Twee vrae

In hierdie ‘Banting Coach’-kursus by Nutrition Network kry ek regtig met interessante uitdagings te doen. Die afdeling waarmee ons nou besig is ‘Deepened Value’. Ons word uitgedaag om iewers op sosiale media of op Whattsapp die volgende twee vrae te vra en eers as daar drie mense geantwoord het, is die taak afgehandel:

1) Wat is die belangrikste ding waarna jy tans strewe en 2) hoekom is dit vir jou so belangrik?

Dadelik, gehoorsaam tik ek die vrae en dink by myself: ‘Sjoe, nou is jy darem reguit, op die man af.’ Sien, ek is bekend daarvoor dat ek reguit en op die man af is, maar as ek dit darem self voel, dan is dit kiertsreguit, sonder enige kronkel.

Ek gaan weer terug en tik vooraan: ‘Mag ek vra: …”

Eers antwoord niemand nie. Seker te reguit, die vrae. En dan kom begin mense reageer en gee vir my sulke pragtige, diep antwoord. Soos om vir Jesus te volg , om in hulle verhouding met God te verdiep … en een antwoord sommer dat sy net graag ‘n lekker mens wil wees, en een is aan die herstel van ‘n operasie.

Ek kry baie meer terug as wat ek gevra het en ek voel só geseënd. Die doel van die oefening? Om my te leer om mense beter te leer ken, meer van hulle te weet. Sodat ek hulle beter kan dien.

Toortsie

10 thoughts on “Twee vrae

  1. Mag ek ook antwoord – dis so ‘n mooi vraag 😊.
    Ek wil net tevrede wees (eintlik is die engelse woord “content” vir my ‘n mooier woord … “to be in a state of peaceful happiness”).
    En hoekom? Want dan is daar nie veel dinge in die lewe wat my kan ontstel of waaroor ek my hoef te bekommer nie 💌.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s