Ja, dis nie net vir my ‘n jubeljaar nie, ek sien dit oral om my. Sommer net gister alleen kontak twee vriendinne my uit twee verskillende uithoeke van die land. Elkeen met haar eie jubelstorie. Drome wat op die onmoontlikste, ondenkbaarste maniere sommer net waar gemaak word. Amper soos wat Salomo dit in Ps 127:2 skryf dat Hy dit aan sy geliefdes in die slaap gee. Raai, ek het nooit besef dat Salomo hierdie Psalm geskryf het nie, terloops. En toe die een vriendin my haar goeie nuus vertel, kom die vers wat ek altyd gebruik wanneer ek regtig op my knieë is, plat op die grond en nie weet watter kant toe nie, as ‘n refrein in my op uit Efesiërs 3:20 dat God baie meer kan doen as wat ons enigsins kan dink of droom … baaaaie meer en ek wil uitskree, JAAAAA, Hy kan!
Want ek hoef net hier waar ek sit en skryf by die venster uit te kyk en te kyk na die wonderwerk wat hier buite gebeur. Lande wat groen is en bewerk word terwyl ons noual vir vyf jaar nie uit die Floriskraaldam kan water kry nie, maar Hy het ander planne gehad en skielik in hierdie jubeljaar voorsien Hy water op maniere waaraan ek nie kon droom of dink nie. Ek hoor gisteraand met ‘n glimlag hoe my man dit ook vir iemand vertel van hoe die water uit ander oorde hier aankom en ons kan boer, vir die eerste keer in vyf jaar hier in die Klein Karoo.
Ek is tans besig om Ester se storie te lees en my bloed wou sommer weer kook oor die simpel Ahasveros en sy dronk pelle wat vir Vasti so wou verneder. En sy wat nie wou saamspeel nie en haar koninginskap daardeur verloor. Omdat die manne magsbehep was en gevrees het dat die vrouens hulle nie meer sou dien nie. En ou Haman met ook sy obsessie oor mag … Dan draai die storie en God verander daardie Jode se angs in ‘n gejubel. Hulle vernedering in die grootste geleentheid. Dat hulle wat gevrees het skielik gevrees word en hulle oorleef … Jubeljaar!
Mag jy ook ‘n jubeljaar beleef!
Toortsie
Dis beslis n jubel jaar. Mens moet net jou oe rig op Hom wat alles gee op Sy tyd.
LikeLiked by 2 people
Amen
LikeLiked by 1 person
Ester se storie is so mooi vir my! Ek en ‘n vriendin het ‘n bybelstudie (Esther – It’s tough being a woman deur Beth Moore) verlede jaar gedoen … sjoe, ek het so baie geleer! Het jy bv geweet dat God se naam nerens in die boek Ester verskyn nie? Soos Beth dit stel: “The Word of God is ON the book of Esther, but not IN the book of Esther”.
Ek maak ook sommer onmiddellik hierdie my jubeljaar – dankie Toortsie!
LikeLiked by 2 people
Ja, ek het geweet. 😁 En geniet jou jubeljaar!
LikeLiked by 1 person
As een van die twee vriendinne knipoog ek vir jou.❤
LikeLiked by 1 person
🎈
LikeLike
Ek het nog altyd gedink dat die hele idee dat vroue ondergeskik aan hulle mans moet wees, van ou koning Ahasveros gekom het. Hy het mos n wet daaroor uitgevaardig wat in alle tale en in alle lande van toepassing moes wees. Dit het net so gebeur vir eeue en eeu lank, ook in die Christelike geloof. Ek moes bv beloof om my man onderdanig en gehoorsaam te wees ens. En Ahasveros was’n heiden! so ‘n ou etter!
LikeLiked by 1 person
Toe ek hierdie storie lees het ek herltyd aan jou gedink. 😁
LikeLike
ha ha Toortsie. 😉
LikeLiked by 1 person
Jy het my baie insig hieroor gegee.
LikeLike
Hierdie gaan beslis ‘n wen jaar wees. Na duisternis is daar altyd lig. Ek voel jammer vir diegene wat nie die Here ken nie. Net so terloops. My kar ‘n Toyota Tazz se naam Is Ester, vernoem na hierdie yster vrou in die Bybel.
LikeLike
Ahhhh Aduppie! Ek hou van jou Toyotakarretjie. Ja! Na duisternis is altyd lig en wat sou ek wou doen sodat almal vir Jesus leer ken! Jy moet ‘n mooi dag hê.
LikeLike