As jy op enige plek kon woon …

Pointless overthinking vra:

If you could live anywhere in the world, where would it be?

Kyk, ek sal dae omdroom van hoe ek vir my ‘n ‘motorhome’ gaan aanskaf en van plek tot plek gaan ry en daar bly tot ek lus het om verder te ry tot die volgende plek … of dalk ‘n 4×4 karavaan en dieselfde doen, veral na afgeleë plekke waar ‘n mens nie normaalweg kom nie. Selfs aftree by die see … of op ‘n wêreldreis gaan … of ‘n sopwinkel begin in Griekeland … of my strandhuis verkoop en ‘n motorhome aanskaf … En dan doen ek navorsing en bekyk die motorhomes op internet, weet wat dit kos, sluit aan by motorhomegroepe op Facebook. Gaan selfs agter mense en hulle motorhomes aan en vra hulle of ek binne-in mag kyk, net om te besef dat dit regtig klein en beknop is, ek wat van spasie hou …

Maar as ek eerlik die vraag mag beantwoord, wil ek, as ek op enige plek in die wêreld kan woon en saam met enige persoon, net hier bly waar ek is in my eie huis saam met my man. En soms wil ek die wêreldvol toer of see toe gaan of waarookal, die Camino stap, by my kinders gaan kuier, my kleinkinders geniet, maar solank die Here my toelaat, altyd terugkom huis toe. Hier. Waar my huis tans is.

Ek voel tuis hier. Op my dorp. In my bekende omgewing. Tussen my mense. En as dit die Here se wil is, nog lank net hier bly.

Toortsie

22 thoughts on “As jy op enige plek kon woon …

  1. Die bekende bly tog maar die lekerste blyplek( praat een wat al verskillende plekke verplig was om te bly) Ek wil maar steeds op n bekende plek bly. Ek kry nie jou Elke sekonde tel oopgesluit nie. Lees hom op op foon en as ek wil antw is die blog nie beskikbaar nie.

    Liked by 3 people

  2. Jinne Toortsie, maar daai sopwinkel in Griekeland klink nou na ‘n lekker idee!
    Ek hou ook van die bekende … maar daar is deesdae tog so ‘n ‘krieweling’ by my om ‘n afgelee plekkie te gaan soek en daar te gaan bly (dalk is dit maar oor die wind hier in Langebaan wat my so hooikoors gee 😉). Eintlik gee ek nie om nie, solank ek net vanaand saam met my man kan gaan slaap en weer moreoggend saam met hom kan wakker word!

    Liked by 2 people

    1. Jou laaste sin sê alles. Ek het daarná gedink – oor die sopwinkel – ek wil nie meer werk nie. Ek jan mos gaan kuier en vakansie hou in Griekeland, hoekom ‘n sopwinkel aan die gang probeer kry?

      Liked by 2 people

  3. Mal hier oor, totale motorhome fan, het my pa gek gehad met die idee. En wil steeds. Maar verstaan totaal die bekende. So mooi ding raak gelees ” home is a feeling, not a destination”, ek het daai een gevoel.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!