Wanneer elke sekonde tel en jy regtig net soveel sekondes per dag beskikbaar het, doen jy soms dinge anders en moet jy gereed wees om op jou voete te dink en planne te kan maak.
Dit bring mee dat jy die aand voor jy jou kompetisiehekelwerk ingehandig moet word met flits- en kerslig en olielampies voltooi, want beurtkrag het ook nog sy eie agenda. Dít terwyl die hekelwerk só fyn is, nr 40 en 60 hekelgare, wat in helder sonlig alreeds jou oë tot op maksimum beproef. Dít nadat jy die voorskrifte oor en oor gelees het om seker te maak dat jy binne die reëls gewerk het – vierkant, 15×15 cm met gaaswerk en picots, vasgewerk óf aangehekel, op ‘n oorgetrekte stukkie hardboard, 25×25 cm, want daar moet 5 cm ekstra toegelaat word op die bordjie. Net om by die kongres te hoor dat ek dit heeltemal verkeerd verstaan het, gaaswerk agter die prentjie ontoelaatbaar is en dat 5 uit die 6 wenners nie een ‘n vierkant was nie …
So brei ek aan die 1950- golfhempie vir mans wat nie gewas mag word nie, op die pendelpad. Te mooi. Nouja, tans is ek en my lemmetjiegroen breiwerk al skuddende in ‘n lorrie op pad. ‘n Plaaslorrie wat maar ‘n bietjiemeer as stowwerig is. En met ‘n effense elektroniese foutjie wat die lorrie allerhande vreemde goedjies laat doen. En breipenne wat sommer net uit die breiwerk gly …
Nou toe, laat ek loop brei. As hier spelfoute is, blameer die slimfoon, want om in die geskud die regte lettertjies raak te mik …
Toortsie
Ns. Dalk verstaan ek die begrip, vierkant, heeltemal verkeerd.
Ai jy druk jouself omtrent in ń blik. Hoop jy ix suksesvol met die brei werkSent from my Galaxy
LikeLike
Maar is ‘n vierkant dan nie maar net ‘n vierkant nie …? Ek se jou wat: Pak die skuld vierkant op die skouers van Eskom – net omdat jy kan 😉!
LikeLiked by 2 people
Of op nuwerwetse vierkante … 😁😂
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLiked by 1 person