En dít vir verslawing

Ek kom nou sommer al goed reg met die Onderbroke Vas, of Intermittent Fasting, soos dit beter bekend is. Ek eet my middagete wanneer manlief by die huis kom en vanaand aandete. Soms sal ek nog lus kry vir iets om te eet, maar dit is eintlik glad nie meer ‘n probleem nie. Ek dink nie meer heeldag aan kos nie en daar is sekere goed wat ek eintlik glad nie meer eet nie, bloot omdat daar nie meer tyd is nie. Soos neute, want dis iets waaraan ek heeldag gepeusel het. Joghurt – deesdae sal ek nog ná ete ‘n skeppie ongegeurde joghurt eet, maar as ek ‘n kwart van die joghurt eet wat ek voorheen geëet het, is dit baie. Ek kry regtig nie meer behoefte aan soetgoed nie en maak nie meer Bantingterte nie, want wanneer moet ek dit eet? Ek kan regtig sê dat ek in die ritme daarvan gekom het.

Gistermiddag nooi my man my om gou saam te ry na vriende toe dan drink ek gou ‘n koppie tee saam met vriendin terwyl hy en vriend ‘n bietjie boer. Toe ek daar stop, vertel vriend vir my van ‘n groep mense wat daar was en noem dat sy vrou ‘n vlakoek gebak het en dat daar nog ‘n stukkie oor is. En toe tref die lus vir vlakoek my soos baie jare laas. Soos beslis meer as sewe jaar gelede voor ek begin bant het. Dit oorheers my hele denke! Ek het so lus, ek kan my amper nie inhou nie! Vriendin vra of ek gaan oortree en ‘n stukkie koek eet en dadelik sê ek ja. Sy sit ‘n massiewe stuk in my bord, waarvan ek die helfte terugsit, net om myne só vinnig op te eet, ‘n mens sou sweer ek het jare laas kos gehad en die helfte wat ek teruggesit het, weer in te skep en net so vinnig te eet. Genade!

Ja, dis hoe verlawing werk. Geen oomblik mag jy dink dat jy jou verslawing finaal oorwin het nie. Nooit nie. Dis juis wanneer jy dink dat jy stewig staan, wat jy behoorlik op jou agterent val. Ek ervaar regtig die laaste tyd dat, terwyl dit eintlik met my hantering van kos beter as ooit gaan, dat my weerstand swakker is wanneer die lokaas voor my neus beland. Iewers het ek my waaksaamheid laat verslap. Ek sal my grensdrade moet nagaan en kyk waar die vyand plek het om sy kloue in te steek.

Toortsie

36 thoughts on “En dít vir verslawing

  1. Ai, daardie vlakoek … en is dit nie ironies dat jy nie eens aan dit gedink het tot dit fisies voor jou kom staan het nie! My grensdrade is tans heeltemal plat getrap deur groot olifante 😄 … ek sal ‘n span moet huur om te kom help met die herstelwerk!

    Liked by 2 people

    1. Sjoe! Maar toe buurman daardie vlakoekwoord sê was ek totaal oorrompel!
      Ek is een wat vollyf inspring in ‘n ding in, dit werk vir my, maar dit is die een ding wat ek nou in die kursus leer, dat vir party mense dit stapsgewys moet gebeur. So … watter van daai grensdrade is wel op hierdie stadium binne jou bereik om te doen? Dalk net eers om geen vloeistof in te neem wat koolhidrate bevat nie? Dan weer die volgende stukkie grensdraad, soos om niks kos OP stysel te sit nie, soos die pasta of die brood of die rys te los maar net die kos wat bo-op dit is te eet, ens.

      Liked by 2 people

  2. Ek kom ook reg met die vas…..my enigste probleem is dat ek saans half elf ONBEDAARLIK lus raak om te eet!!!! Nee, ek is eerlik…ek gee nie toe nie maar as daar iets soets is……o my word….ekkke sêkkel!!!

    Liked by 1 person

    1. Wat daai vrou sê is dat jy minstens 3 ure voor slaaptyd jou laaste kos (of melk in tee) moet inneem omdat dit jou liggaam 3 ure neem voor die ‘kombuis toemaak’ in jou brein en voor jy in diep slaap verval. En dat jy diep slaap nodig het, want goeie slaap help jou om nie jou selfbeheersing te verloor nie.
      Ek glo natuurlik daaraan om, as jy ‘n geweldige soetlus het, vir jou ‘n ‘toelaatbare soetigheid’ te maak. Kyk, ek raak so dat as ek in die winkel stap, die koeke voor my inspring. Dis sulke tye wat ek dan vir my ‘n Banting tert of iets maak. Maklik: 500 ml room, 500 ml roomkaas en 20 g dieetjellie (dis ‘n hele boksie). Maak dieetjellie met 500 ml kookwater aan. Klits roomkaas en room tot glad en voeg gesmelte jellie by. Laat stol. Dit kan dalk help as jy dan jou happie ‘soetigheid’ net ná jou aandete neem sodat jou verstand weet dat jy jou soetigheid reeds gekry het? Ek wonder sommer.

      Like

        1. Skielik besef ek dat dit dalk die rede vir my vergrype is. Ek maak nie meer vir myself tert nie, want wanneer moet ek dit eet met my intermittent fasting. Ek het ook koekbakwerk die naweek, lyk dit my. Ek kan dit in porsies vries en uithaal wanneer ek lus het.

          Like

          1. Dit klink na n beter idee. Vries en eet net wanneer jy lus het. Ek het nie altyd lus vir soetgoed maar as dit kom….dan is n sny brood en stroop my uitweg….en dit neuk als weer deurmrkaar!!

            Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s