As kind het ek klavier geneem. My musiekjuffrou, tannie Elza, was die orrelis in ons kerk. In my gedagtes was die kerkorrel die toppunt van instrumente. Om kerkorrel te kan speel … joe … was ‘n hartewens …
In 1992 het ek vir amper ‘n jaar lank kerkorrel geneem. Ook by ‘n Elsa, maar nie dieselfde tannie Elsa nie. Dit was fantasties. Ek moes baie struikelblokke oorkom om dit moontlik te maak, want ek het op die plaas gebly. Wanneer ek dan een keer per week op die dorp gekom het, kon ek op die orrel oefen. En elke tweede week les neem. Verder moes ek op die klavier ‘orrel’ oefen.
Toe verwag ek ‘n baba … en die orrellesse het gestop. En ek het nooit weer aan ‘n kerkorrel geraak nie.
Maar sulke groot begeertes mag dalk diep weggebêre raak, maar iewers begin dit weer kriewel.
Vandag het ek vir die eerste keer ná amper dertig jaar in ons kerk voor die orrel gaan sit. Gesukkel om dit aan te kry en die orrellis gebel wat beduie het. En sowaar onthou! En begin speel. Vir meer as ‘n uur.
Ja, dit het maar stadig gegaan, maar my hande én voete het die pad onthou!
Dit was hemels! Wonderlik! Fantasties! Hoe beskryf ‘n mens dit aan iemand? Sjoe! Vervullend. Ongelooflik.
Toortsie
So bly jy het dit geniet. Ek hou self van orrel- maar die volle volume en grootsheid, nie die sagte waterige nootjies nie. Bach se prelude en fuga! Self het ek egter nooit behoefte gehad om orrel te speel nie en die paar keer wat ek probeer het was n disaster! Geniet dit! Ek sal nog kom luister
LikeLiked by 1 person
Nog laaaank voor dit luisterbaar sal wees. Ek hou ook van hom in al sy glorie.
LikeLiked by 1 person
Ja, die klanke wat uit ‘n orrel kom, is besonders. Ons koshuis kinders het tydens kerk dienste, op die gallery gesit … naby die orrel en ek kon my altyd verkyk aan die orreliste wat met soveel oorgawe gespeel het. Ek is bly jy het jou sessie vandag voor die orrel geniet 💌.
LikeLiked by 1 person
Ps 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
Prys die Here! Geniet jou orrelspeel, Toortsie. Wat ‘n voorreg. Dit hoef nie perfek te wees nie, net vreugdevol. Die engele sing saam. Ekself het geen musiektalent nie, daarom is ek so bly oor mense soos jy wat dit doen.
LikeLiked by 1 person
Ek dink die engele gaan tans nog bietjie sukkel en hak en hik as hulle probeer saamsing. 😝 Maar hulle por my aan, want ek wil graag eendag in die hemel orrel speel en hulle besef daar is nog groot verbetering nodig! 😁🎈
LikeLike
‘n Oom wat baie lief was vir my en my man het my eendag gebel en hierdie versie gegee. Ps 37:4. Ek was op pad vir ‘n baie groot operasie. Hy het gehuil toe hy dit vir my gee. Die verdie is vir my vaie kosbaar. Dankie hiervoor! 😁
LikeLike
Sjoe, ek haal my hoed vir jou af, Toortsie! Om ‘n orrel te kan bespeel is nie grappies nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Tans probeer ek maar net nog. Hopelik weer eendag! 😁🎈
LikeLike
Ek dink nie daardie gevoel is iets wat mens vir enige iemand kan beskryf nie. Dis so ‘n intieme ondervinding.
LikeLike
Absoluut!
LikeLike
Ai, ek wens ek was daar om jou te kon hoor, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Noggie noual nie. Dis nog bult op! 😝
LikeLike
O wow. Dit moes ‘n belewenis gewees het.Nostalgie. Bly jy het dit gedoen
LikeLiked by 1 person
Dis so lekker! Ek oefen nou sommer elke dag hierdie week terwyl ek die geleentheid het.
LikeLike