Ons skud ons vere reg

Ons is super opgewonde! Die Bantingkompetisie begin amptelik môre! Dit was as ‘n lawwe gedagte by my opgekom het een aand laat daar in die Klein Karoo, is besig om ‘n werklikheid te word. Vir my was (is) dit ‘n groot sprong in die duister, ek is maar net een persoon en nie deel van ‘n tydskrif of een of ander groot organisasie nie. 

Tog het mense begin inkoop. Verskillende mense het pryse aangebied en stadig, maar seker het mense begin reageer. 

Stilweg het ek gehoop dat daar darem drie mense sou inskryf. As ek myself erg strek en my wildste drome erken … dalk vyf.

Op hierdie oomblik staan die inskrywings op 16! Ja! 16! 

Ek dink die meeste mense het reeds ingeskryf, daar mag dalk nog een of twee bykom. Intussen is ons ‘n heerlike groep mense wat mekaar ondersteun. Die Whattsappgroepie is gestig waar ons kosdinge en gewigdinge gaan praat. Die groeplede is opgewonde, jy kan die energie voel tussen hulle. Van gister af het hulle hulleself begin bekendstel sodat ons darem mekaar ken. 

Vandag is die groot dag wat hulle ‘n video van hulleself moet neem aan die voor- en agterkant met stywerige klere aan sodat ek kan sien dat daar nêrens ‘n baksteen ingedruk is nie. Dis ‘n kompetisie, onthou! Die video’s word aan my persoonlik gestuur. 

Intussen skud ons vere reg. En koppe! En begin ons ons instel vir die groot, nuwe lewe wat môre gaan begin. Die nuwe pad na die nuwe ons! Gesonde ons! 

‘n Wonderlike pad waar ons heerlike kos gaan eet terwyl ons gesonder en hopelik maerder sal word.

Vir meer inligting rakende die kompetisie en die inskrywingsvorm, kliek op die gemerkte woorde. 

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word. (Hierdie inskrywing is ‘n dag later, so die groep van 18 het reeds begin! Hou vir hulle duime vas asseblief.)

Toortsie

6 thoughts on “Ons skud ons vere reg

  1. Sterkte aan al die deelnemers … om soveel ondersteuning te he, gaan dit heelwat makliker maak. En ja, hulle gaan beslis heerlik eet (en goed voel). En hoera Toortsie vir so baie deelnemers – jy’t gewaag en kyk nou net!

    Like

    1. Ek staan in verwondering! My hele Bantingpad is mos eintlik ‘n getuienis. En ek staan net en kyk hoe dinge gebeur. Regtig, nooit, ooit was dit in my kop dat ek kosboeke sou skryf en ‘n kompetisie sou loods nie. Maar hier is dit nou. Wat gebeur het ‘n rukkie terug, is dat iemand in my dorp my boeke koop om te bant. Ek gaan lewer die boeke af, gee ‘n bietjie raad en weg is ek. ‘n Maand of wat later whattsapp ek haar om te hoor hoe dit gaan en hoor dat sy opgehou het. Haar carb flu het erg lank aangehou. Ek voel tot vandag toe dat ek haar gedrop het. Ek het daar geleer – ek kan nie net boeke verkoop nie, ek moet die mense help ook. Dalk is dit nou na die Nutrition Network kursus dat dit so voel? Wel, al manier wat ek met my gependel mense kan help, is deur ‘n WA ondersteuningsgroep. Want ek het darem die meeste van die tyd internet by my. So, hier is dit. Op my pad beland en ek moet dit loop. Te lekker!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s