Ek is nie goed met verjaarsdagwense nie. Ek probeer regtig, maar faal heeltemal.
In die ou dae het ek ‘n verjaarsdagboekie agter die toiletdeur gehad, soos my ma ook al die jare gehad het. Dit het nie gewerk nie. Ek het dit dalk gesien, of aan die persoon gedink daardie dag, maar net nie daarby gekom om te bel nie.
Ek het elke jaar elke persoon se verjaarsdag in my dagboek geskryf sodat ek op daardie dag die persoon gelukwens. Dit het ook nie gewerk nie. Ja, heeldag aan die persoon gedink, maar …
Ek het elke verjaarsdagwens op Google Calendar. Google stuur vir my 2 dae voor die tyd en ‘n dag voor die tyd ‘n e-pos om te herinner dat die persoon verjaar. Dan stuur Google nog smsse ook. Ek dink die hele tyd aan die persoon, word elke keer herinner, is later so deurmekaar en as ek weer sien is dit al ‘n dag na die tyd.
Die manier wat ek die meeste iemand gelukwens, is: Hello, voor jy wéér verjaar …
Op ‘n Whattsappgroepie van ‘n organisasie waaraan ek behoort, wens die voorsitter elke keer die mense geluk. Dan probeer ek om die persoon sommer net daar ‘n persoonlike boodskap te stuur. Probeer, want selfs dít kry ek nie aldag reg nie. Iewers het ek dit wel reg gedoen vir een keer. Vir ‘n dame wat al ver gevorderd is in die lewe. En gister, baie lank ná die verjaarsdag loop ek haar raak en sy kom gee my ‘n drukkie en sê: “Baie dankie vir my verjaarsdagwens. Ek het dit so waardeer.”
Toortsie! Jy moet jou sokkies optrek! Ek dink nie ons besef altyd wat ‘n eenvoudige sms of nog meer, ‘n telefoonoproep vir iemand beteken nie.
Toortsie
Ekbis net so vrot met verjaardae, waarskynlik omdat my eie veejasrdag nie so belangrik is vir my nie? Maar vir snder is dit baie belangrik! Seegogga! Trek noy jou sokkies op samet Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Ek dink ons moet van daai mooi gebreide sokkies van Aalsie kry!
LikeLike
Ek het mos ook dasrssn gedink tewyl ek so getik het!
LikeLike
Great minds ….
LikeLiked by 1 person
Dalk is Seegogga reg … ons faal omdat ons eie verjaarsdag nie meer so belangrik is nie!
Maar ek dink tog vir ouer mense (mag ons hulle ons “geliefde bejaardes” noem), vir hulle is dit nie soseer die verjaarsdag self nie, maar die feit dat iemand hulle nog onthou. Hmm, ek sal ook saam met jou en Seegogga my sokkies moet optrek 🧦🧦.
LikeLike
Ja, soos ek nou ookal ouer word, besef ek net hoe lekker dit is as veral jonger mense by jou inloer en kontak maak. Dit is soos jy sê, hulle waardeer dit dat jy hulle onthou het. Aalsie sal BAIE sokkies moet brei sodat ons ALMAL hulle kan aantrek en optrek.
LikeLiked by 2 people
Ek is ook sleg met verjaarsdae. Ek moet egter bieg dat ek meestal Facebook gebruik om my te herrinder en dan moet ek dadelik ‘n boodskap stuur of ek vergeet. ‘n Mens weet nooit of jou boodskap die enigste ene is wat die persoon kry nie. Iets waaraan ek ook moet aandag gee.
LikeLike
Soos jy sê, ‘n mens weet nooit. My pa was altyd so gesteld daarop om mense te groet en ‘n grappie te maak. Hy het altyd gesê: ‘n Mens weet nooit of daardie persoon dalk ‘n sleg dat het en jy die enigste een is wat ‘n mooi woordjie sê nie.
LikeLike
Nee liewe ouers die verjaarsdag ding maak my mal, ek stuur ook nie meer FB verjaarsdagwense nie, want dan stuur hulle dalk vir my en dan sit ek my hele verjaarsdag deur en dankie tik. My familie weet ook al, ek bel wanneer ek onthou eendag en ek is ok as hulle dit met my ook doen
LikeLike
Positief, verlede jaar het dit my omtrent ‘n week geneem om vir almal dankie te tik, maar dit was soooooo lekker. 🙂 Ag, en wanneer jy eendag onthou, is ook heeltemal reg met my.
LikeLiked by 1 person
Ek is mal oor verjaar en wense. Dis so awesome, dink net, daai dag is daar net 1 van jou gemaak en die wêreld is finally blessed omdat jy nou hier is. En ja, ek vergeet self, baie, maar dan verjaar hulle net langer
LikeLike
Ek hou van … dan verjaar hulle langer. ‘n Mens kan sê wat jy wil, dit is tog maar ‘n spesiale dag wat jy eintlik net wil glimlag.
LikeLike
My grootste faux pas van 2022 is, ek het my kleindogter in Kanada se verjaardag vergeet. Hulle skype en ons gesels te lekker, tot ek vra maar hoekom hulle op ń weekdag in die middel vd dag by die huis is😱🤯😥. Nou is ek in die dog box vir die res van my lewe.
LikeLike
Ai Trommeltjie, en hulle sal dit onthou en invryf … Ek voel nou nog sleg, ‘n goeie maat se dogter het by my blokfluit geneem. Hul het op hulle verjaarsdae gewone klere aangehad, maar daardie dag sou die span ook op ‘n kamp gaan. Daai dag kliek ek nie sy verjaar nie en hulle opgewondenheid was so groot, ek was kwaai met hulle in die blokfluitklas en ek het haar nie geluk gewens nie – nie gedink dat sy moontlik kan verjaar nie.
LikeLike
Ek het eendag my eie dogter se verjaardag vergeet Die middag si 4nm kry ek toe n whatsup van haar af:” Baie geluk met die geboortedag van ma se jongste dogter, vandag 24 jaar gelede .”
LikeLiked by 1 person
Ai dit kn so maklik gebeur.
LikeLiked by 1 person