In ons humanistiese bestel het me, myself and I die allerbelangrikste geword. Wat EK wil hê sal ek voor baklei al kos dit WAT.
Al beteken dat ek dit wat die ANDER PERSOON wil hê in die gruis in vertrap. Of dat ek teen die ander persoon se geloof gaan en dus sê dat, as die ander persoon glo wat in die Bybel staan nie ooreenkom met wat ek WIL HÊ nie, hy maar moet hoes. Is hy verkeerd.
Ek wonder soms: Gaan menseregte regtig net oor MY, MY WIL, MY BEHOEFTES? Beteken menseregte dat ander hulleself agteroor moet buig, selfs tot hulle val net om MY behoeftes te bevredig? Dat die ander persoon my behoeftes moet eerbiedig, maar ek op GEEN MANIER die ander persoon s’n hoef te eerbiedig nie?
Dit voel soms vir my asof drukgroepe werk maak daarvan om die Christelike geloof en dit wat in die Bybel staan, al hoe meer direk aan te val. Asof ons howe nie meer die mag of die reg het om dit teen te staan nie. Ja, ek is outyds, ek weet, maar ek glo nog steeds met my hele hart wat in die Bybel staan. Om die waarheid te sê, ek glo dit meer as ooit. En ja, ek maak elke liewe dag foute, maar probeer om al hoe meer te lewe soos wat God in Sy Woord vereis. Want ek het in my lewe gesien dat dit vrugte afwerp. Want Hy IS in beheer, of ons dit wil erken of nie.
As ek ‘n byvoorbeeld ‘n Christelike geleentheid wil aanbied, gaan ek nie aandring daarop om dit in ‘n plek te hou waar dit teen daardie organisasie se geloof is nie. Ek gaan eerder ‘n plek soek waar ek as Christen welkom is om my geloof uit te leef. Ek gaan nie hof toe gaan en miljoene rande eis net omdat ‘n sekere plek nie my Christelike waardes vir my Christelike geleentheid wil aanvaar nie. In ons land is hier GENOEG plekke waar ek dit steeds kan doen. Sonder om met ‘n klomp ander daaroor te baklei.
Mag ons as Christene dan nie ook dít van ander vra nie? Dat hulle ook óns geloofsoortuigings sal eerbiedig nie? Hier is in ons land genoeg sonskyn, genoeg plekkies in die son vir elkeen en genoeg plekke wat vir ons in ons spesifieke behoeftes sal akkommodeer. Ongeag wat ons behoefte ookal mag wees.
Toortsie
Ek se net AMEN Toortsie. Ek het vanaand so in die verby loop iets op die tv-nuus gehoor (wat my laat dink, ek en jy is op dieselfde bladsy) … en my eerste gedagte was, waarom kan ons nie net mekaar se sienswyse respekteer nie. Is dit dan so moeilik? Dink jy dit gaan (net) oor menseregte of is dit dalk (ook) gierigheid en vertoon?
Daar is plekke wat ook teen my beginsels is om te besoek, en gaan ek hof toe daaroor … nee, ek vermy dit net. Soos jy tereg se, daar is baie plekke onder hierdie son om in ons almal se behoeftes te voldoen 🌸.
LikeLiked by 2 people
Ja ons is op presies dieselfde bladsy 😁. Dis hartseer.
LikeLiked by 2 people
Toortsie, toe ek begin lees, toe weet ek ek en jy het ons vanaand ewe veel vir die TV-nuus vererg. ‘n Besigheid sluit sy deure eerder as om sy geloofsbeginsels prys te gee. En dit is vir die TV-joernalis reg, dit gaan oor gelyke regte. En dit is massiewe nuus, die hoeveelheid tyd wat daaraan bestee is, is belaglik. Hoe pateties het ons nie geraak nie. Ja, almal het regte. Maar as jy jouself sekere “regte” gee ten spyte van, dan kan jy nie aanspraak maak om die regte van ander te oordonder nie. Daardie mense is so vas in hulle geloof, dat hulle vir mammon nee gesê het, nie die oog weggedraai het terwyl die geld klingel nie. So kom ons wees dan sommer eerlik met mekaar. Ek hoop werklik dat die eienaars die saak wen, die twee is nie alleen gierig nie, hulle vertrap ook ander se beginsels. Hulle behoort vergoed te word vir die skade wat hulle ly. Ek dra enige dag by tot hulle kostes.
LikeLike
Ek hoop ook so. Nie net vir die eienaars se part nie, maar day die wêreld kan sien dat hulle God en Sy beginsels moet begin eer. Ek bid regtig vir daardie mense.
LikeLiked by 1 person
Ek ook, hulle is vir my ook ‘n voorbeeld, ek gee soms te maklik toe.
LikeLiked by 1 person
Ek gee ook maklik toe. Hulle is voprwaar ‘n voorbeeld.
LikeLiked by 1 person
Inderdaad, uiteraard. Voorbeeld wat ek vandag nodig het.
LikeLiked by 1 person
Die mooiste is dat ek eintlik glad nie nuus kyk nie. Amper ook bie tv nie. Dit was net mooi op toe ek gou sit en eet het. Toevallig né. 😉
LikeLiked by 1 person
Daar praat jy my taal, Toortsie. Ek kyk ook nie meer nuus nie, het toevallig laat kos gemaak en toe sit ons en eet toe die twee op is.
LikeLiked by 1 person
Dit voel of ons dit móés sien sodat ons vir daardie mense kan bid.
LikeLiked by 1 person
Stem saam, Toortsie, dalk kan ons hulle kontak?
LikeLiked by 1 person
Nou ek het nie die nuus gesien , maar weet al lankal van die saak. Dis n kwade dag as jy op jou eie erf nie jou eie geloofsoortuigings, ( wat vir niemand, nie mense, dier, of plant, skade doen nie) kan uitleef nie. Ek stem so saam- wie het dan die menseregte? Ek bid en hoop ook die eienaars van die gewese trouvenue wen die saak. En ek hoop die regters besef dat eienaars van n plek darem ook n reg op hulle eie plek het.
LikeLiked by 1 person
Ja, ons kan regtig vir daardie mense bid.
LikeLike
Ek onthou ‘n ruk gelede was daar al oor hierdie storieberig, maar ek het nie soveel aandag gegee nie. Toe het Aalsie mos iewers Maroela se berig geplaas. En gostetaand op die nuus.
LikeLike