Eksperiment 2 Sonoond

Ek vorder, ek vorder! En leer. Gister was nou weer ‘n eksperimentele dag.

Die son het sommer lekker geskyn en 10 vm het ek vir oondjie uitgesit met sy gesiggie na die son. Sommer gou het sy temperatuur mooi gelig.

In ‘n swart oondplaat het ek ‘n bevrore ribbetjie gesit. Jammer, ek weet nie al gisteraand dat ek vandag ribbetjie wil gaarmaak nie. Daarom bevrore. Met ‘n swart bakplaat bo-oor as deksel het dit sommer gou ontdooi en mooi begin aanloop.

Toe raak ek meer voortvarend en besluit om my groente ook in die oondjie te sit bo-op die rib met die wete dat dit dalk die rib stadiger laat gaarword. Dit was wel so.

By 1 nm rond was die groente gaar, maar die rib nog nie. Met die groente uitgehaal, sit ek toe nog ‘n varkfilet bo-op die rib.

Teen 4 nm het die oond sy hitte vinnig verloor en het ek alles uitgehaal. Rib was heerlik gaar, vark ook. Tog het die vark baie vog verloor – dalk was dit net te stadig? Ek weet nie.

Hierdie wonderlike webblad het my baie antwoorde gegee.

1) Swart bak met swart deksel is ‘n moet.

2) Son moet op deksel skyn – daarom het die rib soveel stadiger gekook.

3) Daar moet 5 cm spasie rondom die bak wees.

4) 120 grade Celsius is warm genoeg, ook omdat die son direk op die bak se deksel skyn.

5) ‘n Mens moet maar rustig wees en ekstra tyd toelaat.

6) 10 vm tot 2 nm is die beste tyd van die dag om te kook.

7) Jy kan die potte voorafverhit as jy haastig is.

8) Dit kook ook blykbaar vinniger as jy die bak effens lig met ‘n glasbak of iets.

Wel, my kos het alles lekker en gaar gekom ná ‘n dag in die son, alles kosse wat heelwat elektrisiteit sou gebruik om gaar te kom. My week se kos is gaar en reg! En ja, my reseppies kan sowaar in die sonoond gemaak word.

Toortsie

Toortsie se groente uit boek 1 in sonoond gemaak.

25 thoughts on “Eksperiment 2 Sonoond

  1. Ek sit ook my kos altyd bevrore in oond, want ek weet ook nie vooraf wat ek gaan maak nie! Alles in oond want dit brand nie maklik soos op stoof nie. Klink of hierdie sonoond jou lekker kan laat ontsoan

    Like

          1. Ek dink dat ek dit nog baie gaan geniet. Die gewone oond is dalk net ‘n bietjie gemakliker om mee te werk veral omdat ek mos op een dag sommer baie kos maak. Ek het nou gesien dat dit werk, dit gaan net langer vat as ek meer bakke insit.

            Like

    1. Dankie vir die lees. Ek wonder of NZ genoeg son het. Tog, as jy daar lees hoef jou oond nie veel warmer as 100-120 grade C te word nie, dit neem net ‘n bietjie langer. En water kook by 100 grade.

      Like

Gesels saam, asseblief!