Op die stasie – tussenwerpsel

Die Goue Vroue is al weer op pad na ‘n nuwe avontuur! Op pad na ‘n troue toe, moet hulle eers ‘n paar stoppe maak. Klik hier en toer saam. Verwag ook sommer die onverwagse.

https://fresh.inlinkz.com/party/7e01efcc06e4463da97c16ec33eb9429

*********************************************************

Die Goue Vroue is mos op pad na Lorenzo en Camilla se troue iewers in Italië. Waar, moet ons nog uitvind. Ná ons verdwaalervaring in die bos en alles wat daarmee saamgegaan het, is ons per trein na Zürich vanwaar Aalsie ons verder sal neem. Ons wag al op die stasie terwyl sy besig is om kaartjies te koop.

Dit laat my dink aan een keer, jare gelede wat ons saam met vriende in Europa getoer het. Ons probeer gewoonlik twee maande se ervarings in 10 dae indruk, wat beteken dat ons ons kapot hardloop. Ons gebruik Eurail en storm van die een trein na die volgende, want gewoonlik is daar net ‘n minuut of twee grasie voor die volgende trein vertrek.

By Interlaken moes ons iemand ontmoet. My man het sy karlisensie by die huis (in SA) vergeet en kry toe sowaar ‘n geleentheid saam met iemand tot by Interlaken. In die gewoonte van storm, hardloop manlief en vriend met die GPS wat hulle toe nog nie so goed verstaan het nie ‘n wye draai. Kry die lisensie en storm terug stasie toe. Ek en vriendin wag toe solank op die stasie en gaan koop vir ons kossies om op die trein te eet. Ons sou ‘n besonderse Goue Trein neem na ons bestemming, wat 10 voor 3 vertrek. Half 3 kom die twee manne op die stasie aangestorm, sien daar staan ‘n goue trein (die een wat in die teenoorgestelde rigting gaan) en neem hulle sitplekke in. Was dit ‘n gesukkel om hulle betyds uit daardie trein te kry!? Dit het baie oortuiging gekos. Wel, gelukkig het hulle net betyds uitgeklim, want die volgende oomblik gaan die deure toe en ‘n rukkie later stop die regte goue trein toe wel daar wat ons op die wonderlikste roete geneem het.

So dames, ons sal wag totdat Aalsie vir ons sê: Klim!

Toortsie

7 thoughts on “Op die stasie – tussenwerpsel

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s