Mediteer

Daar was gister op RSG ‘n program oor meditasie, iets wat ek nie regtig ken nie. Google sê: ‘Meditation is considered a type of mind-body complementary medicine. Meditation can produce a deep state of relaxation and a tranquil mind. During meditation, you focus your attention and eliminate the stream of jumbled thoughts that may be crowding your mind and causing stress.’

In ‘n wêreld waar ons nooit meer afskakel nie, waar elke sekond tel, waar ons breine oorlaai is, beveel hulle meditasie aan. Terwyl die program aan die gang is en die persoon baie interessant en sinvol praat daaroor … neig my gedagtes keer op keer in dieselfde rigting … en dit is my gedagtes uit my ervaringswêreld uit my geloofswêreld.

In ‘n besige tyd waar mense nie meer tyd het vir stilword nie … waar mense nie meer tyd het om by God uit te kom nie … nie meer tyd het om hulle Bybels oop te maak nie … nie meer met hulle Skepper praat nie … nie meer met Hom beraadslaag nie …

… wil ek uitskree … gebruik daardie vyf minute, 10 minute, uur en raak stil by jou God. Ja, dit is goed om soms na jou eie gedagtes te kyk. Dit is goed om in jouself ook stil te word. Maar oeee …

Soos wat daardie man gesels het oor wat alles in jou liggaam gebeur as jy mediteer, het ek net meer en meer besef … BAIE MEER NOG AS WAT HY NOEM GEBEUR WANNEER EK STILRAAK BY GOD. Baie meer! Die wêreld kan HOE besig rondom my wees, ek kan so gejaagd wees dat ek nie twee treë vorentoe kan storm sonder om te struikel nie en dan haal ek my gebedsjoernaal uit, ek gaan sit rustig, maak my oë toe, begin skryf in my gebedsjoernaal, ‘n hele A4 bladsy vol, praat met my God, vertel Hom wat in my lewe aangaan, vra Sy raad en hulp, vertel Hom my vreugdes, bid vir dit wat my bekommer, dank Hom vir dit wat wonderlik is. Dan bid ek vir almal dit wat God op my hart lê. Teen daardie tyd is ek al so rustig, kalm, gefokus op Hom. Maak my Bybel oop, begin lees daar waar my merk ookal is … hoor wat Hy vir my uit Sy Woord wil sê … reageer daarop … smeek, dank, prys Hom, watter gedagtes ookal in my hart opkom. En staan verfris daar op met nuwe moed, nuwe krag, nuwe blydskap om die wêreld in die oë te kyk.

Ek sou nooit deur hierdie spitsverkeermaande sou kom as Hy nie my Navigator was nie. Want Hy ken my pad.

Nee wat, ek gaan nie by meditasie uitkom nie. Ek gaan eerder die tyd gebruik en by my God stil raak. Dis ‘n baie veiliger plek!

Ons moet versigtig wees om ons nie te laat mislei nie … ek sê maar net.

Toortsie

13 thoughts on “Mediteer

  1. Ek vind dit ook moeilik om regtig te mediteer. Ek staan liewer vroeg op om ‘n half uur of selfs ‘n huur alleen met my gedagtes te wees. Dit is die tyd om oor my familie te dink, om te besef hoe dankbaar ek is vir die kleinste dinge, ek skryf in my joernaal, less blogs and kan meskien ook saggies musiek lauister. As ek van hierdie goed kan doen dan begin my dag op ‘n sterk noot.

    Liked by 2 people

  2. Amen Toortsie! Ons was so paar weke terug in die Sederberge en het daar op Boesman tekeninge afgekom. Die beskrywing van die slim mense was dat hulle dink Boesmans het hierdie tekeninge gedoen agv van meditasie. Hulle sou blykbaar begin mediteer en dan basies uit hulle liggame beweeg … daarna sou hulle dan hierdie tekeninge op die rotse doen terwyl hulle nog in die meditasie-sfeer is (of wat mens dit dan nou ookal noem).
    Ek wonder of dit nie eintlik heeltemal eenvoudiger is nie … dalk het hulle die olifante daar in die verte gesien terwyl hulle met hulle pyl en boog gejag het en toe net die olifant teen die rots geverf (dalk … dalk nie)?
    Maar ek neem ook veel eerder my Bybel of joernaal en praat met God in my eie stilte tyd … dit maak my rustig en dit werk vir my.

    Liked by 2 people

  3. Ek dink tog sommige mense kom wonderlik by God uit deur meditasie. Ek weet die woord word dikwels aan ander vorme van godsdiens gekoppel, deur ons as mense. Tog ken ek heelwat persone wat die diepste en mooiste verhouding met Vader het, en hulle mediteer.

    Liked by 2 people

  4. Soos alle dinge maak mense met meditasie wat hulle pas. Ek dink dit doen geen mens skade om daai stil tyd met jouself te hê nie. Mooiste ding wat ek oor meditasie gelees het is “prayer is when you talk to God. Meditation is when God talks to you.” Daar is so baie maniere wat almal hier genoem het wat meditasie maniere is. Joyce Mayer haarself praat baie daaroor hoe die Woord eintlik vir ons sê om te mediteer. Die definisie is eintlik so pragtig “Meditation Definition is a practice of concentrated focus upon a sound, object, visualization, the breath, movement, or attention itself in order to increase awareness of the present moment, reduce stress, promote relaxation, and enhance personal and spiritual growth”. Glo ek aan al die maniere en geite wat bykom om mense guru’s ens te maak, nee, maar hulle pla my ook nie. Ek is net bly meer mense word “wakker” en probeer wel klein bietjie tyd afsluit van ‘n tegnologiese en anti- menslike wêreld, die skade daarvan het nog nie behoorlik begin nie🌻

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s