As die hindernis nie daar was nie?

In vandag se uitdaging praat Collen-Joy Page so na my hart. Wat sou jy doen as die hindernis nie daar was nie?

Ek het seker al op universiteit in bedryfsielkunde hiermee te doen gekry by motivering, maar dit dalk nie soveel besef nie. Omdat ek graag motiverende boeke lees, het ek al gegroei hierin. En dan natuurlik daardie tyd by Amway se Dreambuilders Assosiation wat ek soveel geleer het. Anna, my senior, het destyds gesê dat dalk hou jy nie aan met Amway nie, sal dit wat jy by hulle geleer het, jou lewenslank help, en dit is baie waar. Dáár het ek soveel motiveringstoesprake geluister en boeke gelees – boeke wat my laat groei het as mens.

By Amway het ons geleer om ons einddoel te visualiseer. Om vir ons doelwitte daar te stel. Doelwitte op te breek in kleiner, meer bereikbare doelwitte. Om dit wat jy wil bereik, in prentjies teen jou muur op te sit. Soos, in daardie uiters besige tyd, as ek vlak drie sou bereik, kon ek vir ‘n hele dag net boek lees. Of dalk ‘n naweek weg na ‘n lekker plek en ‘n foto daarvan op die muur plak.

Maar daar is altyd die hindernis in die pad. Ek het nie tyd nie. Of ek het nie geld nie. Of ek sal dit nooit kan bereik nie. Of ander mense keer my.

En baie keer is daardie hindernis meer in my eie hart as wat dit regtig daar is. Kyk ons vas in iets was nie regtig bestaan nie.

Vandag is die uitdaging: Wat is daar wat jy graag wil bereik? Wat keer jou om dit te doen (wat is die hindernis). Kan jy jou indink wat jy sou doen as die hindernis NIE daar was nie?

Dus, dink jou in die situasie in sonder die hindernis. Byvoorbeeld, jy wil graag die Camino gaan stap. Maar om dit te doen moet jy geld tot jou beskikking hê wat jy nie het nie. Gestel dat geld nie die probleem was nie, wat sou jy eerste gedoen het? Dalk sou jy probeer uitvind het wat die werklike koste sal wees. Dalk sou jy dan besef het dat dit minder is as wat jy gedink het. Of miskien kan jy dan beplan wat jy kan doen om die kosteprobleem uit die pad te kry – dalk ‘n klein bedraggie elke maand spaar? Of nie meer uiteet of jou gunsteling tydskrif koop nie? Dalk DSTV kanselleer waarna jy in elk geval nie soveel kyk nie en daarsonder klaarkom? En as jy eers begin om die situasie sonder die hindernis te bekyk, lyk dit vir jou baie meer binne bereik.

Wat is die hindernis wat vandag in jou pad staan om iets te doen wat jy nog altyd wou? Wat keer jou om die gewig te verloor wat jy so graag wil? Jou liefde vir aartappels? Wat keer jou om vrede te maak met daardie persoon na wie jy so verlang? Stel jou voor dat die hindernis nie daar was nie – wat sou jy gedoen het? Hom gebel het? Of dalk sommer aan sy voordeur gaan klop het? Of dalk ‘n bos blomme gestuur het?

Komaan! Kom ons kyk ons hindernisse in die oë! Dis dalk glad nie so ‘n groot hindernis as wat ons dink nie.

Toortsie

23 thoughts on “As die hindernis nie daar was nie?

  1. Toortsie, om deur die hindernisse te kom is ‘n groot uitdaging – al besef ek dat ek die meeste van hulle self maak: “Ek het nie tyd nie. Of ek het nie geld nie. Of ek sal dit nooit kan bereik nie. Of ander mense keer my. En baie keer is daardie hindernis meer in my eie hart as wat dit regtig daar is. Kyk ons vas in iets was nie regtig bestaan nie.” Daar sal nooit ‘n ‘regte’ tyd wees om iets te doen sonder beplanning nie en jy gee weereens vir ons goeie raad. Take small bites of the elephant: tackle the hurdles one step at a time, but DO it!

    Liked by 2 people

    1. Small bites of the elephant – ;begin by die lekkerste stukkie – die slurpie!’, sê ‘n vriendin van my.
      Ek het vergeet dat ek wou byskryf: ‘n Wonderlike raad wat ek gehoor het is: As jy in die oerwoud is en jy regtig nie weet hoe vorentoe nie, dat jy letterlik net een tree kan gee, gee daai tree. Want as jy daai een tree gegee het, sien jy dalk uitkoms vir die een volgende tree.

      Liked by 1 person

    2. Vandag het ek twee van die kursuslesse gedoen. Hulle raak, soos die week vorder, meer spesifiek.
      1) Dink aan een taak wat jy vandag moet doen – ‘n e-pos wat jy moet skryf of wat ookal. Visualiseer die beste afhandeling van daardie taak. Sodat jy die beste e-pos skryf, of die beste watookal.
      2) Visualiseer jou dag – hoe wil jy hê moet jou dag uitdraai? ‘n Dag sonder skuldgevoelens dalk? En selfs al gebeur die lewe en daar hindernisse kan opduik, visualiseer jou overall dag hoe jy wil hê die uitkoms moet wees. 🙂
      Dankie vir die inloer.

      Liked by 1 person

        1. Dit hou my verstand besig, hoor! Dit krap nou weer erg! Ek bly nou dink dat ek dalk nou moet druk voor my ent verval – Maart volgende jaar … afhangende van covid … 😉

          Like

  2. Dis ‘n groot waarheid wat jy hier skryf Toortsie. Ek het al baie keer ontdek dat ek self die hindernisse vir my “plant” – dis so maklik om dan te se “ek kan nie”. Maar dan … as daardie hindernis uiteindelik uit die weg geruim is, kan mens self nie glo jy’t so lank uitgestel nie! Treetjie vir treetjie en stukkie vir stukkie – dis so waar!

    Liked by 1 person

  3. Toorts…..jou skrywe vandag is ‘n bevestiging. Ek het gister my rekenar uitgehaal en weer begin werk aan my boek wat ek geskryf het. Ek het besluit om dit as ‘n E-boek vry te stel….gelukkig ken ek iemand wat my daarmee kan help (dankie terloops byvoorbaat) En laasnag het dit by my opgekom waar ek die storie heen moet skryf….so ek is mos die heelweek weer alleen. Vandag gaan ek daai storie draai…..en dan mense soek om te proeflees en dan……dan gaan ek dit publiseer! Dankie

    Like

    1. Wonderlik Wonderlik Wonderlik! Ek is so bly! Visualiseer daardie e-boek. Die storie. Visualiseer wat jy vandag gaan bereik. En ja, ek weet sy sal jou bitter graag help. En jy kan dalk sommer in Goue Vroue kringe vir proeflesers vra. Jisssss! Dit kan gedoen word. Veral terwyl jy mos heelweek weer alleen is. En vandag … ja vandag gaan daai storie draai! Good! Jy maak my dag.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s