions, including an adulterated version of Christianity, in an alliance of world religions. In association with demonic doctrines such as evolution, reincarnation, metaphysics, parapsychology, astrology, pantheism and socialism, all faiths and philosophies must revert to their common luciferic origin. In this way, unity can be achieved in the world and all people’s lives be ordered according to the same principles.
Selfs Christene begin gelowiges wat glo dat Jesus die Weg, die Waarheid en die Lewe is, kritisieer. Hulle vra Hoe Christene so selfsugtig kan wees om dit te dink dat húlle die enigste weg na saligheid ken? Daar word selfs gesê dat God NET liefde is, en dat daar geen oordeel by Hom is nie. Tog, as ‘n mens die hele Bybel ernstig deurlees, sal jy oor en oor raaklees dat dit oor God gaan. Oor Jesus. Dat Hy baie liefdevol is en baie geduldig, maar dat Hy wil hê dat jy Hom alleen dien. Dat ál manier om by Hom uit te kom deur Jesus is. Dat elke persoon self die keuse moet maak: Neem ek Jesus en Hom alleen aan, of nie. Is Jesus my Saligmaker? As my Enigste Here? En as ek Hom nie kies as my Saligmaker en ‘n pad met Hom loop en ‘n verhouding met Hom bou nie, daar beslis ‘n punt van oordeel sal kom. En daardie punt van oordeel gaan ‘n erg ongemaklike storie wees en sal ons op daardie punt nie ons plan kan verander nie.

Hierdie pragtige boompie sien ‘n mens deesdae oral, veral in juwele. Te mooi. Vir Christene beteken die boom van die lewe dat ons geënt word met God se boom, om by Hom te wees en krag by Hom te kry. Bogenoemde prentjie is ongelukkig nie dit nie. Dit stem ooreen met die Buddhistiese boom van die lewe wat dui op ons persoonlike ontwikkeling, uniekheid en individualisme. Ook mooi, maar geanker in die self, die menswees eerder as in God.
Wil ons regtig ‘n Buddhistiese of New Age of watter teken dra en uitdra as ons in Christus Jesus glo?
Toortsie
Ja, jammer genoeg i Het Geloof reeds lang niet meer wat het geweest is.
Daarom heb ik onlangs bij Pasen nog dit bericht op mijn blog geplaatst.
Groetjes uit Vlaanderen
Theo
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Hieroor gesels ek graag saam, Toortsie. Die uittreksel sê alles… en Christene moet wakker word… Satan verskuil homself in hierdie kastige “julle-is-liefdeloos beskuldiging” en mense val daarvoor. Daar IS net EEN weg tot redding, en dis deur die Verlosser Jesus Christus. En uit LIEFDE en kommer en omgee vir ander wat verlore kan gaan, is dit wat ons moet uitdra. Dankie hiervoor, ek sê AMEN.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie Elsabe
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam Elsabe!
LikeLiked by 1 person
Die new age kulte as mens so kan se het hoogty gevier toe ek by hoerskool skool gehou het. Die jong mense was oop vir alles wat anders was. Selfde met hippies. Ons het aanmekaar probeer om die gevaar uit te wys varal omdat ons toe nog godsdiensonderrig gehad het en geopen en afgesluit het met gebed elke dag. Die boom deel is vir my nuut seker omdat ek nie meer te doen kry met sulke dinge nie.
LikeLiked by 1 person
New Age glip regtig nou oral in sonder dat ons selfs bewus is daarvan.
LikeLike
Ek sien dit ook. Kom ook agter dat mense nie regtig besef waaroor dit gaan nie. Onthou nog goed ACDC musiek. After Christ Devel Comes is waarvoor ACDC staan. Al hierdie afkortings het betekenisse wat skrik vir niks.
LikeLiked by 1 person
En dit is NIE onskuldig nie.
LikeLike
Gladnie. Ek het selfs die tyd wat ek in biblioteek in Potties gewerk het elemente gesien veral on dir tieners wat my hare laat rys het. Die swart gewade en swart ingekleurde gesigte en dan nog hoog op een of ander pil ook. Hul is gevaarlik om te konfronteer want hul raak nogal aggressief.
LikeLiked by 1 person
Dis so waar Toortsie, ons word mislei met mooi woorde en mooi beelde … kom die wolf dan nie juis in skaapklere te voorskyn nie?
Nou gaan ek dalk op tone trap – ek dink baie van ons ken die prent “Die bree en die smal weg” … dit het in my ouma se voorhuis gehang en as kind het ek baie daarna sit en kyk en besluit dat ek veel eerder op die smal weg wil loop. Maar namate ek ouer geword het (en ook bietjie meer wys geword het van okkultiese beelde), het ek besef dat hierdie prent ‘n mengsel van die waarheid en die leuen is. Ek dink nie al die prente is presies dieselfde nie, maar baie soortgelyk. Die “all seeing eye” is beslis ‘n gevaarlig vir my en dit was daar in ouma se prent (ek dink dis later in die meer moderner weergawes van die prent verwyder) … my vraag is, as jy nie weet nie, is dit verkeerd?
Tog, in die Woord van die Here (1 Petrus 5) word ons gewaarsku om wakker te wees en nie te sluimer nie.
LikeLiked by 2 people
Jip. As jy nie weet nie … daarom is Jesus se opdrag so hard en duidelik aan ons, Sy volgelinge. Gaan na al die nasies en leer hulle. ❤️
LikeLiked by 1 person
Die “revert to their common luciferic origin” verduidelik juis dat die oorsprong van satan af kom. Lucifer is sy ander naam. Dis nie ‘n oulike storie uit ‘n kinder boek dat satan in vyandskap teen God gaan staan het nie, dit is die waarheid. Hy is steeds ‘n vyand en sal enige iets gebruik, selfs die waarheid en dit teen God se kinders gebruik om hulle van die volle waarheid af te kry. Net soos God ‘n plan het vir elkeen se lewe (Joh 10v10 se lewe en oorvloed) het die vyand ook ‘n plan vir elkeen se lewe. En dit is om hulle uit God se plan vir hulle lewe te kry. Die vyand kan nie nuwe planne uitdink nie, hy gebruik steeds dieselfde storie as met Adam en Eva…. saai twyfel.
LikeLiked by 1 person
Absoluut. En hy sal alles doen om God se kinders te verwar. Die geluk is? God het reeds oorwin. Maar ons as mense moet maar ons harte dophou en dit waarmee ons besig is.
LikeLike
Yes, ons is medewerkers van Christus. Hy het Sy deel klaar gedoen, nou moet ons ons deel doen
LikeLike
Amen ❤️
LikeLike
God is my redder. Niks kan tussen ons kom nie. Geen aardse teken sal n houvas op my hê nie. Ek kan die yingyang trken waardeer vir die grafiese perfeksie; die boom vir dieselfde rede. Onthou julle die vissie en die arme skoenlapper wat ook so misbruik was? En die kersboom wat eers n aardse gebruik was? Deesdae word vreeslik baie gemaak van paaseiers, die simboliek van hot cross buns. Die mens soek tekens om aan vas te hou. Maar ek voel geskei van die houvas daarvan. Ek glo bloot eenvoudig in God. Punt
LikeLiked by 1 person
O ek hou van wat jy hier skryf.
Die bedoeling van my skrywe is om vir ons te waarsku daarteen dat ons dalk saggies en onbewustelik verlei raak. Die ding is dat die New Age ‘mindset’, die redenasies, ongemerk in ons gedagtes en harte insluip.
Ek weet en is so dankbaar dat jy stewig in Hom geanker is. ❤️
LikeLike
En dit kan insluip by mense wat juis weerloos is
LikeLiked by 1 person
En dis waarom ek waarsku ❤️
LikeLike
Die probleem is dat daar so baie tekens is. ‘n Appel mer n hap in is vrye seks, n pienk strikkie is kankerbewustheid ens. Min mense ken die betekenis van alles. So ek glo dat jy duidelike afgode soos bv “n budha beeldjie moet vermy, maar dat jy baie ander tekens net kan ignoreer en nie sien as tekens nie( waarom wil mense ook nou tekens vir alles hê?). ‘n Appel is n appel, en hy is vir my mooi, met n hap in of nie
LikeLiked by 2 people
Ons moenie paranoïes raak nie, né
LikeLike
Ja, dis hoe ek ook voel. Maar vermy dit waaroor jy onseker voel.
LikeLiked by 2 people
Ja wat, as iets vir jou mooi is, is dit mooi en jy koop dit mos omdat dit vir jou mooi is. Maar as ek weet ‘n sekere iets het ‘n spesifieke betekenis en dit dra ‘n boodskap uit waarmee ek nie saamstem nie, wil ek dit nie meer dra nie.
LikeLike
Daarmee stem ek saam bv die peace teken
LikeLiked by 1 person
Dankie hiervoor. Dit laat mens dink en besef hoe maklik mense iets kan aanneem sonder om die werklikheid daaragter te sien.
LikeLiked by 1 person
Jy is welkom.
LikeLike