Terwyl ek so lees van jou daar op die ashoop met die sere en alles wat sleg is wat met jou gebeur het en jou vriende wat dalk nie op die manier praat wat jy wil hoor nie, het ek dit op die hart om vandag dít vir jou te sê en sal jy my asseblief vergewe as ek ook verkeerde woorde praat. Want weet jy, ek het die manier om verkeerde woorde op die verkeerde tyd te sê. Om my verkeerd uit te druk. En dan, as ek besef ek het verkeerd gepraat of dat dit anders uitgekom het wat ek bedoel, probeer ek dit regmaak en dan voeter ek dit nog meer deurmekaar en mors ek dit nog meer op. En ai, Job, ek is mos ‘n prater wat heeltemal te veel praat en ek dink, ek weet, ek sou ook probeer woorde sê om dit vir jou makliker te maak. Woorde wat dalk as nutteloos afgemaak kan word.
Maar Job, my hart huil vir jou. Ek ken ook nie die antwoorde nie. Maar wat ek weet is dat God getrou is en dat Hy saam met jou in hierdie ongelooflike sleg tyd is. En dat Hy vir jou die krag sal gee om wel hierdeur te kom. Selfs al voel dit nie nou vir jou so nie. O, en Job, hoe vreemd dit sekerlik vir jou in hierdie situasie sal klink, weet ek dat God vir jou ongelooflik liefhet. Jy weet, dat Hy selfs saam met jou huil. Saam met jou swaarkry.
Job, vergewe my asseblief as ek in my poging om jou te ondersteun dalk verkeerde woorde sê. Want weet jy, eintlik wil ek sommer net hier langs jou sit en saam met jou treur oor hierdie verskriklike ding wat jou oorgekom het. Ag, en dan borrel die woorde soms sommer net uit voor ek gedink het. En weet jy, soms as ek eers gedink het, borrel die woorde selfs nog meer verkeerd uit!
Hoekom dit met jou gebeur het, weet ek regtig nie. Maar ek hoop dat my teenwoordigheid tog vir jou tot ondersteuning sal wees en dalk, eendag as jy terugdink hieraan, dit vir jou iets sou beteken. En dat jy God se genade sal ervaar.
Groete
Toortsie
Ek is seker dit sal vir job genoeg wees.
LikeLiked by 1 person
Jong, Job het nie van sy vriende se gepraat gehou nie. Maar as jy mooi dink het hulle hom darem aan die gang gehou met hulle gepratery. 😉
LikeLiked by 1 person
Skat so
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Dalk is dit goed om maar net bietjie langs Job te sit en saam te treur … maar ek dink ook nie ‘n paar troos woorde kan seer(der) maak nie.
LikeLiked by 2 people
❤️
LikeLiked by 1 person
Om net langs my te kom sit, sal al wonderlik wees
LikeLike
Appeltjie ❤
LikeLike
Ek sit ook tans saans by Job….en ek kry kosbare juwele so tussen die smart en ellende….maar een ding is seker…ek is nes hy….praat te veel.
LikeLike
Ja wat, praat … dis wie ek is … 🙂 Sterkte met jou en Job.
LikeLike
Dankie…ek praat ook…ek is Job
LikeLike
Sê as ek ‘n bietjie langs jou moet kom sit, maar weet dat ek moeilik gaan stilbly, hoor jy?
LikeLike
Ok!! Ons sal besluit watter pêl van Job is jy as jy langs mt sit nê!😘
LikeLike
Of dalk is ek sommer net ek? ❤
LikeLike
Jip…sommer net jy…..jy sal my uit die sak en as uitpraat… 💚💚💚
LikeLiked by 1 person
Uitbabbel 😁
LikeLike
😂
LikeLike
ag dis so mooi!
LikeLiked by 1 person