Soms, voor blogmaats mekaar ontmoet, mag dit vreemd voel, maar as mense mekaar eintlik al so goed en so lank ken, selfs al het julle mekaar nog nooit amptelik ontmoet nie, is dit net opwindend en glad nie vreemd nie.
Ons, dis nou ek en my manlief, kuier ‘n bietjie in die ‘bo-wêreld’. Ek het mos my drie goetertjies ingeskryf vir Ink se kompetisie – dis nou ‘n kortverhaal, my ballade en my lawwe limerieke. En al drie is mos opgeneem in hulle twee bundels, Inkspraak 2. Gisteraand was die Prestige Gala-geleentheid en ek en manlief was so bevoorreg om dit te kon bywoon. Wat ‘n pragtige geleentheid!
Anzé Bezuidenhoud het die droom gehad om Ink te stig met die doel om Afrikaans te bevorder. Tans is daar al meer as 1000 deelnemende Ink-lede wat maandeliks gedigte, rubrieke, kortverhale skryf.
By hierdie geleentheid sit ek langs ‘n oulike dame. Ons gesels te heerlik. Wel, ek hét haar glas appelsap omgegooi, maar sy sê, dis reg. Aan die einde van die aand vra ek haar of sy nie blog nie. Já, sê sy, by WordPress. En raai wat, ek volg haar blog al lankal! Wat ‘n heerlike ontmoeting!
En vandag kuier ‘n paartjies van ons Goue Vroue toe té lekker saam. Nee wat, ons was glad nie vreemd nie, selfs al het van ons mekaar nou vir die eerste keer ontmoet. Ons ken mekaar mos immers al lankal, of hoe?

Toortsie
Winderluk hierdie ken voor ons mekaar ontmoet.
LikeLiked by 1 person
Ja, hoe beskryf ‘n mens dit vir iemand anders?
LikeLike
Dis soos jy sê, Seegogga, al sien ons mekaar vir die eerste keer in lewende lywe, kuier ons soos ou vriende.
LikeLiked by 1 person
Elke sekond was heerlik.
LikeLike
Dis nou amper hemels om dit do te mag stel. Daardie eerste lewendige ontmoeting is n belewenis. Ek het n Australian blogger ook n paar jaar terug ontmoet. Was asof ons ou vriende was so lekker het ons gekuier.
LikeLiked by 1 person
Mens val eintlik sommer net in.
LikeLike
Netso. Gaan aan waar jy ook al laas opgehou het.
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n wonderlike geleentheid (die gala aand bedoel ek nou) … en dan die lekkerte om “ou vriende” vir die eerste keer te ontmoet.
Interessant dat jy hierdie onderwerp aanraak Toortsie, ek en nog ‘n blogger vriendin het juis hierdie week vir die eerste keer ontmoet (in regte lewe oor ‘n koppie) en wat ‘n heerlike gesels het dit afgegee!
LikeLiked by 2 people
Dit maak die hegte vriendskap net hegter. ❤️
LikeLiked by 1 person
Dit was vir my nou regtig baie spesiaal om jou in lewende lywe te ontmoet, Toorsie! My aand was sommer gemaak 😊
LikeLiked by 1 person
❤️ 😀
LikeLiked by 1 person
Dit is ń heerlike lekkerte so ń eerste ontmoeting van ou vriende, dit was die kerxie op die koek na die wonderlike gala aand.
LikeLiked by 1 person
Omtrent ‘n lekker kersue op ‘n lekker koek.
LikeLike
Ek het net verlede week ‘n mede blogger vir koffie ontmoet en ons het so lekker gesels asof ons al jare vriende is! So drie jaar gelede het ek in Kaapstad ‘n blogger ontmoet wat regom die wereld in ‘n seiljag gevaar het! Was so ‘n belewenis en ons het ook gekuier asof ons mekaar al lank ken!
LikeLiked by 2 people
Mens ken eintlik mekaar baie goed.
LikeLike
Dis waar! 😊
LikeLike