Gewigsverlieskompetisie – een van die pryse!

Soos nou alreeds bekend gestel, is daar ‘n gewigsverlieskompetisie geskoei op die Keto/Banting leefstyl vanaf 1 Februarie tot 30 April 2022 en vir die persoon wat die grootste persentasie gewig verloor, heerlike pryse te wen. Dit, behalwe natuurlik die nuwe gesonde liggaam en goeie leefstyl wat jy aangeleer het. 

Een van die wonderlike pryse is ‘n naweek vir ‘n gesin van 4 in Struisbaai! Wat ‘n lekker prys! Die persoon wat dit wen, het kanstot 30 April 2023 om die prys op te eis en moet dit self reël met Anna-Marie Groenewald. Die prys sluit slegs die verblyf in en moet self op eie koste daar kom. Geen etes is ingesluit nie. Indien daar ekstra persone saamkom, kan dit gereël word met Anna-Marie, teen ‘n ekstra koste van R150 per persoon. Al hierdie eenhede is SELFORG-eenhede. 

Let wel: Hierdie prys kan nie gedurende skoolvakansies en langnaweke geneem word nie. 

Hier is die plekke waaruit die wenner kan kies:

  1. Fagan se woonstel is ‘n tweeslaapkamerwoonstel met ‘n bietjie see-uitsig, slegs 500 meter van die see af! 
Fagan se woonstel, Struisbaai

2. Annie’s flat is ‘n eenslaapkamerwoonstel met ‘n lieflike tuin. Slegs 500 m van die swemstrand. Jy kan die see HOOR!

3. Erika, ‘n huis met lieflike see-uitsig en ‘n binne-braai. Ideaal vir ‘n gesin en kan tot 10 mense huisves. 

Erica – selfsorghuis, Struisbaai

4. Rus ‘n Bietjie is ‘n ou vissermanshuisie in Agulhas. Lieflike see-uistig. Die eienaar beskryf dit as volg: ‘The charm of an old fisherman’s cottage remained,(eg painted cement floors, door frames from old fishing boats and a bathroom with a difference), so that Rus ‘n Bietjie gives you a real sea experience.The house is very rustic with a few cracks here and there, but for most people, this just adds to the charm.’

Rus ‘n bietjie, Agulhas

Wat ‘n heerlike keuse! Wat ‘n heerlike prys! Dis beslis die moeite werd om in te skryf vir die kompetisie, selfs al is dit ál rede! 

En sou jy nie inskryf vir die kompetisie nie, maar steeds verblyf in Agulhas of Struisbaai soek, skakel gerus vir Anna-Marie. Haar telefoonnommer en die tariewe is by elkeen van die skakels ingevoeg. 

Agulhas is by die heel suidste punt van Afrika, weet jy? Nader aan Antarktika sal jy nie kan kom terwyl jy op Afrikabodem is nie. En dis hier, by Agulhas waar die twee oseane mekaar ontmoet: Die Indiese en Atlantiese oseaan. En omdat hier twee seestrome, die een warm en die ander koud mekaar ontmoet, is die see nie so verskriklik koud nie. 

Ondersteun asseblief ons borg. Baie dankie, Anna-Marie Groenewald vir hierdie heerlike prys. 

Vir meer inligting rakende die kompetisie en die inskrywingsvorm, kliek op die gemerkte woorde. 

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.

Groete

Toortsie

14 thoughts on “Gewigsverlieskompetisie – een van die pryse!

    1. Die idee is dat iemand oor ‘n 3 maande tydperk gemotiveer raak om dit te doen en aan te hou daarmee. Met die nodige hulp en ondersteuning. Die wennersprys is eintlik net ‘n bonus.

      Like

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord