Elke jaar tydens die lydenstyd vas ek alle drinkgoed, behalwe natuurlik water. Geen koeldrank. Geen wyn. Geen tee of koffie. Net water. Ek doen dit in herinnering aan my Here wat so swaargekry het en ek moet sê, die bietjie ongerief wat ek verduur hiermee is nie ‘n druppel in die emmer van wat Hy moes verduur nie. Eintlik raak dit tyd dat ek my vas ‘n bietjie moet aanpas, want ‘n mens raak gewoond aan iets en dit raak makliker.
Ek let altyd met meer gespitste ore op as God Homself begin herhaal. Dan weet ek dat daar vir my ‘n boodskap in is en ek moet hoor wat Hy sê. Spesifiek hoor.
Die laaste tyd is wat ek hoor: Jesus. As my man vir ons saans uit die Bybel en dagstukkieboek lees, lê die klem aand vir aand op Jesus. Op wie Hy is. Dat Hy die hoof van die kerk, wat Sy liggaam is, is. Dat Hy die begin en die einde is. Die Een wat uit die dood opgestaan het. Wat die dood oorwin het. As ek voorberei vir die Dienssentrum bybelstudiegroep uit Kolossense, hoor ek net Jesus, Jesus, Jesus. Dat Hy is wie Hy is. Dat Christus ons hoop op die heerlikheid is. Dat ons met Hom versoen is en dat Hy ons, deur Sy dood, heilig en sonder foute en onberispelik voor God kan stel … mits ons in die geloof bly, stewig gevestig en standvastig en nie sal wegbeweeg van die hoop wat die Evangelie bring nie (Kol 1:23). Werk ek deur Openbaring, is die refrein maar weer daar … Jesus, Jesus, Jesus. Hy is die Een wat waardig is om die boekrol oop te maak. Ons moet dit nooit vergeet nie. Ons moenie lou raak nie. Afdwaal nie.
Terwyl ek die water so drink voel ek hoe my liggaam gereinig word van al daardie gifstowwe wat ek tog maar inneem. Ek drink wel gewoonlik die dieetkola wat 100% gif is en noudat ek net water drink, kan ek die verskil duidelik voel.
Strome lewende water sal deur jou binneste vloei … en jou reinig van alle ongeregtigheid …
Toortsie
Dis ‘n baie mooi gebruik wat jy het Toortsie. En dit is so … water maak skoon, ook die onsuiwerhede in ons liggame. Jesus – Amen, laat ons nie fokus verloor nie.
LikeLiked by 2 people
❤️
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek weet nie of jy hd boek al gelees het nie: Just give me Jesus, geskryf deur Anne Graham Lotz (Thomas Nelson Publisher).
“So who is Jesus? What is there that makes Him so compelling that .. a Yugoslavian nun would give her life to comfort the dying in Calcutta for His sake? .. some of the world’s most beautiful art was created to honor Him? .. some of the world’s most glorious music was written to praise Him? .. Aleksandr Solzhenitsyn, rotting in a Siberian work camp said the very thought of Him was enough to keep his sanity?.. ”
Bybelstudie meestal vanuit die Evangelie van Johannes. Die skryfster (dogter van Billy Graham) is baie prakties en eerlik oor haar persoonlike worstelinge en beskryf hoe Here Jesus haar gehelp het deur alles wat sy beleef het.
Dis een van daardie boeke wat maklik lees en mens wil dit nie neersit nie. Ek het nog net ‘n deel gelees en dis reeds so ‘n groot seën vir my.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie. Ek sal uitkyk vir daai boek.
LikeLike
Hy is die begin en die einde! Sonder Hom is ons verlore!
LikeLike
Amen
LikeLike
💕
LikeLike
Liefde en groete
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Amen!
LikeLike
Mooi skryf jy die🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Dankie vir die deel.
Ek gaan vir seker jou voorbeeld begin volg.
Ek dink vas en reiniging is ongelooflik belangrik vir elke gelowige.
LikeLiked by 1 person
Vas is baie bevrydend.
LikeLike