Een van die VLV se leefstyluitdagings vir hierdie jaar is: Weef ‘n kussing wat Covid voorstel.
Nee, ek weef glad nie, maar in my gesprek met ‘n weefster kom die vraag op: Hoe stel jy covid voor in ‘n weefstuk?
My eerste gedagte is natuurlik chaos. Weef ‘n kussing wat chaos voorstel. In al die kleure van die reënboog en nog meer. Met geen orde nie. Deurmekaar. Met stukke ander wol tussenin. Woes.
Hoe meer ek egter daaroor nadink, besef ek dat covid nie noodwendig vir almal chaos beteken nie.
Vir iemand kan dit dalk ‘inkeer’ beteken. Terugkeer na God. Rustigheid. Kalmte. Dalk kan ‘n kruis op die kussing hier werk.
Of wat van ‘n sagte, blou kussing. Wat rustigheid beteken. ‘n Tyd van rus en kalmte. ‘n Tyd van herstel. Weg uit die rotteresies.
‘n Swart, donker kussing met spatsels rooi kan dalk soveel besighede wat nie die mas kon opkom in hierdie tyd nie, voorstel.
‘n Kussing in donker, gedempte kleure kan verlies voorstel. Want soveel mense het verlies ervaar. Eensaamheid.
Of vrees. Vrees vir die toekoms. Vrees vir die onbekende. Covid word so op vrees gebou en lewendig gehou. Watter kleur sou vrees voorspel?
Vir baie was Covid ook die tyd van nuwe begin. Nuwe Nuut. Hoe sal jy so ‘n kussing weef?
Of herstel in verhoudings? Hoe sal so ‘n kussing lyk?
As jy nou terugdink aan die afgelope 2 jaar – hoe sal jy Covid beskryf? Of uitbeeld in ‘n kussing? Ek het een keer geskryf oor my ‘coronasjaal’. Hier is my uitdaging: Beeld Covid uit in woorde. Skryf ‘n opstel daaroor. Of ‘n blog. Onthou om hierdie blog te ‘tag’.
Toortsie
Ek wil op geen manier iets voorstel wat my aan covid herinner nie
LikeLiked by 1 person
Ek dink nogal dat baie mense presies so voel. 🎈
LikeLike
Ek voel ook so
LikeLiked by 1 person
COVID was en is steeds deel van ons lewens. My Ouma het tot en met haar dood vir ons vertel van die depressie jare, die Spaanse griep en die Tweede wêreld oorlog, hoe dit hulle geraak het en hoe hulle dit te bowe gekom het. Die een ding wat vir my uitstaan van COVID is dat daar altyd HOOP is. Hoop vir n nuwe normaal, n nuwe begin. Hoop vir beterskap, hoop vir beter verhoudings. Daarom sal ek op n spierwit kussing net die woord HOOP in helder geel weef.
LikeLiked by 1 person
‘n Spierwit kussing met geel hoop daarin geweef. Dit is so mooi!
LikeLike