Ja, ja, ek en toevallig. Dié wat my goed ken sal weet hoe ek oor toeval voel.
Ai, die afgelope paar dae het my mond weer oopgehang van al die toevallighede. Die een op die ander.
Soos dat ons toevallig by van ons kinders gaan slaap het omdat ons ander kinders hulle kleintjie sou laat inseën het Sondag. En toevallig wou daardie kinders van ons Saterdag aan ‘n driekamp deelneem en kon ons sommer die dag saam met die kleingoed verwyl. Ag, ons hét in die Desembervakansie van die driekamp gepraat en dat ons sou wou kinders oppas, maar dit is al lankal by die een oor in en die ander oor uit.
Soos dat ons ander kind ‘n klein operasietjie sou kry Maandag ook by die een oor in en die ander oor uit is. Maar ek wonder tog of die datum wel bespreek was. En ek toevallig daarvan hoor toe hy moes isoleer en nie die familiebyeenkoms kon bywoon nie. En hy is nie eintlik een wat sommer familiebyeenkomste mis nie, hoor.
En ons toevallig nog Sondagaand ook anderkant die berg moes oorslaap omdat ons nog afsprake gehad het en ek hom bel en hoor of ons hom dalk kan help, ons is dan nou daar rond. En hy iemand sal nodig hê om hom by die hospitaal te kom optel ná die operasietjie. En ons toevallig net mooi alles klaar het en by die winkelsentrum uitstap toe hy bel om te sê dat hy ontslaan is en ons hom gou kon kom haal.
So op die pendelpad val daar ‘n harde bui reën en ons verkyk ons aan klowe waar water skielik loop. En ons besef: daardie water is op pad na ons plaas. So toevallig het ons net op die regte tyd daar verby gery en kon ons die niksvermoedende werkers op die plaas laat weet dat daar water op pad is en die regte sluise by die regte slote oop- en toegemaak moet word. Want op die plaas was dit stofnat en het hulle glad nie die water verwag nie. Toevallig was dit net mooi die laaste dag wat ons leiwater gehad het en kon ons die water toe allokeer na damme toe, anders sou dit in die rivier afloop. Want toevallig het dit net mooi 10 nm eers by ons aangekom en sou ons dit verloor het. 🙂
Toevallig, né? So, toevallig vra ons dominee gisteraand op die aandoordenking die vraag: “Waar het jy vandag die Here raakgesien?”
Toortsie
Die weg van die Here is byna ongelooflik
LikeLike
En as jy dink hoe verskriklik besig en deurmekaar my lewe tans is, ek sê mos ek is in stadspitsverkeer, dan gebeur hierdie dinge sommer so toevallig en maklik en reg. As ek verlede week moes weet dat my naweek so sou verloop sou ek angstig wees en daar was eintlik niks om oor angstig te wees nie.
LikeLike
Dit is so. Maar dis ook waar ek nou is: angstig! Al weet ek ek moenie wees ni
LikeLike
O nee, jy moenie wees nie. Ontspan. Dit gaan heerlik wees.
LikeLiked by 1 person
Toe werk dinge torvallig uit dat almal gehelp en brsoek kon word en die reenwater nie oorstroom nie. Dis nie toevallig nie dis regtig so.
LikeLiked by 1 person
Jy verstaan! Erg toevallig, nè? 🙂
LikeLiked by 1 person
Toevallig was dit net mooi die laaste dag wat ons leiwater gehad het en kon ons die water toe allokeer na damme toe, anders sou dit in die rivier afloop. Want toevallig het dit net mooi 10 nm eers by ons aangekom en sou ons dit verloor het. 🙂
LikeLike
Beslis, eintlik is dit voorsienigheid wat in plek val soos wat mens rond beweeg in die lewe.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
You give me gooseflesh reading this, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Me too, Anne. Me too. ❤️
LikeLike
Net om hieraan te dink gee my hoendervleis.
LikeLiked by 1 person
Ons gesin praat van:
En toe val die lig, want niks is mos eintlik toevallig nie.
Dis maar net ons liefdevolle Pappa wat sy lig op goed laat val.
En gewoonlik sodat dinge tot Sy kinders se voordeel uitdraai.
LikeLiked by 1 person
Amen 😁
LikeLike
Toevallig … is dit bedoel om net so te wees! Ek’s bly oor die water wat op die regte plekke beland het op die plaas – dis ‘n mooie “toevalligheid” ☺️.
LikeLiked by 1 person
Ek hou daarvan!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy God se intensiewe beplanning met ons deel. Dit maak my lus om daarna te soek in my eie lewe!
LikeLiked by 1 person
Jong, ek is soms ook maar erg dwars! Maar soms werk dit so goed en dan kan ek nie stilbly daaroir nie.
LikeLike
San, ek staan altyd in verwondering met HOE betrokke God in ons lewens is. ❤️
LikeLike
Here God, ons prys U vir U wonderlike voorsiening vir Toortsie en haar mense. U oë deurloop die ganse aarde om U mense kragtig te ondersteun en veilig te bewaar. Prys die Here!
Ps 138:8 NKJV The LORD will perfect that which concerns me.
LikeLiked by 1 person
Amen. Baie dankie!
LikeLike
Toevallig… kosbaar
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
My vriendin my die mooiste geleer “toe- val- lig”. En sommer daar en dan is ek mal oor daardie woord.🌻
LikeLiked by 1 person
Netso 😁
LikeLike
Die Here se tyd is altyd volmaak soos my Ouma altyd gesê het.
LikeLiked by 1 person
Ek stem met jou ouma saam.
LikeLike