Ek vorder, ek vorder! En leer. Gister was nou weer ‘n eksperimentele dag.
Die son het sommer lekker geskyn en 10 vm het ek vir oondjie uitgesit met sy gesiggie na die son. Sommer gou het sy temperatuur mooi gelig.
In ‘n swart oondplaat het ek ‘n bevrore ribbetjie gesit. Jammer, ek weet nie al gisteraand dat ek vandag ribbetjie wil gaarmaak nie. Daarom bevrore. Met ‘n swart bakplaat bo-oor as deksel het dit sommer gou ontdooi en mooi begin aanloop.
Toe raak ek meer voortvarend en besluit om my groente ook in die oondjie te sit bo-op die rib met die wete dat dit dalk die rib stadiger laat gaarword. Dit was wel so.
By 1 nm rond was die groente gaar, maar die rib nog nie. Met die groente uitgehaal, sit ek toe nog ‘n varkfilet bo-op die rib.
Teen 4 nm het die oond sy hitte vinnig verloor en het ek alles uitgehaal. Rib was heerlik gaar, vark ook. Tog het die vark baie vog verloor – dalk was dit net te stadig? Ek weet nie.
Hierdie wonderlike webblad het my baie antwoorde gegee.
1) Swart bak met swart deksel is ‘n moet.
2) Son moet op deksel skyn – daarom het die rib soveel stadiger gekook.
3) Daar moet 5 cm spasie rondom die bak wees.
4) 120 grade Celsius is warm genoeg, ook omdat die son direk op die bak se deksel skyn.
5) ‘n Mens moet maar rustig wees en ekstra tyd toelaat.
6) 10 vm tot 2 nm is die beste tyd van die dag om te kook.
7) Jy kan die potte voorafverhit as jy haastig is.
8) Dit kook ook blykbaar vinniger as jy die bak effens lig met ‘n glasbak of iets.
Wel, my kos het alles lekker en gaar gekom ná ‘n dag in die son, alles kosse wat heelwat elektrisiteit sou gebruik om gaar te kom. My week se kos is gaar en reg! En ja, my reseppies kan sowaar in die sonoond gemaak word.
Toortsie

Ek sit ook my kos altyd bevrore in oond, want ek weet ook nie vooraf wat ek gaan maak nie! Alles in oond want dit brand nie maklik soos op stoof nie. Klink of hierdie sonoond jou lekker kan laat ontsoan
LikeLike
Dit haal wel baie druk van my af, behalwe dat ek maar moet loer of die son nog reg skyn. Dink nie ek sal dit gebruik wanneer ek haastig is nie.
LikeLike
Waarom moet ek elke keer naam epos en alles invul voor hulle comment publish. Hulle maak dat ek nie comment nie!
LikeLike
Ag nee! Dis nou simpel!
LikeLike
Ek dink dis nou weer reg. Dankie Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Nou kan jy asb n nuwe redepteboek begin….
LikeLike
Resepte resepteboek
LikeLike
Ek wil nogal, maar sal maar eers moet leer hoe! Toortsie vir gewone oonde en sonoonde.
LikeLike
Het jy al navraag gedoen oor so ‘n oond?
LikeLike
Jup…..moet net bietjie spaar vir ene maar dit lyk vir my ideaal
LikeLike
Ek dink dat ek dit nog baie gaan geniet. Die gewone oond is dalk net ‘n bietjie gemakliker om mee te werk veral omdat ek mos op een dag sommer baie kos maak. Ek het nou gesien dat dit werk, dit gaan net langer vat as ek meer bakke insit.
LikeLike
Jy is regtig vindingryk
LikeLike
Dankie!
LikeLike
O my genugtig, daardie groente lyk alte lekker! Loadshedding gaan jou nie pla nie 😁.
LikeLike
Solank dit nie ‘n reënerige dag ook is nie. 🙂
LikeLiked by 1 person
Lyk heerlik
LikeLiked by 1 person
Dankie. Dit smaak nogal lekker.
LikeLiked by 1 person
Nie herltemal oondgebraaide groente soos ek dit ken nie, maar lekker gekom. Dalk omdat ek dit nie omgedraai het nie.
LikeLiked by 1 person
Ek skat so, dit sal seker nie deurbraai nie.
LikeLike
Dit braai nogal oulik, maar onthou, ek het die oond volgepak met verskillende kosse. Dit was nogal regtig lekker geurig en gaar.
LikeLiked by 1 person
Sjoe dit klink na die moeite werd om so n sonoond te gebruik. Gaan beslis my seun inlig. Hy is mos n sonkrag gebruiker. Baie dankie vir die inligting en uittoets.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die lees. Ek wonder of NZ genoeg son het. Tog, as jy daar lees hoef jou oond nie veel warmer as 100-120 grade C te word nie, dit neem net ‘n bietjie langer. En water kook by 100 grade.
LikeLike
As mens hom uit die koue wind en vol in son kan sit behoort dit te werk. Winter sal nie werk nie.
LikeLiked by 1 person
Winter sonskyndae dalk, maar julle sonnetjie is dan maar yl, of hoe?
LikeLike
Daar is so min sonskyn dae en dan is hul nog vreeslik kort ook.
LikeLiked by 1 person