Rolstoelparkering

Ek kom vandag op hierdie teken af in ons kar se paneelkissie en ek kon nie die gedagte keer wat in my kop opkom toe ek dit sien nie – hoe uiters selfsugtig soveel mense kan wees om by so ‘n stilhouplek te parkeer as hulle dit nie nodig het nie:

Ja selfsugtig. Selfgerig. Me, myself, I. Domastrant. Ek kan nog ‘n hele klomp woorde toevoeg.

Want ek weet hoe moeilik dit is om ‘n persoon uit ‘n kar te probeer tel en in ‘n rolstoel in te sit in selfs die tweede rolstoelparkeerplek as daar reeds ‘n ander voertuig in die eerste rolstoelparkeerplek staan. ‘n Gewone parkeerplek is heeltemal buite die kwessie.

Die het al verskillende mense staan en bekyk as hulle daar uitklim. Sommige is xxx lui lummels wat dink dat hulle sal dood neerslaan as hulle ‘n entjier verder moet parkeer en dan ‘n paar treë moet stap. Die jong meisie wat, toe ek haar vra waar haar rolstoel is, ewe arrogant vir my sê, toemaar tannie dis okay. Of die jongman wat seker eergister 60 geword het wat vir my vertel dat hy ‘n pensioenaris is en daarom daar mag parkeer. Of die jong persoon wat blykbaar by die KARWAG toestemming gekry het om daar te parkeer – mense, by ons Checkers is slegs op 24 Desember ‘n karwag, watter outoriteit het hy?

Wel, ek klink kwaad. Eintlik is ek NIE. Al wat ek wil sê is, liewe persoon wat op ‘n rolstoelparkering parkeer – Ek bid dat jy dit regtig nooit nodig sal kry nie en as jy dit wel ooit nodig mag kry, wat ek jou nie toewens nie, daar nie een simpel, platkop, lui, dom lummel wat dit nie nodig het nie, die kortsigtigheid sal hê om reeds die plek vol te staan nie.

Toortsie

15 thoughts on “Rolstoelparkering

  1. Nee, jy klink nie kwaad nie … maar baie beslis! Ek stem Toortsie – dis plein (hmm, dis seker nie korrekte Afrikaans nie …?)
    Kom ons begin weer: Dis gewoon onbedagsaam van ‘n gesonde persoon om op die rolstoel parking te staan … daardie persoon het eenvoudig nie respek vir sy/haar medemens nie!

    Liked by 2 people

  2. Wat my ook meestal verbaas van daardie verkeerde parkeerders is dat hul net dood en voudig oor en oor doen. Ons het hier regtig ‘n goeie rolstoelparkeerplek voorsiening. Hier is selfs nog boetebessies wat die motors nagaan om te kyk as tyd van parkering verstreke is of verkeerd geparkeer is.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s