Traaisiekel Toortsie

Julle! As Toortsie ‘n ding in haar kop kry, kan hoor of sien vergaan – haar kop staan nou stil op daai ding. So het sy mos dit in haar kop gekry dat sy net moontlik een dag die Argus kan gaan ry. Let wel, Moontlik! Want sy moet nog eerstens haar fiets behoorlik leer ry!

So het sy mos uitgewerk dat sy ‘n gemiddeld van sestien kilometer per uur moet ry om dit enigsins binne tyd te voltooi. Dit beteken dat sy eintlik die meeste van die tyd vinniger as sestien km/u moet ry omdat sy mos nog die bulte ook moet uit en hopelik ‘n bietjie opmaak by die afdraende as sy nie te bang is nie en daai backpedal van haar trap dat hy breek nie!

Nou ja, sy trap mos daai driespoeddriewiel van haar gewoonlik op die grondpad, ongeveer tien tot twaalf kilometer per uur, want die pad is nie altyd so mooi en reg nie, sien. So besluit sy om die teerpad aan te durf. Heel gespanne, sy en haar hond. Maar sy TRAP, sy trap soos ‘n besetene, want sy moet van die teerpad af kom, sy is so bang ‘n kar ry haar of haar hond raak. Sy trap haar hond heeltemal kis. Arme dier. Sies tog. Maar honde is getrou, dit het ek nou weer vandag gesien. Skielik besef sy dat sy haar hond mos ooreis en daarvandaan is dit slakkepas tot by die huis – heelwat langer gery as normaal.

Maar ja, sy het nou gesien dat sy dalk ‘n bietjie vinniger kan ry op die teerpad, ek vermoed sy gaan dit weer aandurf, dalk sonder haar hond volgende keer. Julle! Sy maak ons mal! Haar hele kop werk net fiets en fietspaadjies en waar sy sal kan ry met haar driewiel en hoe lank dit gaan vat.

Ursula

28 thoughts on “Traaisiekel Toortsie

  1. Toortsie, daai stuk reguit pad wat ons nou onlangs tussen Williston en Carnarvon gery het … dis die pad waar jy moet oefen! Daar sien jy motors ure ver aankom (van voor en agter) 😁. Dalk moet jy jou honde-vriend in ‘n mandje laai vir die lang teerpad …

    Liked by 1 person

  2. Lag ek nou heerlik vir Ursula wat vir Toorts beskryf en sien die prentjie in my kop van die rifrug in die mandjie, met Toorts wat om hom moet loer om motors te sien aankom, eish

    Like

    1. Ek sal nog baie hieroor moet dink. Een van die grootste is dat ek ‘n dik vel sal moet kry, daar sal mos maar opmerkings wees … Ek gee myself meer as ‘n jaar tyd en ook die grasie van nog op die laste minuut van plan verander. Ek is mos darem al ‘n OUMA!

      Like

    2. Ek weet nie of ek meer aan sulke erge uitdagings wil deelneem nie.
      Wat dit moeilik maak is dat ek nie soos die gewone fietsers sommer net kan gaan ry nie, die driewiel kniehalter my.

      Like

            1. Ja, ek kan lekker gemaklik en ontspanne ry en dis mos maar wat ek wou doen. Ek dink nie dat ek regtig so ‘n uitdagende rit en met spoed wil ry nie. Dis vir my lekker dat my hond saam met my kan draf en as ek so vinnig ry (nie regtig baie vinnig nie) maar my hond raak ooreis, is dit nie meer die moeite werd nie.

              Like

  3. Ek weet darem nie. Dis ‘n groot en lang stuk trapwerk so ‘n Argus. Jy sal beslis klomp spaarwiele moet saamry en ook spanners vir ingeval jy self moet regmaak as daar iets skort. Nou smile ek sommer lekker vir alles. Ek kan ook nie meer reguit op ‘n fiets ry nie dus hierdie gedriewielry klink vir my maar n gedoente.

    Like

    1. Gister se ‘moor’ van my hond het my nuwe insigtigte gebring. Ek moes onthou dat:
      1) Ek die fiets gekoop het om te ‘cruise’, nie om resies te ry nie. Dit is juis ‘n ‘cruising’ fiets, nie ‘n resiesfiets nie. So ek sal nie dit gaan probeer nie.
      2) Dit is vir my lekker om sommer op die plaaspaaie te ry met my hond wat saamhardloop. Nie teen ‘n uitmergelende spoed nie. Vir die lekker. Vir ‘n bietjie oefening.
      3) Dit was goed om ook teen spoed te ry en juis as my fiets terug is by die huis en ek nie daar soveel kan ry nie, sal ek graag soms saam met my man op ‘n stuk teerpad gaan ry, beslis dan vinniger as my normale gemaklike spoed, maar dan bly die hond by die huis.
      4) Nee, ek sal nie die Argus doen nie.
      O, in die begin het ek aanmekaar uit die pad uit gery, dit was SO snaaks!
      Die driewiel is HEERLIK. Ek ontspan op my fiets, kan die kleingoed help as ek saam met hulle ry, kan my hond hanteer as daar voertuie aankom. Kan rondkyk. O nee, ek is mal oor hom. Al wat is, hy mis nie ‘n gat in die pad nie, daar is net te veel wiele op te veel plekke.
      O ek was nog nie een dag spyt ek het hom gekoop nie.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s