Hierdie idee het ek by ‘n vriendin gekry, toegepas en dink dat dit ‘n vervolgverhaal gaan word.
Kleingoed kuier by oupa en ouma. Ouma moet plannetjies maak om kleingoed besig te hou. Toe gaan haal ouma ‘n kleine skatkis en skryf ‘n klompie briefies daarin. Nommer die briefies van een af aan.
Die kinders maak beurte om die briefies te lees. Eers gaan soek ons die oupa- en ouma grootjie. Ons volg die instruksies presies. Ry tot by … (dan soek ons die punt) . Draai regs. Ry tot by ‘n vulstasie op regs. Draai links. Stop langs die pad. Koop blomme.
So gaan soek ons in die begraafplaas die oupa en ouma se graf en sit blomme neer. Ons volg die instruksies tot by die veearts, die koöperasie. By die silo’s is die oom so oulik en gaan wys vir ons waar die graan afgelaai word, die kontrolekamer, vertel dat hier 100 silo-buise is, wys die lang silosakke vol graan. Daarná neem die instruksies op die briefies ons na ‘n skrynwerker. By Kapula kerse sien ons die mooiste kerse en koppies wat dieselfde patrone ophet. Die ‘hear no evil, see no evil, speak no evil’ uile is beslis ‘n hoogtepunt. En die goudvisse in die dam ‘n bonus waarop ouma nie gereken het nie. Die volgende briefie neem ons tot by ‘n restaurant met ‘n speelplek, net betyds vir middagete. Daarná lei die instruksies ons tot by die plek waar ons al ons herwinningsvulles moet afgee. Daarná verby die brandweerstasie met nóg ‘n lekker instruksie: soek die helikopter!
Toortsie
Ongelukkig haal die tyd ons in terwyl daar nog ‘n hele klomp briefies in die skatkis is. Die lekker daarvan? Volgende keer kan ons voortgaan en sommer nog baie skatte soek en wie weet, dalk het daar dan sommer nog ‘n klomp nuwe briefies ingekom. Ons moet net onthou waar ons laas gestop het, anders gaan ons verdwaal! (Dit was by die polisie op links.)
‘n Ouma met inisiatief
LikeLiked by 1 person
Oeeee die ouma dink sy moet een keer ‘n skat in die raamplek kom soek! 😁
LikeLike
Hierdie is ‘n wonderlike idee!
LikeLike
Toe my vriendin destyds vertel het dat sy dit met haar kleinkinders gedoen het, het ek ook gedink dit is fantasties. Sy het van vriendin tot vriendin gery en by elkeen het iets gebeur.
Gisteraand vra hulle my of ons nie dit op die plaas ook kan doen nie. My kop werk nou oortyd, want daar kan ons dit met ons fietse doen. Ek ken net nie die plaas so goed nie en hulle is mos nou by my so dit gaan ‘n bietjie ingewikkeld wees om dit uit te werk.
LikeLiked by 1 person
Dis briljant, nou leer hul sommer om oe en ore oop te hou. Paaie te volg en wat ook al op briefies staan. Sal beslis dit onthou. Dan kan ek en Bea die vakansie ons nuwe blyplek se omgewing bekyk en besoek.
LikeLike
Ja! Dis ‘n lekker manier vir julle om julle omgewing te verken. 🙂
Dis snaaks hoe ‘n mens se brein werk. Daar is nou soveel plekke waaraan ek dink wat nog kan bykom. Ouma sal beslis nog ‘n hele klompie briefies moet skryf.
LikeLike
Die ding met die aanvul maak dat kinders uitsien om uit te gaan saam met jou. Waar ons gaan bly is daar ‘n ou kaasfabriek. Gebou is verwaarloos maar steeds daar. Ook nog ‘n ou saagmeule en dan is daar n ou gebou waar mense nog steeds werk(gaan net gou my seun vra wat hul daar doen) Is ‘n ou army barak wat nou vir houtstoor gebruik word en daars ‘n argief waar goed bewaar word. Ou masjienerie plek. Sommer baie om te kyk.
LikeLiked by 1 person
Dit klink so lekker. Sulke ou dorpies is altyd oulik.
LikeLike
Laat my aan die ou cowboy films dink met die verskillende dinge op die plase wat gedoen word met dit wat hul besit.
LikeLiked by 1 person
Ja net so. Ek het in Oos Australië ook van hulle gesien.
LikeLike
Hier is oral sulke verroeste vervalle plakke.
LikeLike
Die plekke waarvan ek praat het hulle dan weer afgestof en toeriste attraksie gemaak.
LikeLike
Nee wat hier is hul nog nie sover om dit te verander nie.
LikeLiked by 1 person
O dis lekker. Dan kan elke dag se kuier so 2 briefies hê vir die dorp en n paar vir in en om die huis . Lekker
LikeLiked by 1 person
Jy gee my planne! 😁
LikeLike
Wat ‘n oulike idee. Ek is seker daaroor dat jou kleinkinders mal is oor jou en vir nog jare oor die heerlike avontuur gaan praat.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop so! 😁
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n heerlike speletjie Toortsie! Ek het sommer lus en doen dit met ons vriende wat van ver hier kom kuier … dit kan net ‘n plesierigheid afgee!
Een van die dae, trek jou kleinkinders permanent by ouma en oupa in 😁.
LikeLike
Ons is ‘n groep vriende wat soms mystery trips gedoen het. So 3 dae. Kar vol brandstof. Net 1 persoon weet waarheen ons gaan. Heerlik.
LikeLiked by 1 person
Daai kar vol brandstof kan nogal deesdae ‘n duur storie wees! Maar ek’s seker dis ‘n lekker besigheid 😁.
LikeLiked by 1 person
Jaaaa deesdae is dit rof.
LikeLiked by 1 person
Sjoe jy is ‘n oulike ouma. Ons 1ste avontuur gaan wees om nuwe inkleurboeke te gaan koop, die honde het ons s’n opgeëet
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek probeer enige ding. Ek weet jy is ook oulik.
LikeLiked by 1 person