Skielik is dit oor

Dis mos skoolvakansie en soos die skoolvakansies naderkom, raak ouma se verlang meer. Dan kom die oproep: Kan die kleinkinders maar kom kuier vir ‘n paar dae? Natuurlik! NaTUURlik! NATUURLIK! HOE DAN ANDERS?

Gelukkig het ouma ‘n week se voorsprong gehad wat die fietsie aanbetref. Ouma kon solank ouma se fietsie leer ken en ook watter paaie beter werk.

En toe kom hulle!

Die eerste dag moes ouma nog baie huiswerkies doen en die kos regkry vir die week. Daarná was dit net kleinkinders. Nikse ge-e-possery nie. Nikse kuier op blogs of Facebook of Instegram nie. Ook nie eintlik gewhattsapp nie, so amper het ouma nie eers agtergekom daar was ‘n staking van dienste nie.

En ons? Ons speel. En ry almal saam met oupa op die trekker. En lees stories, sommer van die Goue Vroue ook. En ry fiets.

Eers moet oupa help om hulle op die amper te groot fietse te laai, maar toe ons die slag agterkom, ry ons en ry en ry. Soms oupa ook, maar meestal die kleinkinders met ouma agterna op die driewiel. En die hond.

Ouma se hart is vol. Haar bene lam. Sitvlak seer, want ‘n driewiel mis nie gate nie. Maar lekker. Vol. Bly. Dankbaar.

Toortsie

16 thoughts on “Skielik is dit oor

  1. Nou kyk nou net hoe lekker kan dit raak met Fietsie en jou kleinkinders! Ek is seker hulle gaan hierdie avonture saam met Ouma en haar Fietsie onthou … dit sal eendag weer die mooiste herinneringe vir hulle wees om vir hulle kinders oor te vertel!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s