Is ek taakgerig? Of mensgerig? Of ‘n ietsie van alles?
Ag, eintlik maak dit seker nie saak nie, maar soms help dit jou om jouself ‘n bietjie beter te verstaan en jouself nie te kasty nie.
As ek regtig eerlik is, is ek dalk maar meer taak- as mensgerig.
Maar ek hou dan van mense? En ek wil hulle so graag tevrede stel.
Ja, jaa, dis waar, ek is lief vir mense.
Maar my grootste fokus lê by die taak wat suksesvol afgehandel moet word. En dís waar die probleme soms ontstaan. Want as iemand vir my herhaaldelik vir iets vra, selfs al is dit iets wat ek nie regtig wil doen nie, kan dit gebeur dat die taakgerigdheid oorneem en ek in die proses op mense se tone trap net sodat die ding gedoen kom en klaar. En dan soos ‘n luis daarna voel.
Ek bewonder mensgerigte mense. Mense vir wie dit sommer net natuurlik kom om die regte ding op die regte plek te doen en te sê. Mense wat, terwyl hulle besig is met ‘n groot taak, nog genoeg plek en tyd in hulle harte het om ander te help. Om mense in liefde en in deernis op te bou. Ja, ek bewonder hulle en werk hard aan myself om dit ook reg te kry, en kry dit sekerlik baie kere reg, maar dan soms, net soms …
Tog … is ek nie bang om te praat namens ander wat dalk te bang is om dit wat op hulle hart is, te sê nie. Gee ek nie om om saam met iemand deur die modder te loop en dalk vuil word nie … sal ek teen die stroom swem as ek sterk oor ‘n saak voel … kies ek integriteit bo alles … seker maar taakgerig. Ja. Taakgerig. Dis hoe ek aanmekaargesit is en om iemand anders te probeer wees … nee, nee, nee.
Toortsie
Ek dink jy is ‘n goeie mengsel van altwee.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek hou hiervan
LikeLiked by 1 person
Om ń pad saam met mense te stap, daardie is ń uiters belangrike taak, Toortsie.
LikeLiked by 2 people
❤️
LikeLike
Ek stem saam met Perdebytjie, jy is ń pragtige mengsel van die twee.
LikeLiked by 1 person
Dankie ❤️
LikeLike
Love you
LikeLike
Dis tog ook belangrik om balans te he. Soms kan die taak groter wees as mensgerigtheid dan kan daar meer energie ingesit word en andrsom ook. Party is oordrewe taakgerig of mensgesrig dis waar die probleme op einde insluip.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou gebalanseerde terugvoer, dit doen my hart goed. 😁❤️
LikeLike
Bly jou hart klop in die middel.
LikeLiked by 1 person
Ek is nes jy taak-gerig, maar moes lank terug in my kop uitsorteer dat die take nie sal klaar kom sonder mense nie.
LikeLiked by 1 person
Beslis mense ook nodig! Maar as die krisis druk, raak die taakgerigtheid rif!
LikeLiked by 1 person
Nou’t jy my kop deurmekaar … toe ek jou opskrif lees, dink ek onmiddellik ek is mensgerig, maar hoe verder ek lees, dink ek nee wag, ek’s dalk meer taakgerig en teen die einde van jou storie, weet ek toe glad nie meer nie 😊.
Maar jy som dit mooi op en ek dink ook jy kan dalk ‘n goeie mengsel van die twee wees!
LikeLiked by 1 person
En dalk is jy ook ‘n goeie mengsel, daarom dat jy twyfel. Ek dink omstandighede speel ‘n rol. Soms is die druk daar om ‘n taak af te handel en raak jy meer taakgerig. Ander kere laat omstandighede jou dalk toe om eerder mensgerig te wees. 😁
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike