Eksperiment

https://karooplaas.co.za/wp-content/uploads/2021/02/oven-Black-open.jpg

Na aanleiding van ‘n baie interessante gesprek het ek besluit om vir my ‘n sonoond aan te skaf. Ek maak baie graag vleis in die oond gaar en hou daarvan om dit lank in te hou, wat elektrisiteitsverbruik kan opstoot. Met ons Suid-Afrikaanse son wat so graag op ons neerskyn, dink ek toe by myself: Hoekom dan nie? Gestel ek kan ‘n skaapboud vir ‘n dag in die sonoond sit en op so ‘n manier die elektriese oond spaar, hoekom dan nie?

My sonoond het op een koue, reënerige dag hier opgedaag en sedertdien was ons program nog so vol dat ek dit nog nie kon uittoets nie. Vanoggend haal ek toe ‘n halwe boerbokboud uit die vrieskas en sit dit in die sonoond met die gedagte: Kom wat wil. Kom ons kyk wat gebeur.

Daar was baie dinge wat teen my getel het: 1) Die boud was gevries. 2) Die somer is nog nie regtig hier by ons nie, dit was vandag kouerig en vanoggend bewolk. Die stoep waar ek gedink het dit kan werk, het ‘n dak oor wat die son gekeer het, so ek moes die sonoond verskuif na ‘n lieflike plekkie in die son, maar waar daar ‘n effense koue wind gewaai het.

Met die koue, bewolkerigheid en effense windjie in gedagte, was ek nie ontsteld dat die oond se temperatuur stadig gestyg het nie. Op sy warmste was hy ‘n rukkie by 140 grade Celsius, maar meestal tussen 90 en 120. Ek het die halwe boudjie vanoggend kwart oor 10 ingesit en by vier nm het die son alreeds weer begin kwyn. Toe ek dit ná 5 uithaal, was die boud lieflik gaar!

Eksperiment geslaagd.

Toortsie

Ns. Dit wil al vir my lyk of Toortsie se vleisgeregte wel in die sonoond gaargemaak kan word!

20 thoughts on “Eksperiment

    1. Ja, jy kan die oondjie rondskuif. Maar daar is beperkinge. Waar daar baie plek is vir die oondjie om te staan, dis nou by my huis, waai die wind. So hy staan op ‘n nou stoepie en as jy hom begin dwars draai agter die son aan, kan niemand daar verby nie. Gelukkig is dit darem nie onoorkomlik nie.

      Liked by 1 person

          1. My dierbare Toortsie, hier waai die blikslater al van 10:00 die oggend af (of sommer van vanaand tot moreaand) … hierdie tyd van die jaar is wind se kind op sy beste (my hooikoors kan dit beaam 🤧). Maar ek dink jy’s reg, mens het net lekker warm son nodig … ek sal bietjie jou “eksperimente” dophou!

            Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!