Pre-diabetes

Iemand vra hierdie vraag op Twitter: 

Serious question:- Can someone please explain ‘pre-diabetes’ to me? My view is someone either has diabetes or doesn’t … am I missing something?

Ek het ‘n ding oor diabetes en hoe meer ek daaroor lees, hoe ernstiger voel ek daaroor. Diabetes is ‘n baie groter en gevaarliker siekte as wat ons ooit kan besef. En diabetes KAN GEKEER WORD. Deur wat ons EET. 

Soos wat ek al hoe meer hieroor oplees en nog lesings en kursusse by Nutrition Network doen, hoe meer rys die hare op my lyf. Want ek was uiters siek en ek het dit nie besef nie! As ek kyk wat die mense geantwoord het op bogenoemde vraag, was ek nie pre-diabetes met .1 van amptelik diabetes af nie. Ek het reeds diabetes gehad! En ek het my skouers opgetrek. Ag, ek het net ‘n bietjie minder suiker in my koffie gedrink. 

In ‘n onlangse studie is bevind dat DIABETES die hoofooraak van hartaanvalle is met Metaboliese Sindroom kort op sy hake. Insulienweerstandigheid. Hoë bloeddruk. Vetsugtigheid. Rook. Die ergste van alles is dat die dokter vir my gesê het dat ek Metaboliese Sindroom het. Dat ek pre-diabetes is. EN EK DIT NIE GEKLIEK HET NIE! Al rede hoekom ek die keto (Banting)-leefstyl begin doen het was omdat ek my hande in die hare gehad het oomdat ek by die dag vetter en vetter word. Ek was op ‘n trein sonder brieke op pad na ‘n HARTAANVAL en ek het dit nie geweet nie!

Dr Neville Wellington beklemtoon in Nutrition Network se kursus: Doctor’s Desk: An Introduction to Type 2 Diabetes dat SUIKER die hoofoorsaak van diabetes is. Dat as jy 32-36 kg suiker per jaar vir 20 jaar inneem, jy ‘n uiters groot kans het om diabetes te ontwikkel. Dit kom neer op 21 teelepels (of 100g) per dag! En onthou, dit is nie net ‘sigbare suiker’ nie – dit is ALLE STYSEL EN SUIKER WAT JY INNEEM. Sigbaar en versteek. Alles. 

Hy noem ook dat diabetes skielik in toetse begin wys. Asof die liggaam vir baie lank alles in sy vermoë doen om die glukose in die liggaam te beheer en dan skielik net opgee.

Diabetes is ‘n verskriklike siekte wat by ‘n mens steel. Mense verloor hulle ledemate as gevolg daarvan. Ag, daar is baie nagevolge. En dit kan in die meeste van gevalle verhoed word deur dit wat jy eet. 

Dink daaroor.

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.

Toortsie

15 thoughts on “Pre-diabetes

  1. Nou praat jy die waarheid! Diabetis is ‘n vreeslike siekte en ek of my dr het die gevaartekens raakgesien nie, totdat natuurlik te laat was. Ek is met medikasie en reg eet darem op die stadium waar die suiker heeltemal onder beheer is en dat ek in die proses sommer baie van die gewig afgegooi het! Ek voel regtig dat ‘n mens heeltemal te min ingelig is oor die gevare van hierdie siekte en wat dit aan mens kan doen!

    Liked by 1 person

  2. Ek het onlangs ‘n paar bloedtoetse gehad, ‘roetine’ toetse wat ek hier *moes* doen. Die praktyk verpleegster het dit so mooi aan my verduidelik en alle familie-geskiedenis (aan my ma / pa se kant) is in die rekenaar gevoer en dan is ‘n ‘voorspelling’ gemaak wat die risk-faktor is vir sekere siektes in die volgende 10 jaar. Dit is o.a. diabeties en hartaanval. Gelukkig was als normaal vir my maar interessant om te weet wat mens moet vermy ens. My man en ek het baie onlangs sommer net youtube videos gekyk van ene dr Berg (Amerikaner) waar hy oor Keto praat. Ons het toe besluit, kyk, dalk moet ons so bietjie meer gesonder begin eet en ons volg nou nie ‘n streng Keto dieet nie, maar net waar ons kan. Koekies, soetgoed en allerlei soortgelyke dinge is totaal gesny en selfs my daaglikse piesang (wat ek met jogurt vir middagete by die skool ge-eet het). Die is nou vervang met fetakaas en 0% vet Griekse jogurt. Ek het binne 6 weke byna 4kg verloor. Ons het ‘n doel vir onsself gestel en gaan aanhou tot ons die gewig bereik het en probeer voortgaan met die gesond-eet. Ek mis nie meer die koekies en beskuit nie! Ons voel beide sommer goed ook. (O ja, ek het ‘n paar dae vakansie oor – die dat ek weer kon kom inloer het. Jammer dat ek so ‘skaars’ is – die skooldinge hou mense gedurig net (te) besig). Groete en ek hoop jou Paastyd was ‘n aangename tyd!

    Liked by 1 person

    1. Dis altyd lekker om van jou te hoor en veral dat julle bloeduitslae sover nig normaal is. Ek sou die 0% vet joghurt vervang met dubbelroomjoghurt om jou langer versadig te hou. 😁 Geluk! Julle het al ver gevorder!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Aletta - nowathome Kanselleer antwoord