Het u geweet? – Diabetes

Het u geweet dat Tipe 2 Diabetes ‘n leefstylsiekte is? Dat dit ‘n ongelooflike gevaarlike siekte is en tel onder die top vyf grootste siektes in die wêreld? 

Het u geweet dat diabetes by ons steel? Dat dit hand aan hand loop met hartvatsiektes, Metaboliese Sindroom? Hoë bloeddruk? Hartaanvalle? Dat dit jou fyner are kan beskadig en tot gevolg het dat daar nie voldoende bloedsirkulasie is nie? Dat jy van jou ledemate kan verloor op die lange duur as jou diabetes nie onder beheer gehou word nie? (Lees gerus HIER Agt Vreesaanjarende Gevolge van Tipe 2 Diabetes.)

Het jy geweet dat as jy meer as 100 g suiker per dag inneem, jy binne twintig jaar diabetes kan ontwikkel? Dat stysel in der waarheid suiker is? Dat suiker (stysel) ‘n DRUG is? Hoogs verslawend? Dat, hoe meer jy daarvan eet, hoe meer wil jy eet? 

Het jy geweet dat jou liggaam elke keer wat jy koolhidrate inneem, insulien afskei en as jy nie genoeg tyd gee vir jou liggaam om daardie insulien sy werk te laat doen nie, jy insulienweerstandig raak en jy net meer en meer insulien nodig het omdat jou selle dit nie meer wil opneem nie? Soveel so dat jy later diabetes ontwikkel en jy insulienaanvullings nodig het om die suikervlakke in jou bloed te beheer? Dat verhoogde suikervlakke in jou bloed GEVAARLIK is?

Het jy geweet dat jy deur goeie koskeuses, deur stysel en suiker, grane, heeltemal te vermy jy jou diabetes onder beheer kan bring en hou? MAAR dat jy onder geen omstandighede jou medikasie moet verminder sonder konsultasie met jou dokter nie? 

Het jy geweet dat jy glad nie koolhidrate in jou dieet nodig het nie? Dat jou liggaam heeltemal perfek kan funksioneer daarsonder? Dat, as jy nie meer koolhidrate inneem nie, maar eerder jou vetinname verhoog, jy langer versadig bly? Dat jy dan ketose begin afskei wat die vet in jou liggaam verwerk, in plaas van insulien wat vet stoor? 

Onthou, sulke drastiese keuses mag jy nooit sonder die medewete van jou dokter doen nie. Jy moet eers jou dokter raadpleeg.

Toortsie

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar nét geskryf word oor Banting, Keto, Intermittent Fasting, Diabetes. Kosdinge. Gesondheidsdinge.

13 thoughts on “Het u geweet? – Diabetes

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s