‘n Italiaanse naweek

Ek was hierdie naweek by twee lieflike Italiaanse funksies wat ek vir geen geld in die wêreld sou wou mis nie. Die wonderlikste atmosfeer in ons ou tronk op Bredasdorp. ‘n Sanger met die mooiste stem. Italiaanse kos. Ja, julle weet wat dit behels …

So, ek vermoed dat my suikervlakke lelik deurmekaar is. My lyf weet nie of hy ketose of insulien moet afskei nie. Of hy ‘n suikerverbrander of vetverbrander moet wees nie. 

Nou ja, ek hét vooraf geweet dat dit ‘n Italiaanse funksie sal wees met Italiaanse kos. En ek verwag beslis nie van enige gasvrou om spesiaal vir my ander kos te maak nie. Of ter wille van my nie. 

Hoe kon ek dit dalk anders gedoen het? 

Vrydagaand was die voorgereg brood en ‘n lieflike mengelslaai. Ek was nog sterk en het die brood oorgeslaan en net die slaai geëet. 

Die hoofgereg was pasta. Wat ek geëet het. En toe is my brein gekaap en het ek die heerlike poeding wat ek nie nodig gehad het nie, ook geëet. Wat ek anders kon doen? Ek kon ongemerk ‘n bakkie met salami en kasies saamgeneem het, die pasta ongemerk eenkant toe geskuif het en my kossies daarby ingeskep het en heerlik geëet het aan my eie kossies en die pasta gelos het. Niemand sou dit eers agtergekom het nie, dit was donker en net lamplig. Dan sou my brein nie gekaap wees nie en ek glad nie lus gekry het vir die poeding nie.

Saterdagaand was ek weer by ‘n Italiaanse aand. ‘n Partytjie van ‘n baie geliefde vriendin. Alles was net te mooi. Op die tafels was loof neergesit en baie vrugte uitgepak. Steeds gekaap het ek begin smul aan die druiwe. En het nie opgehou nie. 

Die voorgereg was die lieflikste eiervrug gereg met ‘n tamatiesous. Een honderd persent Banting. Dit was hemels. En eintlik hoef ek niks meer te geëet het nie. 

Maar toe kom die spaghetti. En ek eet dit alles op. By terugskouing besef ek: Ek moes gevra het of daar nie nog van die eiervrug was nie en dit as hoofgereg geëet het. Of sommer net nie die hoofgereg geëet het nie, want die voorgereg was heeltemal vullend. 

Nagereg was tiramisu, maar ek het daar kop gehou en slegs twee happies geneem.

As ‘n mens ‘n leefstyl soos die Keto doen, mag dit soms moeilik wees om altyd daarby te hou. As jy egter sterk staan, ís daar alternatiewe, al moet jy self daarvoor sorg. Soms voel jy om nie ongesellig te wees nie en dan maak jy maar die beste daarvan, net om te besef dat jy in die week wat voorlê, ekstra skouer aan die wiel te sit om weer na jou eie normaal terug te keer. 

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Toortsie

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.

19 thoughts on “‘n Italiaanse naweek

  1. Dit is nie altyd so maklik, ne? Ek kan nog (heel) gemaklik die poeding laat verby gaan … maar gaats, as jy pasta voor my neersit, gaan ek vou! Dis dan dat ek oor en oor saggies vir myself se: “Klein happies, stadig kou” en dan hopenlik vol is, voor die bord leeg is 😄.
    Sterkte vir die skouer aan die wiel sit vir die week – dis hoe dit gewoonlik met my gaan na ‘n kamp naweek!

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s