Die Here is weer vandag so goed vir my.

Jajaaa, Hy is elke dag goed vir my. Baie meer as wat ek kan droom of dink. Baie keer wat ek nie eers bewus is daarvan nie doen Hy goeie goed, haal Hy klippe uit my pad. Uit jou pad ook!

Maar vandag is dit so sigbaar. Duidelik. Is Hy met mening besig met my.

Vandag moes ek die sanggroep in die kerk op die klavier lei. Ek vra vooraf mooi dat Hy my sal help, ek doen dit regtig vir Hom. Skielik word ek in die diep kant ingegooi – ‘n lied moet vinnig getransponeer word. In my jongdae het ek dit toe-oë gedoen. Nou nie meer so maklik nie. Ek hou van die sekerheid van note voor my en skryf elke lied se melodielyn uit vir as die pawpaw die fan slaan.

Ek werk die nuwe drukke uit, maar voel steeds effens onseker. Die oë gaan met daardie lied baie op ons gefokus wees.

Snaaks, vannag 2 uur hét ek wakker geword met ‘n gevoel dat ek bietjie gedruk word waar ek nie heeltemal so gemaklik voel nie. Ek praat toe in die nagtelike ure met Hom en vra vir Sy leiding. En vanoggend vra ek terwyl ek ietwat bang daar sit: Here, sal U in my hande inklim, asb?

Hy het.

En vanmiddag het Hy gekeer dat die stuk hout wat uit die vuur val, nie ‘n brand veroorsaak nie.

En daar is nóg om te noem, maar kry jy die boodskap? God is betrokke by ons alledaagse dingetjies.

Toortsie

14 thoughts on “Die Here is weer vandag so goed vir my.

  1. …vra dat Hy in my hande inklim….ongelooflik. Ek sien die prentjie…en dit laat my huil. Ons moet Hom meer vra om in daardie plek in te klim waar dit nodig is….dankie Toorts.

    Like

    1. Woordnoot, dit was die tweede keer dat ek presies dit van Hom vra en dit is ongelooflik. Dit lat jou hare letterlik rys. Die vorige keer was dit so vreemd – Dit was letterlik of ek op die klavierstoeltjie sit en kyk (aanskou) hoe die dinge met my hande en die klavier gebeur en of ek net die toeskouer was in verwondering. Dit is fantasties. Ons kry dit net nie altyd reg om so oor te gee nie, ne.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s