Die wiel is behoorlik aan die rol om alles in plek te kry vir die gewigsverlieskompetiesie wat op 1 Februarie begin en loop tot 30 April 2022. Meer mense begin navraag doen om deel te neem en al hoe meer pryse kom ter sprake. Hou gerus hierdie spasie dop! En skryf in! Dit gaan ‘n heerlike reis wees waar deelnemers nie net gaan kompeteer met mekaar nie, maar mekaar gaan ondersteun en aanmoedig en ophelp as hulle val.
Desiree Kleinhans het vir ons ‘n wonderlike geskenkpak saamgestel wat bestaan uit ‘n Kamino, ‘n serp, handsak, oorbelle, ‘n lekkerruik ietsie en ‘n inspirasie geestelike boek! Is dit nie wonderlik nie? Baie, baie dankie, Desiree!
Desiree skryf oor hulle besighede op Struisbaai en Agulhas:
SUIDPUNT POTPOURRI is jou mees suidelike décor winkel en restaurant aan die Suidpunt van Afrika.
Hierdie besigheid het begin, met slegs die eienaar en een personeellid. Vandag, 20 jaar later, is ons geseënd met 30 personeellede en 4 eienaars. Dit is nou ‘n heerlike familiebesigheid en ons kon aan die begin van 2021 nog so ‘n besigheid oopmaak, ‘Earth Restaurant en Décor’. Hierdie besigheid is op ‘n kleinhoewe, vlak voor Struisbaai met miniatuur perdjies, donkies, bokkies en ganse as groot aantrekkingskrag vir kinders en ook groot speelplek vir kinders.
Albei winkels bied iets vir elke smaak en ouderdom. Ons probeer sover moontlik om smaakvolle, bekostigbare geskenke en décor items aan te hou. Behalwe ons unieke décor items, is daar ook speelgoed vir die kinders (of mans!), geestelike boeke en Bybels, klere, kombuisware, juwele, lekkerruikgoed vir hom en haar. Letterlik iets van alles.
Ons twee restaurante bied ‘n groot verskeidenheid op die spyskaart. By Earth het ons ook tradisionele disse soos bobotie, waterblommetjiebredie, skilpadjies, tuisgebakte brood en koeksisters op die spyskaart.
Suidpunt Potpourri het ‘n wye verskeidenheid van ontbyte, ligte middagetes en ‘n groot verskeidenheid koeke.
Ons het ook by albei besigheide ‘n dranklisensie, dus kan jy jou verjaardag of enige dag wat jy wil vier, by ons kom hou!
Kom kuier gerus by ons, ons vriendelike personeel is ‘n waarborg dat jy met ‘n warm gevoel in jou hart, by ons deure sal uitstap.
Ondersteun asseblief ons borge. Dit is regtig ‘n plesier om by Suidpunt Potpourri en ook Earth in te stap. Hulle diens is puik en produkte van hoogstaande gehalte. Beslis die moeite werd om daar in te loer.
Kyk gerus HIER vir die inskrywingsvorm! Komaan! Waag dit! Word deel van ‘n wen-wen situasie.




Groete,
Toortsie
Vir meer inligting rakende die kompetisie en die inskrywingsvorm, kliek op die gemerkte woorde.
Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.
Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.
Klink heerlik. Sterkte met alles wat gaan gebeur.
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person