My eie tyd – Me-time
Elke mens het eie tyd nodig en dit is regtig nie die geval dat ek te min daarvan het nie. Eintlik is elke dag myne waar ek kan maak en doen wat ek wil. Met inaggenome my man en die bietjie werk wat ek het.
Die hele tyd by die see is ons so geseënd, ons kinders en kleinkinders was die hele tyd saam met ons. Waarvoor meer kan ek vra? Ek en die kleinkinders kon op ons fietse rondry, maar soos die verkeer meer geraak het, het die strate wat ons kon ry, minder geraak. Heeltemal te min het ons langs die see gaan stap of sommer net by die poele en rotse gaan rondkyk. Heeltemal genoeg mytyd was vir my gegun. Ons het ook ‘n kleinkind ryker geword en hoe wonderlik was dit om ook vir hom en sy pappa en mamma vir ‘n paar dae hier te kon hê. Dit was lekker om hom beter te leer ken.
En toe, skielik is almal terug na hulle huise toe en manlief op sy weeklikse pendel plaas toe. Ek het gevra om nog hierdie week tuis te bly voor die jaar weer in volle swang begin. En skielik het ek al die tyd vir myself. En gooi ek my program 100% om. Ek neem ‘n middagslapie tot half sewe die aand. Borduur tot twaalf uur die nag, doen dan nog eers my rugoefeninge wat so agterweë kan bly, begin skryf aan ‘n kortverhaal vir Ink, gaan bad en slaap teen twee uur. Om die volgende dag eers half elf uit die bed op te staan. Dan rustig langs die see te gaan stap met my hond, te sit op een van die bankies langs die see en sommer net met God te gesels soos lank laas. By die huis kry ek lang tyd met my God, skryf in my bidboek, lees die Woord. Ek borduur verder, en teen die aand besef ek dat manlief nog ‘n dag op die plaas sal wees. Ek was die ruite om die see beter te sien, skink ‘n blikkie wyn – terloops, dit maak ‘n groterige wynglas net mooi vol, borduur weer eens, doen ‘n lesing van my lank vergete kortverhaalkursus, werk aan my Ink-verhaal … gaan slaap weer eens twaalf uur.
Me-time. Almal van ons het soms so ‘n tyd nodig. ‘n Tyd van herlaai. ‘n Tyd vir dink. Madeleine Venter het juis so mooi geskryf oor dinktyd, gaan lees dit gerus.
Wag, laat ek gaan kossies maak! My man moet mos een of ander tyd terugkom! My batterye is weer op en top.
Toortsie
Mytyd is die beste tyd! Bly jy het dit geniet!
LikeLiked by 3 people
Ek sien jy verwys na die strandhuis nou as jou huis, beteken dit julle gaan permanent daar bly?
LikeLiked by 1 person
O nee glad nie. 😁 Ons ‘trek’ mos letterlik see toe en dan ‘trek’ ons weer terug huis toe. 😁 Daardie terugtrek is om die draai.
LikeLiked by 1 person
So kosbaar dat jy tyd gehad het om jou batterye te herlaai! Wat ‘n blessing!
LikeLiked by 2 people
Blessing. Regtig waar.
LikeLike
Perfect! How absolutely perfect to have the time and space in which to work according to YOUR internal clock and desires. No wonder your battery is fully charged!
LikeLiked by 2 people
Oe Anne, en my klok kan tog so verkeerdom werk! Dis seker omdat ek links is! 🙂
LikeLike
Net so Niggie, net so. Daar moet tyd wees om batterye te laai en ek laai myne ook in stilte
LikeLiked by 2 people
😁❤️🎈
LikeLike
Toortsie, ek voel absoluut soos jy oor “me-time.”
LikeLiked by 1 person
Baaaaie nodig soms. 😁
LikeLike
My me-time is van 8u saans as die Bom gaan slaap tot 12u. Ek bestee dit net nog nie heeltemal ten volle nie. Maar gaan daaraan werk.
LikeLiked by 1 person
Mooi! 😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Ek lag lekker dat jy sowaar nog 2 uur in die oggend gaan bad voor jy gaan slaap 😄. Maar jy’s reg … “me-time” is heerlik EN belangrik (en mag mos gebruik word nes jy wil)!
LikeLiked by 1 person
Dan slaap jy so lekker. 😁
LikeLiked by 1 person