Die tannie vertel hoe wonderlik God is. Sy vertel sommer dat haar eie kleinkinders ook hoor. Dat God op baie maniere met ons praat, maar veral ook deur die Bybel. Dat hulle mos saam met Lego’s ‘n boekie kry wat wys hoe hulle dit moet bou. En dat daar ‘n eienaarshandleiding saam met oupa se kar ook kom vir as daar fout kom.
Nou, God het die mens gemaak en die Bybel is die boek wat Hy saamgegee het sodat ons altyd kan weet wat die regte ding is om te doen. Die eienaarshandleiding. Dat Hy vir ons antwoorde op al ons vrae gee in die Bybel.
Ouma lees uit dieBybel@kinders. Ouma besef nou weer wat ‘n wonderlike weergawe van die Bybel dit is. So verstaanbaar en lekker om te lees. En die kleingoed onthou wat ouma al die hele week gelees het! En blaai sommer self ook daardeur.
Toortsie

Ek wens ek het nog my Kinderbybels gehad. Ek sou dit sommer gelees het vandag. Ek kan nou nog die prente oproep daarin.
LikeLiked by 1 person
Ek het nog die een wat my kinders gehad het. Bybel@kinders is regtig ‘n uitstekende koop vir laerskoolkinders.
LikeLiked by 1 person