Die Goue Vroue is al weer op pad na ‘n nuwe avontuur! Op pad na ‘n troue toe, moet hulle eers ‘n paar stoppe maak. Klik hier en toer saam. Verwag ook sommer die onverwagse.
https://fresh.inlinkz.com/party/7e01efcc06e4463da97c16ec33eb9429
******************************************************************
Switserland! Daar is net nie nog ‘n plek op aarde soos Switserland nie! Ek kan oor en oor en oor soontoe gaan. En noudat die wêreld spierwit gesneeu is … wat meer wil jy hê? Dis mooier as mooi. Ek, Seegogga, Aalsie en WoordNoot het op ‘n hysbak geklim om ons na ‘n hoër helling te neem, sommer net om die wonderlike uitsig te waardeer. Ek, uitgelate soos altyd, begin sommer jodel vir die lekker daarvan.
Op ‘n stadium sê Seegogga verbaas: Wat gaan daar onder aan? Dis net mense wat skree en waai! Kyk, daar kom ‘n sneeuskraper ook aan! Aarde! Dit moes ‘n sneeustorting wees!
WoordNoot is bekommerd: “Ek hoop nie een van ons maters is daarby betrokke nie.”
Toe ons op die afgespreekte tyd by die VVVT kry wag die klompie geskokte Goue Vroue ons in. Daar was ‘n sneeustorting en vier van ons dames was daarin vasgevang! Genadiglik weet die Switsers wat om in so ‘n situasie te doen en het onmiddellik opgetree en nee, nie een van hulle het gelukkig seergekry nie.
Ons is mos eintlik op pad na Camilla en Lorenzo se troue iewers in Italië, maar toe sy ons gebel het na ‘n landlynfoon op Rebusfontein, het Appeltjie per ongeluk die foon se draad laat uitruk en kon ons nie al die fynere detail hoor, soos presies waar die troue is nie. Sy het darem gesê dat dit eers oor twee weke is. Terwyl ons dan nou in Europa is, kan ons maar netsowel die tyd gebruik en ander plekke ook sien.
Ek druk die knoppies op die sleutelbord. Ná hierdie verskriklike skok het die Goue Dames ‘n bietjie kalmte nodig. Iets soos ‘n ontspanningsoord langs een van die mere waar ons net vir drie dae ons batterye kan laai. Dit is ‘n wonderlike plek en elkeen kry die geleentheid om te herlaai soos sy graag wil.
Frannie en Kameel het dadelik die geleentheid aangegryp om sommer net in rustig op ‘n bankie te gaan sit, elkeen met ‘n boek terwyl heerlik gegeurde tee vir hulle aangedra word. Hemels! San en Christa kon nie gou genoeg papier en penne naderskraap nie – Christa om ‘n mooi storie oor ons ervarings te skryf; San vir die digwoorde wat net uit haar mond begin glip het. Seegogga en Trommeltjies se vingers het sommer begin jeuk om die mooi om hulle te skilder terwyl Appeltjie sowaar ‘n klavier raakgeloop het en ‘n lied vir Camilla en Lorenzo te komponeer wat sy graag vir hulle op hulle troue wil speel. VirgoC en WoordNoot het gevoel dat hulle die geleentheid wil aangryp om sommer net te mediteer. Dis vir VirgoC só lekker om ‘n slag uit haar baie besige werksomgewing te wees en WoordNoot het self ‘n besige tyd agter die rug. Die verskeie labirinte het Aalsie en Ora soos ‘n magneet getrek. Party is uitgelê in klip, ander met hoë plantheinings. Sommige het opdragte gehad wat jy moes uitvoer om die volgende paadjie te kan betree. Toe Ekmyselff en Sonell die perde sien, was hulle dadelik daarheen en is daar vir hulle perde opgesaal. Hulle kon net nie genoeg daarvan kry nie en het die perde gevoer, geroskam tot donker.
Nou ja, ek wou nog altyd in ‘n egte woud in die Alpe loop soos rooikappie. En takbokke sien. Dadelik is Una en Positief by. Ons stap tog te lekker, sommer reguit in die bos in. Ons verkyk ons, vergeet van alles en geniet net die wonderlike natuur. Ons stap en ons stap tot Positief sê dat ons sal moet omdraai. Ons draai om en skielik lyk alles dieselfde. Waar moet ons loop? Ons weet nie watter kant toe nie! En nee, ons het nie ons selfone by ons sodat ons die ander kan bel nie. Paniek is besig om op te laai. En dis of dit wil donker raak ook. Hoe laat is dit dan?
Terug by die oord het die res van die Goue Vroue ook begin onrustig raak. Hulle het alreeds hulle middagkoffie en Swartwoudkoek geëet toe San noem dat sy wonder waar ons drie dan is. Kameel kyk op haar horlosie en noem dat dit begin laat raak. Dis tóé dat Seegogga onthou dat ek geen rigting het nie en maklik verdwaal. Sonell wil sommer dadelik gaan hulp soek, maar Aalsie voel dat hulle dalk nog ‘n rukkie moet wag. Ora staan sommer op en sê dat sy nou gaan begin soek na ons. Dis VirgoC wat kophou en keer. Nee, hulle kan nou nie ook nog sommernet in die woud invaar nie, op die ou end is hulle ook verdwaal. Sy gaan praat met die oordbestuurder en hulle het stuur toe ‘n soekgeselskap uit.
Intussen dwaal ons in die woud. Bang. En dit raak donkerder en donkerder. En sulke woude kan ekstra donker raak. Ek is heeltemal angstig. In trane. Positief se kop werk oortyd om planne te beraam om ons hier uit te kry. Una besef dat sy my op ‘n manier rustig moet kry, anders kom hier nog groter probleme vanaand. Skielik sê Positief dat sy iets hoor. Ja, daar is dit weer! Dis mense wat roep! Ons skree en gil. Gelukkig hoor hulle ons. Ag dankie tog. Ons is gered.
Terug by die oord wag daar die lieflikste groentesop en ‘n klomp bekommerde, maar baie bly Goue Vroue. Ná ‘n goeie nagrus het ons die volgende oggend verfris opgestaan en die dag rustig deurgebring. Appeltjie het ons haar lied wat sy vir Camilla en Lorenzo gekomponeer het, geleer sodat ons dit kan sing en Seegogga het vir ons die lyndanspassies geleer. Iewers in ‘n vertrek het ons ‘n telefoon onophoudelik hoor lui. Hoe is dit dan met die telefone wat voel of dit ons agtervolg? Is dit Camilla wat telepaties met Kameel verbind is en sodoende weet waar ons is? Ons sal nog op ‘n manier met hulle moet kontak maak, hoe gaan ons anders weet waar presies die troue is?
Intussen het ons besluit om nie met die VVVT na ons volgende bestemming te reis nie, maar eerder die trein te neem na Zurich. Ons móét mos álles ervaar. Dan nie? Ons ís dan nou hier? Of hoe?
Aalsie sal verder vertel.
Toortsie
Ag heerlik, ek wou nog altyd ń woud in die Alpe ervaar, Toortsie, en wat is beter as saam met die GV! Ampertjies alweer moeilikheid, nè.
LikeLiked by 2 people
Net betyds. Gelukkig het jy en Positief kop gehou.
LikeLiked by 1 person
Toorts, ek weet hoe jy voel. Ek is erg rigting bedinges
LikeLiked by 2 people
Ergerg
LikeLiked by 1 person
En ek raak regtig angstig
LikeLike
Appeltjie is baie oulik met die troue-lied!
LikeLiked by 2 people
Sy komponeer al sedert skooldae.
LikeLike
My kop het dadelik n ritme. Ek gaan werk daaraan. Iemand gaan woorde moet bysit. Ek sal post
LikeLiked by 2 people
Ahaaa
LikeLike
Musiek gepost op whatsap. Kan dit nie hier gelaai kry nie.
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig!
LikeLike
Ek is bly julle het nie help soek na julleself nie. (Het onlangs gelees van ‘n man wat help soek het na iemand wat in ‘n bos weggeraak het… en toe saam help soek. Toe hulle die naam begin skreeu sê hy “Hier is ek.”)
LikeLiked by 4 people
😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
🤣🤣🤣🤣
LikeLike
Gelukkig nie! 😁 Darem dankbaar dat julle ons gevind het!
LikeLiked by 1 person
Hier hoor ek nou eers die storie wat hierdie week gebeur het waarna jy verwys! Regtig toevallig!
LikeLiked by 1 person
Wonderlik!
LikeLiked by 1 person
Ja nee, nê….ons sal moet dagboek hou van al hierdie wedervaringe. Hier kom alweer ‘n ding. Ek wonder of Camilla onthou hoe ons klomp ‘n fyn beplande plan binne sekondes kan omkrap?
LikeLiked by 2 people
Gelukkig ken Camilla ons. Eintlik is ons al wat sy ken en weet sy dat sy ‘n plan B tot Z gereed moet hê. Sy weet ook dat dit op die ou end ‘n uitsonderlije geleentheid sal wees. Dalk anders as wat aanvanklik beplan het, maar wonderlik. 😁
LikeLike
Ja nee…sy is gelukkig lankal deel van die fêmilie…
LikeLiked by 2 people
Ja wat, dis eintlik haar normaal. 😁😎
LikeLike
Ai, mens kan julle ook nerens heen vat nie! Kan julle nie liewers swarwoudkoek eet , as om in die swartwoud te verdwaal nie.🤪😓
LikeLike
Die suiker, suster, die suiker!
LikeLike
Vir julle 3 moet ons begin vasbind of trackers opsit oor die afdwaal- go enige wat julle het. Toortsie, tyd dat ek jou leer mediteer, werk wonderlik vir angstigheid
LikeLike
Jy kan probeer om my te leer … swartwoudkoek … het julle nie vir ons ‘n stukkie gehou nie?
LikeLike
Sê nou ons verloor die trackers?
LikeLike
Jy weet mos oons is tegnologies geremd, so die trackers gaan nie help nie. Wat ‘n heerlike storie
LikeLike
En toevallig raak daar toe ‘n man in Turkye ook weg in ‘n woud – ek het regtig nie daarvan geweet nie. Ek wonder of hy nie dalk ook aan die soek was na ons en toe raak hy weg nie?
LikeLiked by 1 person