Ek wou eintlik vandag skryf oor slaapkwaliteit. Oor dit wat ek by die kursus geleer het en hoe ek dit tans ervaar. Die Banting Coaching kursus wat ek doen, het twee afsonderlike kursusse in een. Die een is die Nutrition Advisor Network Training wat spesifiek gaan oor die wetenskap van die LCHF (Laekoolhidraathoëvetleefstyl), oor diabetes, vetsugtigheid. Die tweede kursus is Essential Coaching Skills, die ondersteuningsgedeelte, waarmee ek nou besig is.
Dit was in die eerste kursus wat ek gereeld van slaapkwaliteit gehoor het en ek is nou klaar nie meer seker by watter van die kursusleiers ek dit gehoor het nie. As jy die nag sleg slaap, is jou weerstand die volgende dag swakker en val jy makliker vir verkeerde kos of watter versoeking ookal oor jou pad kom. Die kursusleier het genoem dat as jy die ‘venster waarbinne jy eet’ verklein, maar veral ook jou laaste kos of tee met melk of enige iets wat die liggaam nog moet verwerk minstens drie ure voor jy gaan slaap, moet eet. Want jou brein sluit eers drie ure ná die kombuis toegemaak het, af vir ‘n diep slaap. En ja, sedert ek nou slegs twee keer op ‘n dag eet en nie nog ‘n bakkie joghurt gaan verorber net voor slaaptyd nie, hét my slaappkwaliteit aansienlik verbeter. Natuurlik is daar ander faktore ook wat jou slaapkwaliteit beïnvloed, soos spanning, pyn, bekommernisse, blaasinfeksies, te veel drink kort voor slaaptyd …
En dít het nie sonder ongemak gekom nie, wat my bring by wat Luc van der Hofstadt my vanoggend geleer het. En wat die Bybel my ook leer. Dat jy groei in jou pyn, in jou ongemak. Dat as jy net in jou gemaksone bly, jy stagneer, selfs kan agteruitgaan. Dat, as jy wíl groei, jy moet weet dat jy ongemak gaan verduur. Ongeag waar jy die groei wil ervaar – in jou geloof, in jou besigheid, om meer geld in jou beursie te hê, in jou gesondheid.
En iewers is daar dalk iemand wat jou wil help op hierdie pad, iemand wat jou dalk op ‘n ‘ongemaklike’ roete gaan neem en hopelik sal hierdie iemand jou ook ondersteun en aanmoedig en motiveer. Want, ‘sometimes we WIN, and sometimes we LEARN’, sê Luc van der Hofstadt. En soms mag jy as leier/berader/coach/onderwyser/ma selfs vir ander onsimpatiek lyk terwyl jy eintlik baie empatie met die persoon het, maar dat dit juis só is omdat jy die persoon help om hoër hoogtes te bereik. Maar dít kan slegs gebeur as die persoon self daardie hoogtes bereik …
Toortsie
Inderdaad, slaap is belangrik en laasteb etenstye ook.
LikeLiked by 2 people
Ek moet inderdaad my eetgewoontes drasties verander sodat my slaap kan verbeter…..
LikeLiked by 1 person
Die ander faktore ook bekyk. 😉
LikeLike
Ag jimmel…n hele make over….kan ek vir 3 dae by jou kom kuier? Sal seker genoeg tyd wees…😘😘
LikeLiked by 2 people
Jasaaaaaaa!
LikeLike
Oppad…moet net my buskaartjie vir die Intercape bus loop koop🚌
LikeLiked by 1 person
Ek wag vir jou. Probeer tot op Swellendam, dis soms makliker.
LikeLike
Dis waar … soms moet ons so bietjie uit ons gemaksone gaan (eers is dit nie lekker nie, maar mettertyd leer ek so bietjie meer van myself 😉).
En daai slaapding – is daar nie ‘n gedig spesifiek hieroor nie … iets soos “Wat is die slaap, ‘n wondersoete ding” … of so iets? So, ek wil net by die gedig aansluit – as mens lekker slaap, is dit inderdaad ‘n “wondersoete ding” 😴.
LikeLiked by 3 people
Regtig. ‘n Slegte slaapnag … die volgende dag … ouch
LikeLiked by 1 person
Baie waar woorde. Een van die dinge waaroor so min mense praat. En ons mors onsself so op met al die “glare” van elektronika so voor slaaptyd. Baie interessante ding gehoor by een van die alternatiewe Oncologists, en hoe belangrik slaap in hulle program is en die erg beperkte “screen-tyd”, mense leef dan meer in hulle natural circadian rhythm, slaap vroeër, vroeër op as lig word. Daai 1e uur van die dag gaan oor jou. Probleem in ons vinnige pas lewe is dadelik op foon, brein onmiddelik gestimuleer en skokkend, dit gee dieselfde happy hormone af as met enige verslawing.
LikeLiked by 1 person
Ja die wit lig van fone. En ja, vir verskawing. Hartseer.
LikeLike
En hier le ek 5 uur in die oggend met die witlig. 🙈🙈
LikeLike
😃😃, ons almal doen Woestyn kind. Ek nou al op 1 uur in oggend na ek wakker is wat ek nie raak nie. Wel, buiten as ek op call is. Moeilik..
LikeLike
Ek probeer om dit nie te doen nie, maar as ek wakker geword het en die slaap weier om te kom, wel … wit liggie!
LikeLike
As in middel van die nag is, musiek, as nie, staan ek op en begin my dag. In Al Ain waar ek werk en in week bly is reg langs Moskee, so 5 uur se bid is my oë 😳, dan staan ek op en gaan stap en kom rustig terug, mediteer, luister musiek en maak reg vir werk, party dae hoor ek niks en slaap tot my alarm afgaan. Naweke, hang af, maar manne wat ons fone maak ken hulle storie soos met alles wat ons daai “kick” gee.
LikeLike
Ek doen dit ook!
LikeLike
🤣🤣🤣🤗
LikeLike
Alles duidelik en presies soos dit daagliks gebeur. Sleg slaap omdat te veel van dit of dat gedoen is bring pyn die volgende dag. Baie interessante stuk skryfsel.
LikeLike
ja, my ou ruggie gesels ook met my in die nag as ek nie mooi na hom kyk nie. 🙂
LikeLike
My rumatiek vertel my duidelik as ek sjokolade geëet het, kan jy dit nou glo. Ek het besluit om ondersoek in te stel hoekom veral my een heup so pyn soggens. Mmmm, geen sjokolade geen pyn!
LikeLiked by 1 person
Genade! Wat ‘n verlies!
LikeLike
Beslis nie goed nie. Tog elke nou en dan as ek my lus bevredig kry ek ‘n volle aanmaning terug,
LikeLiked by 1 person
Wens net ek kan slaap as ek vir myself se “slaap”. Soos ek vir myself se staan op of was nou skottelgoed of so🤣🤣🤣🤣
LikeLike
Wonder of daar nie soms ‘n angstigheid by ons is as ons nie aan die slaap kan raak nie? En dan bly die slaap nog verder weg?
LikeLike
Ek weet nie. Ek hoop maar dis menopause….
LikeLike
Ai
LikeLike